Jong vrou se lyk sonder oë, gesigvel gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

Die Vrystaatse polisie het die publiek se hulp gevra in sy ondersoek na die liggaam van ʼn jong vrou in Thaba Nchu gevind is met haar oë, ore, neus en gesigvel wat verwyder is.

Sers. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, het gesê Anna Dikeledi Mokgothu (23) se liggaam is verlede week Dinsdag omstreeks 06:30 deur verbygangers naby die Albert Moroka Secondary School in Thaba Nchu gevind. Behalwe vir die skending van haar liggaam het Mokgothu ook geen klere aangehad nie.

“Die polisie het haar vingerafdrukke vir forensiese analise gestuur wat haar identiteit bepaal het,” het Mpakane gesê. “Die motief vir die moord is nie bekend nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak. Mpakane het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om die polisie in Thaba Nchu by 051 875 7204 of 060 9811 474 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elsie ·

Was daar nie onlangs ‘n soortgelyke geval in die Kaap nie? Jis ‘n mens moet darme vreeslik van die bose wees om so iets te kan doen

Hasie ·

Ja nee, hulle het haar parte gebruik vir Mooti , geen ander verduideliking nie !!!

Hasie ·

Ja nee, hulle het haar parte gebruik vir Mooti , geen ander verduideliking nie !!!

TM ·

Is dit dalk ‘n nuwe manier van “identity theft”? Ek weet dit klink ekstreem maar enigiets is deesdae moontlik. Dink bietjie…

SNEL ·

Dis vreeslik, nou wonder ek, was sy darem dood toe haar oë en goed verwyder was of is dit die rede vir haar dood. “Hulle” sê mos muti is kamstig sterker as die persoon lewend was toe die dele verwyder was. Weet nie of dit net n storie is nie, maar dis vreeslik as mens dink sy kon dan dalk nog gelewe het toe hulle haar oë, neus en vel verwyder het. Vreeslike siek mense wat die aarde bewandel.

AmY ·

Mens moet absoluut van die duiwel besete wees om so ñ gruweldaad te kan pleeg. Kan nie dink dat jou gewone mens dit kan doen nie.

Martin ·

Kan Maroela moontlik help. Daar was ongeveer ‘n jaar gelede miskien ‘n bietjie langer ‘n uitsending op RSG wat die dinge bespreek het. Dit het gehandel oor hoe ryk die mense is wat hierdie winkels bedryf wat die geslags dele/menslike liggaamsdele verkoop. Daar is bewering gemaak dat sommiges tot Biljoeners word hieruit. Hulle word nie Sangomas genoem nie. Hulle word ander benoem. Dit was ‘n Dames Professor wat in die dinge spesialiseer. As daar enige inligting is omtrent die onderwerp, ek stel belang omeer te weet hieromtrent. Nee ek wil nie ‘n Biljoener word nie, ek wil net graag bietjie navors.
Baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.