Jong vrou geskiet tydens huisroof

Foto: Drift Reaction cc/Facebook

ʼn 21-jarige vrou is geskiet en gewond tydens ʼn gewapende rooftog in Nooitgedacht, wes van Johannesburg.

Terry-Ann Coetzee, woordvoerder van die veiligheidsmaatskappy Drift Reaction cc, het gesê die vrou se kêrel is by die kothuis waar die vrou en haar ma woon, deur vier gewapende verdagtes oorval. Twee van die verdagtes het buite by hom gewag terwyl die ander twee by die kothuis in is en die vrou en haar ma oorval het.

Die aanvallers het selfone en geld geëis. Die jong vrou het glo geweier om vir hulle selfone te gee waarna hulle haar in die voet geskiet het. Die vroue het glo begin skree waarna die ander twee verdagtes die kêrel in die kothuis ingedwing het en gesê het hy moet die TV van die muur af haal.

Foto: Drift Reaction cc/Facebook

Volgens Coetzee het bure die geskree gehoor en het die bure se hond na die kothuis gehardloop. Die verdagtes het glo ʼn skoot op die hond afgevuur, maar misgeskiet voor hulle op die vlug geslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms was veiligheidspersoneel reeds op die toneel.

“Paramedici het die jong vrou op die toneel behandel voor sy na die Leratong-hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mike Kaapstad ·

dankie tog net die voet , kon veel erger gewees het…………..ai mense moet julle nie tee sit nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.