Jong man sterf ná voertuig rol

Argieffoto

Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn jong man tydens ʼn ongeluk gesterf het.

Sers. Majola Nkholi, polisiewoordvoerder, het gesê die ongeluk het Dinsdagoggend net ná middernag plaasgevind toe die bestuurder van ʼn blou Mazda 323-sedan glo beheer oor die voertuig verloor het.

“Die man, Lizandre Kommins (24), die bestuurder en nog ʼn passasier het op die R62 tussen Kareedouw en Joubertina gery toe die motor omgeslaan en gerol het,” het Nkholi gesê.

Kommins is op die toneel dood. Die bestuurder en ander passasier het geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel.

Die presiese oorsaak van die ongeluk sal deur nadere ondersoek vasgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê Tish

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.