Jong vrou se lyk in rivier buite Pta gestort, polisie vra hulp

Die profiel van die onbekende vrou. Foto: Verskaf

Die profiel van die onbekende vrou. Foto: Verskaf

OPVOLG: Die vrou is uitgeken. Lees die opvolgberig hier.

Die polisie benodig hulp van die publiek om ʼn jong wit vrou, in haar 20’s, te identifiseer nadat haar liggaam twee weke gelede buite Pretoria gevind is.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die vrou se liggaam is op 13 September op die oewer van ʼn rivier in die omgewing van die Hennops Pride-karavaanpark, langs die R511-pad noordwes van Centurion, gevind.

“ʼn Ooggetuie het die polisie ontbied en gesê sy het tussen 09:00 en 10:00 twee wit mans en ʼn wit vrou gesien waar hulle die liggaam van ʼn wit vrou in die rivier gooi,” het Moloto gesê. Volgens die ooggetuie het die drie verdagtes in ʼn blou Audi A3 gery. Die registrasienommer van die motor is nie bekend nie.

Die Erasmia-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Die polisie se slagofferidentifikasiesentrum het intussen ʼn profiel van die slagoffer opgestel om aan die publiek te verskaf in ʼn poging om haar identiteit te bepaal en die polisie in hul ondersoek by te staan.

Moloto het gesê ʼn nadoodse ondersoek is gedoen en die polisie wag nog vir die uitslae om te bepaal hoe die vrou dood is. “Sy het sigbare merke aan haar liggaam gehad, maar die oorsaak van haar dood kan nog nie bevestig word voordat die uitslae van die nadoodse ondersoek bekend is nie,” het Moloto bygevoeg.

Mense met inligting oor wie die vrou mag wees, word versoek om die ondersoekbeampte, konst. Moima, by 083 317 7150 of die Erasmia-polisie by 012 370 1777 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

M ·

Ai tog, nie geweet julle word dopgehou nie né! Hoop julle word gou vasgetrek.

Maggie ·

Vandag eers die berig gesien op Facebook en n skok gekry van my lewe …

Tom ·

Mens nou so na die foto kyk lyk die gesiggie so vuil – sekerlik het sy nie altyd met ‘n vuil gesig geloop nie. . .

anneke ·

Lees die berig mooi ! Dus n grafiese profile wat deur die polisie opgestel is.

Carlo ·

As julle nie iets goeds kan se van mense nie, bly stil, jy weet nie wat vir jou voorle in SA met al sy misdaad nie, daardie meisie was iemand se dogter, as jy vanaand gaan slaap weet jy nie of jy more gaan wakker word sonder dat jy aangerand is, jou vrou dalk verkrag en of een van jou kinders dalk in sloot le nie, niks word aan jou belowe nie Mooi dag

MissDemeanor ·

@Mercy, dit lyk soos n prentjie van ‘n padda.
Shame ek hoop nie haar ouers kyk na die koerant en kry so die skok van hul lewe nie, sou sekerlik “beter” wees as iemand die slegte nuus in persoon met hul deel.

Bruno Stef ·

Tragies maar se my hoekom word die ras van die persoon asook haar aanvallers genoem maar andersom is dit nie polities korrek en n skending van die slagoffers se menseregte.

Nico Strydom ·

Dagsê Bruno
Die ras van slagoffers word dikwels deur Maroela Media genoem wanneer dit die polisie kan bystaan in die ondersoek. So word daar ook foto’s geplaas van byvoorbeeld mense wat uit aanhouding ontsnap het, of wanneer daar na spesifieke verdagtes gesoek word.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

aria ·

kyk of julle die man of vrou kan kry wat haar tattoo gedoen het, Gewoonlik gee mens inligting in by n tattoo plek voor n tattoo gedoen word, Of dit kan n vriend, vriendin wees wat die tattoo op laat sit het.. dit kan maar net n oplossing wees

Celeste ·

Dit kan def help dalk foto uitkry by tattoo parlours as gedoen in Pta

Gideon ·

Baie dankie Maroela, dat julle die moed het om die foto te plaas!!! En om die ras te noem van moontlike oortreders!! Soms is dit die persoon wat self verantwoordelik is vir moord wat bel om te sê hulle het gesien wat gebeur het. Ek het al baie ware moord stories gekyk- dit is soms om die polisie op ‘n dwaalspoor te probeer bring.

Mercy ·

@MissDemeanor, met my eerste oog opslag het dit ook soos n padda gelyk, maar as ek weer kyk lyk dit ook of dit dalk n gebukte liggaam van n naakte vrou kan wees? Kan dit dalk n prostitusie misdaad wees, en dis dalk hoekom nog niemand die dame as vermis aangemeld het nie?

Ruby ·

Mercy, hou jou in asb. Het jy die meisie geken om prostitusie hierby in te trek!

Sy het geliefdes iewers wat sulke oningeligte ongevoelige aannames moet lees, magtig man.

Mercy ·

Ruby, as die publiek se hulp gevra word, dan het almal die reg om hulle opinies te lig, en te probeer help. Ek het nie ge-judge nie, net n opinie gegee, ek het ook nie gese dat dit prostitusie is nie, ek het na die opsie verwys. Almal se lewens is nie rooskleurig nie. Mense soos jy kom lees Maroela Media om te wag vir iemand om iets verkeerd te se, en dan aan te val. Hoekom lees jy nie eerder die Finess nie?

Ruby ·

Mercy, tsk tsk is dit al waarmee jy vorendag kan kom?

Om te probeer help en jou opinie te lug gee jou nie die reg om ongevoelige en onvanpaste uitlatings te maak nie. Wat as dit jou dogter/suster/ma of vriendin was?

Ek laat my nie voorskryf wat om te lees, veral nie van ‘n karakter soos jy.

Soos jy tereg gesê het, ons almal kan ons opinie gee.

Totsiens.

William ·

Niemand verdien om so aan hulle einde te kom nie, en ja iewers wag daar ‘n ma, pa, boetie, sussie of familielid vir die kind om huistoe te kom!
Ek hoop hulle vang die misdadigers sodat hulle oorgelewer kan word aan die kriminele in die tronk, en bietjie van hulle eie medisyne terug kry…hulle iemand se “wyfie” kan word, en dan aan hulle einde kan kom! Dis wreed en maak nie saak wat die omstandighede rondom so iets is nie, dit hoort nie!

SNEL ·

Dit lyk soos n tattoo nightmare vir my op haar nek, n budha wat skeef sit, of n griekse god wat agter n blaar skuil.
Die meisie is sommer net vermoor en weggesmyt. Kan nie dink dat iemand so min, eintlik niks, vir iemand anderste kan voel nie. Hoop regtig hierdie mense wat dit aan haar gedoen het word gevang. Sy is nog so jonk en kon nog n vol lewe geleef het.

Marléne ·

Aria, ek stem 100% met jou saam. Investigate opi tattoo, andersins kan foto’s van haar klere gewys word maar maggies om so in haar oë te staar is disturbing en ongevoelig teenoor die publiek en haar naasbestaandes. Sekerlik is daar maniere en maniere.

Rochelle ·

So moeilik as wat dit is is die oe nodig, mense lyk anders met oe toe en meeste mense wat haar moontlik kan uitken sal dit makliker vind om so te doen as hulle haar met oop oe sien.

Martin Grobler ·

Kan hul nie op vingerafdrukke haar identiteit bepaal nie

Kokie ·

As sy op DHA se stelsel is, sal haar vingerafdrukke se wie sy is. Sy hoef nie ‘n kriminele rekord te he nie.

Ruby ·

Kokie, wat is DHA?

Dit klink na ‘n oplossing vir al die ongeidentifiseerdes.

Maggie ·

Die donker vlekke op haar vel is seker maar pigmentasie/son vlekke wat op die grafiese beeld uitgebeeld word..
Baie keer is dwelms by die tipe situasies betrokke..

Genis ·

Maroela julle doen baie goeie werk met die plasing van die soort berigte. Ek haal my hoed af vir julle. Wel gedaan en baie dank!

Mercy ·

As enige iemand vriende op FB het wat tattoos doen of weet van iemand wat dit doen, share asb die foto met hulle. Dis waar die polisie hulle antwoorde gaan kry. Ek is ook seker as n mens duidelikheid kry oor die simbool, kan mens n prentjie skep oor die tipe omstandighede/vriendekringe waarin sy haar bevind het. 80% van die tyd kry iemand n tattoo wat vir hom/haar n betekenis het …

triens ·

Die polisie het uitgevind wie sy is. Ekt die berig gelees en nie eers agtergekom dat ek haar ken nie. Ekt ‘n sms van haar familie ontvang wat die slegte nuus deel en toe twee en twee bymekaar gesit. Bid asb vir haar ma, sussie en boetie.

Hannelie ·

Sterkte aan oom Tienie, Tinus en die familie. Dit is nie ‘n lekker tyd waardeur jul nou gaan nie. Mag Jesus jul styf vashou en vertroos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.