Jong vrou sterf in bromponie-botsing

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 26-jarige vrou is Donderdagaand dood nadat haar bromponie ʼn ligte voertuig in Roodepoort, Johannesburg, getref het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het  Vrydag aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 19:00 in Van Dalenweg in Ruimsig plaasgevind. “Dit is nog nie duidelik presies wat gebeur het nie. Die polisie ondersoek die ongeluk,” het Steinmann gesê.

Die vrou was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.