Jong vrou sterf in Krugersdorp-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Jong vrou is dood en twee mense ernstig beseer in ʼn botsing vroeg Saterdagoggend in Krugersdorp.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 02:34 in Voortrekkerweg plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het twee voertuie by ʼn kruising gestaan met wrakstukke wat oor die toneel versprei was. Twee mense was in een van die motorwrakke vasgekeer.”

Volgens Botha is ʼn 27-jarige vrou op die toneel dood verklaar. “Twee mense het ernstige beserings opgedoen terwyl ʼn derde persoon wonderbaarlik net geringe beserings opgedoen het.”

Brandbestryders het die vasgekeerdes uit die wrak bevry terwyl paramedici die beseerdes op die toneel behandel het. Die beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Op die foto is daar nogal ook ‘n verkeerslig (robot). Dit is daar om verkeer te reël om te (probeer) voorkom dit wat daar gebeur het. Duidelik het een van die twee die lig verontagsaam want om 02h34 in die oggend is ek mos alleen op die pad en maak soos ek wil.
Nou wil ek veralgemeen dat dit begin by die oorry by stoptekens in klein dorpies, die stilhou aan die verkeerde (regter kant) kant van strate, verbysteek teen ongeoorloofde plekke ens. Wanneer ek nou ook kinders in my voertuig het dan kweek ek ook hierdie gewoonte aan by hulle.
Die ironie is dat ek wegkom hiermee tot een dag . . . dan word mekaar behoorlik stukkend gery.
Eintlik is die padkode heel eenvoudig en verstaanbaar om net by die reëls te hou.
Natuurlik speel spoed ook ‘n groot rol in ongelukke. Dit is egter ONOORDEELKUNDIGE SPOED waar jy té vinnig ry of té stadig en nie padomstandighede in ag neem. Moenie kruip op die pad of soos ‘n mal ding bestuur. GEDULD en HUMEUR speel ‘n groot rol.
Na 56 jaar sonder ‘n ongeluk behoort ek ‘n redelike idee te hê oor wat ek hier geskryf het.
Vir my part is die K-53 glad nie volledig met groot tekortkominge.

Manie Schoeman ·

Ek stem saam. Ongelukkig is daar weinig of geen regstoepassing om die padreels af te dwing. Wanneer Paasnaweek of die Kersseisoen egter aanbreek, dan wil die owerhede maak en breek om die reels af te dwing. Dit moet reeds aan moedersknie geskied en regdeur die jaar streng toegepas word. Swaar strawwe, waarby gevangenisstraf ingesluit is, asook die beslaglegging en verbeurdverklaring van voertuie moet die morm wees. Moord is moord, of jy nou ‘n pistool of motorvoertuig gebruik is irrelevant.

Se Maar Net ·

Ek bly hier naby….ek sou in die 1ste plek nie daai tyd van die oggend daar gery het nie, dis te gevaarlik
Maar as ek nie anders kon nie en MOES daai tyd daar ry, kan ek julle verseker ek sou stadiger gery het, gekyk het of karre kom en ry. Ek sal ook nie dood daar stop nie!

Asjas ·

100% in die kol! Op ons dorpie word elke verkeerslig en stopteken geignoreer maak nie saak watter tyd van die dag of nag nie! Ek stop, kyk en trek weg wanneer dit veilig is nog steeds nie veilig teen mense wat wragtig teen 100km en vinniger net eenvoudig oor jaag en dit in ‘n residensiele area met ‘n kleuterskool net daar!! Mnr Spietkop sit daar onder die boom en slaap.

Louis ·

Ek stem 100% saam en veral die gebrekkige K53 bestuurstelsel wat bestuurders op die pad sit wat geleer het net om toets te slaag nie om noodwendig goeie best te wees nie.

Madelaine ·

Sjoe… ‘n jong vrou van 27 het haar lewe verloor… Sy sal nooit die voorreg he om vir 56 jaar te bestuur nie, en hier maak almal aannames sonder enige feite. Ons almal het al dom goed gedoen, ons het net daarmee weggekom. Kom ons dink aan die families en mense wat agter bly.

Ashtia ·

My gebede gaan uit na die familie gedurende hierdie moeilike tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.