Jong vrou gevonnis ná moord op matrikulant

(Argieffoto: Unsplash)

’n 18-jarige vrou is tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ’n matrikulant van Noordwes.

Kedibone Montsho is Dinsdag gevonnis vir die moord op die 18-jarige Katlego Gristiph Lesagae.

Montsho het Lesagae in Januarie verlede jaar naby Delareyville met ’n onbekende voorwerp gesteek, net nadat hy uit ’n skoolbus buite ’n skool in die Shaleng Morena-nedersetting geklim het.

Lesagae is destyds ná die voorval na ’n kliniek gehaas, waar hy met sy aankoms dood verklaar is.

Montsho is kort daarna in hegtenis geneem.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê Montsho is tot agt jaar tronkstraf gevonnis waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is, op voorwaarde dat sy nie weer skuldig bevind word aan moord gedurende dié tydperk nie.

Die jong vrou is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Mauritz ·

Agt jaar tronkstraf waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is vir moord???

quartus ·

Ek vermoed daar was vesragtende omstandighede wat nie in die berig vermeld word nie

QueenB ·

Dus min vir moord…moord bly moord sy moes die volle straf gekry het

Androclus ·

Hoe moet daardie familie van die slagoffer voel oor 8 jaar wat sy nie eers voluit gaan doen nie.SA asb jou regstelsel….

Yolandie ·

Patetiese vonnis!!! Jammer maar moenie sê 8jaar wanneer die moordenaar eintlik effektiewelik net dalk net 5 jaar in die trunk gaan wees. Ek skaam my vd vonnis.

Helene ·

en wat van Janusz Waluś wat al hoelank sit??????????? belaglik!!!!!! en sy kry………….

Denise ·

DIS BELAGLIK… SY MOES LEWENSLANK GEKRY HET… MOORD IS MOORD

Natasha67 ·

“… waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is, op voorwaarde dat sy nie weer skuldig bevind word aan moord gedurende dié tydperk nie.”

Moet iemand anders dus ook eers sy/haar lewe verloor, voordat die meisie behoorlik gestraf word? Wat ‘n belaglike vonnis. Vir moord?

Daar was so 2 weke gelede ‘n geval van ‘n persoon wat skuldig bevind is aan omkopery ter waarde van R500; hy’s tot 10 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.

As ek die ouer was van die vermoorde seun, sou ek woedend wees.

Jaco ·

Sommer vermoor net omdat dit lekker is, of was daar ‘n motief? Het sy die slagoffer geken?

Nie Verbaas ·

Wat n grap? Dit is wat gebeur as onbevoegdes die land regeer. Tot moord is vir hulle niks erg nie.

Gert ·

Hoeveel jaar kry jy nou weer om iemand te dreig met die dood om hom in n doodskis te sit en daarna te laat gaan. Indien ek reg kan onthou is dit 11 jaar vonnis.

Alet ·

Dit sal maak dat ek my lysie in orde begin kry. Net uitwerk hoeveel 8 jare ek kan bekostig nog.

Mariana ·

Belaglike regstelsel. Kon net sowel nie een gehad het nie. Regters gee ook nie meer om nie of is hulle net nie opgewasse vir hul werk nie.

ROELOF ·

En die NVG hardloop Appélhof toe om Oscar se vonnis te verhoog. Nou lê hul natuurlik weer plat want die moordenaar hier is seker weer n agtergeblewende wat deur aparrheid benadeel is.

TO ·

8 jaar dis belaglik. Jy kry meer vir verkragting. Dis hoekom dit so maklik geword het om te moor in hierdie land

Jack ·

Die regstelsel blyk nou ook deel te wees van ondermyning deur ander onbekende groepe. Die reg is die enigste instelling wat nog probeer om nie korrep te wees nie maar ek wonder vir hoe lank. Hierdie straf is n aansporing vir ander aspirant moordenaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.