Jong vrou ná weke in koma oorlede

Huibré van Zyl. Foto: Facebook

Huibré van Zyl. Foto: Facebook

Huibré van Zyl (21), die jong vrou van Schweizer-Reneke in Noordwes wat op 6 Junie ernstig beseer is nadat die motor waarin sy en vier vriende was buite Wolmaransstad gerol het, is oorlede.

Jennily Viljoen, Huibré se niggie, het aan Maroela Media gesê dat Huibré Saterdag aan haar beserings beswyk het.

Van Zyl is ernstig beseer toe sy en Petroné Gnade (18), Henk Terblanche (18), Wian Gagiano (18) en Barnardus Steyn (21) in die vroeë oggendure op pad terug was van Potchefstroom na Schweizer-Reneke. Corle Gnade, Petroné se ma, het vroeër gesê hulle vermoed al die insittendes het aan die slaap geraak.

Viljoen het Donderdag aan Maroela Media gesê die swelling en bloeding op Huibré se brein het ná ʼn week afgeneem, maar sy het beperkte breinfunksie gehad. “Die dokters het Maandag bevestig dat daar nie veel meer is wat hulle kan doen nie,” het sy gesê.

Viljoen het haar niggie beskryf as ʼn buitengewone meisie wat altyd almal om haar laat lag het. Begrafnisreëlings is nie in hierdie stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Berhalet Beukes ·

My opregte medelye met Huibré se familie en vriende.

Minki ·

Huibre, ‘n merkwaardige jong vrou wat die lewe met passie geleef het. Jy los ongelooflik baie rou harte agter, liewe mens…

Theresa ·

So jammer om dit te lees. Baie sterkte vir die familie en vriende.

Leonora Taljaard ·

Ons harte gaan uit aan die Van Zyl gesin in hierdie tyd. Ons het gebid dat sy sal beter word, soos ons gedoen het toe sy n vorige keer die brand ongeluk gehad het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.