Jong vrou (21) op plaas met slagtersmes gesteek

Argieffoto: Maroela Media

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn vrou Saterdagmiddag op ʼn plaas in die Mareetsane-gebied in Noordwes deur twee onbekende mans aangeval is nie.

Kapt. Charlize van der Linden, woordvoerder van die polisie, het gesê Lisa Wessels (21) het omstreeks 15:00 uit die huis op die plaas Metheun gegaan om ondersoek in te stel toe die honde blaf. Wessels is ʼn werker op die plaas.

“Twee onbekende mans het haar genader, gegryp en in die huis ingedwing. Een verdagte het die huis deursoek terwyl die ander verdagte haar vasgehou het. Die verdagtes het volgens die slagoffer ʼn paar keer gevra waar die eienaar is,” het Van der Linden gesê.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê die voorval het op Jan Carlse se plaas plaasgevind.

Volgens Van der Linden het Wessels haar uit die verdagte se greep probeer loswikkel. “Die verdagte wat die huis deursoek het, het toe ʼn slagtersmes uit ʼn kombuislaai geneem waarmee hy haar na bewering in die maag gesteek het.”

Die verdagtes het daarna te voet op die vlug geslaan. Niks is tydens die voorval gesteel nie.

Wessels is volgens Van der Linden na ʼn hospitaal gehaas, maar intussen weer ontslaan.

Die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

* Die berig is gewysig sedert dit oorspronklik gepubliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Theresa ·

Slagtersmes in maag = .. met die doel om te vermoor.
Baie sterkte aan die meisie!
Hoop die skuldiges word baie gou gevang om gevonnis te word.

Pierre ·

Dis poging tot moord ook, selfde vir hulle as wat die kis manne voor skuldig bevind is. Hierdie is n weerlose jong dame. Is die KFC groep nie ook vir poging tot moord aangekla nie.

Buitentoegaan vir ondersoek ·

Hoeveel mense sal nog buitentoe loop om ondersoek in te stel wanneer die honde blaf? Versprei die nuus dat dit dood kan veroorsaak. Mens is baie beter af om binne te bly en die saak van binne af te hanteer.

Nienie ·

Ek was Saterdag so uitgehaal op ons gemeenskaps groep oor dieselfde uitlating! Mense dink nie. En in die geval waarvan ek praat 20h30 die aand in ‘n area bekend vir aanvalle op kleinhoewes. Commin sense is duidelik nie ‘n blom wat in almal se tuin groei nie

Chris Ws ·

Die aanklagte is duidelik verkeers.As jy iemand met ‘n slagtersmes steek is dit om dood te maak.Die’ betrokke polisielede hoort geskors te word hieroor.Ons het duidelik MEER as net Malema of Zumpie teen ons!

@ LISA ·

BAIE STERKTE met die herstelproses, ek hoop werklik jy herstel 100%, baie jammer oor wat aan jou gedoen is. Ek hoop hulle vang die oortreders gou sodat hulle dit nie aan nog iemand kan doen nie. DIT MOET POGING TOT MOORD WEES ….MAROELA MEDIA, haar van is WESSELS, nie BOOYSEN nie, stel asb die berig reg.

Dalene de Vente ·

Dagsê
Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Anne-marie ·

Plaasaanval op Lisa Wessels 04/11/2017

Ek het geslaap en omgeveer 15:44 opgestaan en wou soos my elke naweek rotine bietjie buite gaan sit ek het die kombuis se veiligheids deur oop gesluit uit gestap en toe ek buite op die stoep kom toe sien ek maar my hond velle is omgekrap en begin toe eers blaf en toe ek om kyk toe is 2 mans agter my, Die een man het nie n belaklawa op gehaat nie hy het my voor die bors gegryp my oë toe gedrik en en ons het begin stoei tot in die huis, Die ander man met die belaklawa het begin om die huis te deursoek. Toe vra die persoon wat met my stoei in suiwer stwana waars die baas waars die baas en vir die 3de keer waar is die boer van hierdie plaas, En ek het geantwoord hy is nie hier nie. En hy het my begin slaan met die veis in my gesig hy het my omgeveer 8 keer geslaan toe begin ek terug slaan, Die ander man het van agter uit die kamers gekom reguit na die kombuis laaie geloop en die heel boonste laai waar die steak messe is oop gemaak en die mes uit gehaal maar die man met belaklawa wat die mes gevat het het om gekom aan my linkerkand my begin slaan in die ribekas, terwyl ek en die ander man nog baklei En my toe gesteek met die doel om my dood te steek.

Petra ·

Baie sterkte met die gesond word geestelije en sielkundig ook.
Tye verander. Ons moet ons gewoontes verander.

Ons bly in die dorp. Maar as daar saans gebraai word. Sit pappie met sy gun op die heup. WANT N braaitang is nie n wapen nie.
Ons kind speel nie laat middag buite nie. Die deure word oop en toe gesluit. Nooit oop gelos nie

. Laat my dink aan ou westerns. As die honde blaf hardloop jy in om jou dubbelloop haelgeweer te loop haal. WANT ongenooide gaste moet eers verduidelik oordat hulle n koffie of enige its Andres hit jou hush wegdra.
As jy dogters het is dit in elk geval n goeie iedee om alle kuiergaste bewus te maak dat jy oorgehaal en gereed is, en uitsien daarna om hulle te “verwelkom”. Dis one lekker nie maar die gesegte sê ” adapt or die” ons sal moet aanpassings maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.