Jong vrou in hof ná baba se wurgdood

Argieffoto

ʼn 21-jarige vrou wat verdink word van die moord op haar babaseun het vandeesweek die eerste keer in die hof verskyn.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Vrydag gesê die vrou, Nomfundo Thobekile Khanyile, het in die Maphumulo-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Khanyile, ʼn inwoner van Ntombiyehlulunina in Maphumulo, het na bewering Maandag haar 11 maande oue babaseun verwurg en sy liggaam in ʼn puttoilet gegooi. Sy het daarna aan haar familie gesê die baba word vermis en die polisie is onmiddellik ontbied.

“Die speurder wat na die toneel ontbied is, het ʼn voorlopige ondersoek op die toneel gedoen. Hy het agtergekom iets is nie pluis nie en het die ma ondervra. Sy het gedurende die ondervraging erken sy het haar seun vermoor nadat sy en haar kêrel rusie gemaak het,” het Mbhele vroeër gesê.

Khanyile is dadelik in hegtenis geneem.

Haar saak is tot 3 Oktober uitgestel wanneer sy na verwagting aansoek gaan doen om borgtog. Sy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

Afgryslik . . . dis die algemene waardes waarmee ons te doen kry. As sy so voel oor haar eie baba wat uit haar gebore is, hoe voel sy teenoor ander mense?

Anoniem ·

Dis verstommend en walglik en siek!!! Ek baklei met jou, ek is kwaad vir jou so kom ek vermoor my kind. Dalk is ek net te dom maar hoe de hel regverdig mens dit vir jouself??

Ouma ·

Regverdiging le nie by jouself nie. Maar eendag by God! Hoe gaan jy daar verby kom! Ja as jy so iets aan jou eie bloed kan doen!! Dan voel jy absoluut niks vir ander mense nie!! Sy gaan nouweer volgens “waansin” loskom!

snoefie ·

die saak is gou in die hof. wat van die een wat haar ure oue baba in die hospitaal teen die vloer doodgeslaan het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.