Jong vrou sterf in Hatfield-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn 26-jarige vrou is dood en drie mense beseer in ʼn botsing vroeg Saterdagoggend in Hatfield, Pretoria.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 01:00 op die ongelukstoneel afgekom by die kruising van Pretorius- en Grosvenorstraat.

“Twee voertuie het gebots waarna die een voertuig getol en teen ʼn verkeerslig gebots het.” Volgens Vermaak is drie mense in ʼn Volkswagen ernstig beseer.

Foto: ER24

Foto: ER24

“Die bestuurder van die motor het noodlottige beserings opgedoen en sy is op die toneel dood verklaar.”

Vermaak het gesê die twee ander insittendes moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. “Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is vir verdere mediese sorg.”

Die bestuurder van die ander motor het geringe beserings opgedoen en is ook na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Rooiligte ·

Dit klink asof iemand moes stop en nie gestop het nie. Wetstoepassing is in sy Mai in. Dis waarom mense drink en bestuur, te vinnig ry, oor wit strepe ry. Ek sien dit nou elke dag. Ons kan nie meer aangaan in die wettelose land nie

anon ·

Jinne julle is nou beter as polisie om klaar te kan se daar was drank en dwelms betrokke? Dis mense soos julle wat my beneuk maak nee man! Dink aan die families betrokke!

A.Willemse ·

Tyd van die dag meld nie ‘n woord van dwelms of drank nie, die oorgrote meerderheid mense daardie tyd op straat is nugter, haastig, partykeer moeg en soms vaak. ‘n Klein minderheid leef in die omgewing waar rooiligte en hond se gedagte eerste opkom.

Sandra ·

Iemand het al gevra dat Maroela moet berig oor hoe ons onsself kan beveilig maar Ek sien dis net netwerk 24 wat dit doen. Daar is nou n berig oor ‘n app wat jou foon noodroep radio funksie kan gee. Hulle het onlangs ook berig oor hoe om Te maak as jy in jou kar in n betoging beland. Maroela, ek wil julle ondersteun en nie media24 nie, maar Dan moet julle ook asseblief ons help beskerm met sulke waardevolle riglyne.

Sandra ·

Ek vra om verskoning, sien nou eers daardie artikel was hier gepubliseer. Dankie daarvoor en skryf asseblief baie meer oor veiligheid want ons sal moet uitvind hoe om veiliger te wees. Dankie en jammer weereens.

Aster ·

Ek ry baie rond en op verskillende tye, en uit ervaring kan ek sê dat die paaie baie gevaarlik raak veral na 10 in die nag.

Louise ·

As iemand daardie tyd van nag in lelike ongeluk is. Is dit nos altyd drank óf dwelms?

Wel, ons het een keer by vriende gekuier ook tot daai tyd. Het niks gedrink en nog nooit eers dwelms naby ons. Was ook amper in ongeluk agv ander mense wat oor robot is (vermoed was bang daai tyd van oggend, was ouer mense gewees).

So, dink dalk aan familie voor julle “keyboard-heros” wil wees en simpel opmerkings maak!!!

brenda ·

Dis verstommend dat mense dadelik drank en dwelms die skuld gee. My dogter werk selfs tot vroeë oggendure en moet dan alleen huiswaarts keer; baie mense drink nie en kuier by vriende; mag die familie in die swaar tyd seën ontvang; sterkte aan jul.

Buitestander ·

Sandra,
Veiligheids wenke is altyd belangrik.
So die wenk om te sorg dat jy nie in die middel van die nag op strate van groot stede te wees.
Natuurlik is daar omstandighede wat jy noodgedwonge op straat moet wees maar dan is dit ons plig om versigtig te wees. En op die uitkyk te wees viralle moontlikhede.
Alle voorsorg en veiligheids maatreëls beteken niks as God drie-enid nie ons beskerm nie. So as jy jou op die pad begeew vra Sy bekerming en jy sal agter kom hoe verander dit sake in jou guns!

Anton ·

Buitestaander, onthou dat baie lelike dinge al met baie groot Christenne gebeur het. Ons moet die mense straatwys kry. Jy kan seker sien hoe min respek die gemeenskap het vir lewe van weerloses.

sylvia ·

Ek wil graag net die mense reg help wat die berig geplaas het,
Die vrou wat oorlede is was alleen in haar voertuig en dan 4 insittendes in n MERCEDES. Net die drywer van die VW Scirrocco moes met meganiese toerusting uit voertuig verwyder geword het. Sterkte aan die familie wat deur hierdie moeilike tyd moet gaan.

Antie ·

My seun werk in Wierda Park en ek moet hom werk toe neem en gaan haal en bly in Villieria. Werk ongereelde ure en het hom vanoggend 4 uur werk toe geneem. Ek stop by elke groen lig, want mense jaag net deur rooi lig. Die 4 rigting stopstraat by die Monument, jy kan vergeet as jy eerste gestop het om te ry, die motors jaag net doodeenvoudig oor, doen nie eers moeite om te stop nie. ek ry alleen op die Heer se Genade om veilig te kan terugkeer huistoe.

Francois ·

Dit is altyd tragies as mense beseer of selfs dood is in motorongelukke. Ek gaan nie bespiegel wat gebeur het nie en net iets noem wat soms gebeur in daardie omgewing. Die verkeersligte gaan soms net dood in die area en skakel nie oor in rooi flikker modus nie. Kombineer swak straatbelligting en dit is doodslokval. Ek ry gereëld in daardie omgewing 04:30 in die oggend oppad gym toe. Daar is geen manier om te weet daar is verkeerslig in die omstandighede nie. Net omdat ek weet daar moet een wees het my al van ongelukke gered. Stadsraad moet sorg dat al die verkeersligte opgradeer word om in flikkerfase te gaan as daar fout is.

Johann van Cullinan ·

Dit is tragies on ‘n geliefde aan die dood af te staan, veral in ‘n motorongeluk. Ek ry dieselfde pad, want ek moet van die Gautrein gebruik maak. Die beste ding om te doen, veral in die vroeë oggendure en sê nou maar die lig is vir jou rooi en slaan oor na groen vir jou om te ry. Wag altyd eers ‘n bietjie en maak seker dat die ander voertuie van die kante af wat veronderstel is om te stop wel stop. Ek ry baie in Gronvernor straat af, stasie se kant toe en by by die hoeke van Pretoriusstr en Grosvernorstrate moes ek al talle kere gewag het vir taxis wat in Pretoruissraat stad se kant toe ry en dood eenvoudig die wet oortree en die rooi verkeersligte op die spesifieke straathoeke veronagsaam. Hoeveel motoriste kyk nie regtig om hulle nie. Ongelukke gebeur, meestal deue die verkeerswette te veronagsaam. So sterf onskuldigge mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.