Jong vrou in plas bloed aangetref

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 20-jarige vrou is Woensdag in die vroeë oggendure in haar huis glo met ʼn baksteen doodgeslaan.

Kol. Thembeka Mbele, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 01:00 in Winstonpark in Hillcrest, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Die vrou en ʼn 30-jarige man, met wie sy in ʼn verhouding is, het na bewering omstreeks 01:00 ʼn geskil gehad. Die vrou het tydens die voorval die man met ʼn skerp voorwerp in sy maag gesteek,” het Mbele gesê.

“Die man het glo ʼn baksteen gevat en die slagoffer daarmee aangerand.”

Paramedici van ER24 het die vrou op die toneel dood verklaar.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die vrou in ʼn plas bloed aangetref. Sy het ʼn ernstige kopbesering gehad en geen tekens van lewe getoon nie,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

Volgens Mbele het paramedici die man op die toneel behandel voordat hy deur die polisie in hegtenis geneem is.

Die man moet binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord.

Die rede vir die rusie is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

KR ·

As jy my gaan steek in die maag, gaan ek my self verdedig met enige iets wat ek aan die hande kan kry.

Anoniem ·

Dink jy so? Sy is in haar HUIS met ‘n baksteen doodgeslaan, dink jy nie sy het dalk haarself probeer verdedig nie? Wonder maar net? Seker maar ‘n kwessie van hoe mens daarna kyk nê?

Janosh ·

Dis net vir my verstommend hoe goedkoop ‘n lewe geword het, en dit maak my regtig hartseer. Daar’s oral konflik en haat onder mekaar oor somtyds regtig kleinlikhede.

Ons het ‘n baie siek gemeenskap geword, en ek sien nie gou lig in hierdie donker tonnel nie.

Alret ·

Stem 100%. Ongeag wié nou reg of verkeerd was in die saak, punt is dat daar geen meet respek vir ‘n lewe is. Daar heers ongelooflike haat en konflik tussen mense deesdae, dis verstommend.

Die mensdom het mal geword!

lvh ·

Stem 100% saam. Maak rusie en dan vermoor hulle mekaar. Erg om só daaraan te dink……die lewe is duur maar n mens se lewe kos deesdae niks

Oujongvrou ·

Die hele land is kwaad en woedend en haatlik. Dis gaan net toeneem. Al die woede moet uitkom en as dit uitkom reageer die mensdom met oordadige vergelding. Drukpot onder druk. Die hele deksel gaan afblaas

Ruan ·

Te veel mense het hul rûe op Christus gedraai en loop met haat in hulle harte. Ek was pemanent kwaad vir alles gewees totdat God my n ander pad gewys het en nou is ek meer gelukkiger as ooit. God bly die antwoord.

Werner ·

Hulle moet dadelik alle bakstene verban en mense moet bevoegdheids sertifikate hê wanneer hulle bakstene gebruik wanneer m née kan doodgemaak word daarmee net soos wat hulle met vuurwapens wil doen

Annie ·

Waar kry ‘n mens dat ‘n baksteen net so in ‘n huis los rond le?? Wonder maar net. Dalk het sy haarself probeer verdedig daardie tyd van die aand. Hoe sal ‘n mens weet want die een party is nie daar om te se wat regtig gebeur het nie

Driekie ·

@Anna…se ek ook.. Sy het hom nie sonder rede in die maag gesteej nie. Wat het hy gedoen?

antionette ·

Nie een dag lees mens nuus sonder om van moord te lees. Sowaar SA daar is sekerlik iets in julle water!

Elsa ·

Onbeheerste woede en haat is die oorsaak dat dinge in ons land besig is om heeltemal handuit te ruk. In 2007 het ek opgehou om TV te kyk, koerante te lees of na nuus op die radio te luister. Ek het keelvol geraak vir al die slegte nuus oor plaasmoorde, kapings, verkragtings, korrupsie en het besef dis besig om my negatief te maak. Ek wou positief bly oor ons land en wil nog steeds. Sedertdien het ek by FaceBook aangesluit en ook by Maroela Media. Ek begin nou al wonder of dit nie tyd is om nie meer enige berigte waar geweld ter sprake is, te vermy en nie te lees nie. Ons mense is negatief en almal ervaar woede.. Dan kry mens ook mense wat floreer as hulle nog verder haat kan aanblaas, deur aaklige en bloedige berigte onder hul Facebook vriende of met WhatsApp te versprei. Het ons dan so siek geword dat ons net die negatiewe dinge wil raaksien? Ek weet om af te sluit en nie te weet van al die geweld nie, los nie die probleme op nie, maar ten minste het ek baie meer vrede in my hart. As woede heeltemal handuit ruk, dan gebeur dinge soos in die berig hierbo. Ons moet leer om nie aan woede toe te gee en dat dit die slegste in onsself uitbring nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.