ʼn 20-jarige vrou het Woensdagmiddag ternouernood aan die dood ontkom nadat haar motor 150 meter ver van ʼn krans tussen Simonstad en Kaappunt geval het.
Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), is sy bemanning van Simonstad omstreeks 17:54 na Smitswinkelbaai ontbied ná berigte dat ʼn motor die pad verlaat en by die krans afgetuimel het. Die motor het op die kuslyn tot stilstand gekom en was halfpad onder water.
“Dit was moeilik om by die motor uit te kom. ʼn Polisiebeampte is met ʼn boot tot naby die wrak geneem en kon bevestig die vrou is in ʼn kritieke toestand en sy is die enigste insittende in die voertuig,” het Lambinon gesê.
Die vrou is met behulp van ʼn Skymed-reddingshelikopter na veiligheid gebring. “Sy is op die toneel gestabiliseer en met die helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.
Nou weet ons dat die elektriese motor wat gister in Maroela aangedui is as die veiligste motor na n ongeluk, nie by hierdie bakkie sou kers vas hou nie. Dit lyk vir my soos n Toyota.
Op n meer ernstige noot, ek is bly sy het die ongeluk oorleef en hoop vir n spoedige herstel.
Was daar nie n paar dae terug ook n kar wat van n krans afgeval het nie. As mens ry op sulke passe moet die spoed afgebring en die selfoon gebere word. Sonder om te veralgemeen, selfs meer as taxis is dit jong vroue wat my die meeste van agter af druk.
Darem nie te sleg om so nou en dan ‘n drukkie van agter van ‘n jong vrou te kry nie!
Die jong vrou se lewe is gespaar met ‘n doel. Wens haar ‘n vinnige herstel toe en hoop sy getuig daarvan!!!