Jong vrou twee keer in kop geskiet

Argieffoto

Die polisie in Welkom in die Vrystaat het ʼn beroep op inwoners gedoen om hulle by te staan nadat ʼn jong vrou se liggaam onder ʼn boom in die dorp gevind is.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou, wat as Nthabiseng Mokeki (19) geïdentifiseer is, se liggaam is op 3 Augustus omstreeks 12:00 onder ʼn boom by die sirkel van Macbeth- en Longstraat gevind. Sy het twee skietwonde aan haar kop gehad.

“Die oorledene is die laaste keer lewend gesien toe sy vroeër die dag teen 01:00 ʼn oproep ontvang het, waarna sy aan haar huismaats gesê het dat sy uitgaan,” het Thakeng gesê.

Die motief vir die moord is onbekend. Die polisie se moordeenheid ondersoek die saak en volg alle leidrade op. Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om ao. Dylan Saayman by 084 687 3014 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Strussbob ·

Dis iemand se dogter en ek kani eers probeer dink hoeveel pyn hierdie mamma en pappa (en hul familie) moet ervaar nie. My hart gaan uit na hulle “. Diè wêreld is ons woning nie”

Mike Kaapstad ·

wat soek sy alleen daai tyd van die oggend, ,waar was die ouers ???????????????? en sy lê 11 ure onder die boom ……………

Marisa ·

Mike, was jy op 19 nog in jou ouers se sorg? Nie te lange jare gelede nie het manne van daardie ouderdom op die grens geveg. Get real.

Ouma ·

Mike is reg, Marisa. Realiteit behels ook dat die dood daardie tyd van die nag vir ‘n vrou in die straat wag, deesdae selfs ook vir mans. Dit hoef niemand jou te vertel nie. Ons kan impulsief dwase keuses maak en ons eie ondergang bewerk.

Ouvrou ·

Jongmense is vreesloos. Ek baklei met my kleinkinders wat dink niks sal met hulle gebeur nie. Hulle leef in n bubble. Maak mens moedeloos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.