Jong vrou se liggaam in bosse gekry

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Vrou (in haar 20’s) se liggaam is Saterdagoggend in bosse buite die Maungani-nedersetting in Thohoyandou deur verbygangers gekry.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê haar liggaam is omstreeks 07:30 opgespoor. “Van haar liggaamsdele was weg. Sy het verskeie wonde aan haar kop gehad,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe het sy ʼn groen broek aangehad. “Dit kom voor of sy op ʼn ander plek doodgemaak is en net hier afgelaai is.”

Die provinsiale speurspan, gelei deur genl.maj. Bafana Linda in samewerking met misdaadintelligensie, het ʼn reusesoektog van stapel gestuur om die vrou se moordenaars op te spoor.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die motief agter die moord is nog onbekend. “Daar word vermoed dat dit ‘ritueelverwant’ was, maar die polisie se ondersoek duur voort,” het Ngoepe gesê.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gemaan om brig. James Espatch te verwittig by 082 576 0743 of die polisie by 0860 010 111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ai ·

Die kans dat dit n muti moord is, is baie groot. Wanneer hulle die goed gaan verban weet ek nie. Hoeveel mense en kinders moet nog doodgemaak word vir dit?! Dis boos.

Ouma ·

Hoe verskriklik!!!! Wreed is hierdie mense!!! En dan “verwyder” hulle nog van haar!! Dis seker weer vir “toordery” is daar nog ouens wat daaraan glo?

Kirsten ·

Hierdie land waar vrouens en kinders links en regs vermoor word, maak my bang.

Koos1 ·

Kirsten, onthou jy nog die een of ander vroulike minister se uitspraak met die Oscar moord verhoor: “Afrikaner mans glo dat vroue hulle besittings is.”
Met al die moorde op vroue en kinders die laaste tyd wonder ek wat sy nou dink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.