Jong vrou sterf in Limpopo-ongeluk

Die motor se wrak. Foto: ER24

Die motor se wrak. Foto: ER24

ʼn Jong vrou is dood en sewe mense beseer, nadat ʼn motor Vrydagaand verskeie kere buite Tzaneen in Limpopo gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder het vermoedelik beheer oor die motor verloor, waarna dit die R71-pad verlaat en verskeie kere gerol het.

“Paramedici van ER24 het die motor op sy dak aan die kant van die pad aangetref. Plaaslike nooddienste was reeds daar besig om die mense te ondersoek,” het hy gesê.

Die jong vrou, vermoedelik tussen 18 en 20 jaar oud, se liggaam is later ʼn paar meter van die motor se wrak aangetref. Sy het met haar gesig na onder op die grond gelê.

“Sy het verskeie noodlottige beserings opgedoen. Paramedici kon ongelukkig niks vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar. Sewe ander pasiënte is op die toneel behandel vir geringe tot matige beserings.”

Die mense is op die toneel behandel en na die Letaba provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Neidra Knott ·

Ai mense julle moet baie versigtig wees ‘n lewe is vir ewig weg.

Riaan ·

Dit is nooit lekker om by ongelukke te werk nie,het te veel gesien in my jare op groot tow trokke

DPJ ·

Dit sê niks om te sê bestuurder het beheer oor die kar verloor nie. Voor daar beheer verloor is moes iets gebeur het soos nie te stop by ‘n stop nie, verobtagsaming van verkeers reëls ens.
Bestuurder verloor nie vanself beheer nie tensy voertuig onpad vaardig was.

Plaatsie ·

Dis nie moeilik om agter die stuur aan die slaap te raak en dan beheer te verloor nie

Jacques ·

N band kon gebars het … n dier kon voor haar ingehardloop het … jy sal nie weet nie want jy was nie daar nie

André ·

Sjoe, ek kan nie glo daar is so baie ongelukke & sterftes vanjaar gedurende Desember nie.

Langhans Lewerwors ·

Tragies – die baie padsterftes!
As ek my somme reg maak, moes daar een passasier regs van die drywer gesit het…

dpj ·

Daar her let’s vooraf gebeur gebeur. Bestuurder was MPEG end Moe’s nice Bestuur her nice.
Oortfreding van padreëls.

AJ ·

Ja 8 koppe in voertuig.So dan moes hulle nie op die pad gewees het nie.So dit het lekker gegaan.Net jammer vir die on skuldige.Daar te veel onverskuldiges op die paaie

Hettir ·

Die voertuig was oorlaai. Volgens die berig moes daar agt mense in die voertuig gewees het. ‘n Oorlaaide motor word baie onstabiel op die pad.

Hettie ·

Die voertuig was oorlaai. Volgens die berig moes daar agt mense in die voertuig gewees het. ‘n Oorlaaide motor word baie onstabiel op die pad.

Dirk ·

Mmm dalk oorlaai of dalk het 4 agter bosse weg gekruip en een voor kar gespring om te hijack toe ry die bestuurder oor hul toe beheer verloor was. Ummmm wonder maar net 8 koppe in so klein kar. ?

Gypsey2 ·

Die kop aan kop botsings is ‘n “ek kan maak soos ek wil” houding/attitude. Sodra mense met respek bestuur sal hulle die sper strepe en pad reels na kom en sodoende ONSKULDIGE mense se lewens spaar.

Ande ·

Net buite Tzaneen by die nkowa nkowa afdraai het n baie aggressiewe vragmotorbestuurder paar dae terug van die pad af gedruk omdat nie vinnig genoeg gery het nie, hy het reeds ver bo die spoedperk gery. Hy het my probeer doodry en Ek moes van die pad af ry in die veld in teen sy spoed.

Scalla ·

jong arrogante persoon/drywer, sonder logika en ervaring doen sulke onaanvaarbare gedrag deur soveel passasiers op te laai, weet mos van beter. Sorry as jy dom, dan moet jy lei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.