Jong vrou steek glo haarself in gim dood

Lebo Mathuloe. Foto: http://www.g3models.co.za

ʼn Jong vrou het glo haarself Maandagoggend ten aanskoue van ooggetuies in ʼn gimnasium in Hartbeespoortdam met ʼn mes doodgesteek.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het aan Maroela Media gesê die 23-jarige vrou het die gimnasium in die Pecanwood-landgoed omstreeks 06:00 besoek. “Volgens ooggetuies het sy ʼn mes uitgehaal en haarself verskeie kere op haar liggaam gesteek. Sy het inmekaargesak en is op die toneel dood,” het hy gesê.

Talane het gesê die voorval het ten aanskoue van ander gimnasiumgangers gebeur. Die polisie is na die toneel ontbied en die vrou se liggaam is na ʼn staatslykshuis geneem. “Ons neem nog verklarings van ooggetuies af, maar in dié stadium is die motief vir die voorval nie bekend nie.”

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Talane wou nie die naam van die vrou bevestig nie, maar sy is deur verskeie mediabronne as Lebo Mathuloe geïdentifiseer. Volgens Times Live was Mathuloe ʼn model vir G3 Models.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Strussbob ·

So sad – so mooie meisiekind – iemand se dogter- ons weet so min van mekaar se seer af.

Obsessed? ·

Mense is deesdae soooo obsesief oor hul LYWE… Dit moet tog net perfek wees. Oefen en verhonger dis al waataan hulle dink – daai vet persentasie moet af!
Miskien het die arme vrou net te veel druk op haar gehad (modelle word mos gereeld vertel hulle is vet…)

Ekke ·

Ek verstaan dit al te goed. Sy moes darm baie seer gehad het in haar siel om dit so te kon doen.

Maro ·

Dis vreeslik! Baie sterkte aan haar familie en vriende. Mag die Here vir hulle vertroosting bring.

Rika G ·

So sad… iets moes met haar gebeur het dat sy so n drastiese stap geneem het. Sterkte aan die familie.

madels ·

Dit is baie baie hartseer. Miskien het sy niemand gehad wat na haar hartseer te luister nie, of miskien niemand wat sy kon vertrou om haar hart mee te deel nie. Modelle is onder geweldige druk, alles gaan net oor jou uiterlike skoonheid, maak nie saak HOE seer jy binne is nie, vir meeste van hierdie model base soek hulle geld en jy moet altyd perfek lyk en optree. Dis iemand se suster, dogter… dit breek my hart :-(

Louisa Cromhout ·

Dis hartseer ….hoe sal ons weet met wat se seer sy rondgeloop het…..om so drasties op te tree…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.