Jong vrou tydens Pta-huisroof in kop geskiet

Argieffoto

ʼn 27-jarige vrou veg vir haar lewe in ʼn Pretoriase hospitaal nadat sy tydens ʼn gewapende roof in die kop geskiet is.

“Drie gewapende verdagtes het ‘n huis in Olievenhoutbosch in Centurion binnegestorm waar die slagoffers geslaap het. Die verdagtes het ʼn vuurwapen op die slagoffers gerig en aangedring op geld en selfone,” het kapt. Augistinah Selepe, polisiewoordvoerder, aan Maroela Media gesê.

Die verdagtes het skote gevuur waarna hulle van die toneel gevlug het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is Sondag omstreeks 04:00 na die toneel ontbied.

“Die vrou is tydens die voorval in die kop geskiet en is in ʼn kritieke toestand aangetref. ʼn Man in sy vroeë dertigs is ook op die toneel aangetref met ʼn koeëlwond aan sy arm,” het Vermaak gesê.

Die vrou en die man is na dieselfde hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om saam met die polisie te werk om die verdagtes aan te keer,” het Selepe gesê.

Mense met meer inligting oor die voorval word versoek om die polisie by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Charmaine Coetzee ·

dis vir my met m groot hartseer so op die onstandingsdag dat geweld net toeneem en onskuldige mense boet met hul lewens duidelik is dot vor my dat die satan in sulke mense los is SUID-AFRIKA keer terug na GOD .GIVE THIS WORLD BACK TO JESUS!!!!.mag jul albei gou gesond word liggamlik en sielkundig xxxx

Oom Klasie ·

Dit gaan nog lank so aanhou. ” Brace yourselfs” Dit gaannog erger word. Jammer daaroor.

PMB ·

Mag die gemors aan die pen ry. Bring die doodstraf terug en laat hulle hang.

Tanya ·

Vra ek ook LB S. Klink al soos ‘n kokketiel wat net een deuntjie ken… Bring die doodstraf terug… almal weet dit gaan nie weer gebeur nie. Nooit weer nie.

Drikus ·

Ons bid vir spoedige herstel. Wreedaards wat besiel julle? Die mense was reeds weerloos.

Elma Maartens ·

Dit is skrikwekkend wat gebeur. Niemand is meer veilig nie

christine ·

Klasie hy sleg gese baie gaan hulle lewens verloor vanaf 1994 my pa is een van hulle. Dit gaan nou vinnig tot n einde snel. Gebreuk jou gebeddag die 22ste al bid jy erntig alleen ons moet net leer om ons bule nie vir mekaar te slyp nie

Afrikaanse Knaap ·

Dis vir my belaglik dat politikuste my belasting geld gebruik om hulle sekuriteit te befonds, en dan daar staan en sê die dood straf gaan nie terug gebring word nie.
Ek verag die ANC en hoop hulle word eendag gestraf vir hulle arrogante dwaasheid.

AL ·

Gewapende rowers moet die ergste moontlike swaar straf kry. 23 uur in n verpiepte sel met kool en brood op spyskaart. Geen parool.

Koos ·

Gratis kos? Gratis behuising? Veilige blyplek? AL, jy is te goed vir hulle. Hang hulle op – na ‘n regverdige verhoor.

Vrou alleen in SA ·

Ek sorg maar altyd dat alles netjies is en dat my klere skoon is voor ek gaan slaap ingeval ek aangeval of vermoor word en dan lees ek die berigte en dink weet jy wat hulle aan mense doen, weet jy hoe lyk ‘n slagoffer van geweld en hoe lyk die toneel as hulle met jou klaar is

Willem ·

Elke aksie het n reaksie. Gee die land vir tronkvoel terroriste, stem JA was hulle voete ens ens. Wat dink jy gaan gebeur?

Réze ·

Willem besef jy dat mense onder die ouderdom van 43 nog nie stemreg gehad het vir die referendum of verkiesing nie so hoekom moet jong mense wat aangeval word nou die blaam daarvoor kry. Die arme mens is net 27 jaar oud, sy was maar ‘n kleuter toe die die dinge gebeur het waarvan jy praat. Dis nie reg nie hoor!

Landsverraaier ·

Yip, wat in SA gebeur is die skuld van elkeen wat Ja gestem het en tot vandag toe nog nie verstaan wat die “nuwe” Suid-Afrika werklik beteken nie. Hulle hou aan om in hul dwaasheid agter mense soos Angus Buchan aan te loop en die DA te ondersteun. Die leuen van ons tyd. Mag die Skepper julle vergewe, want ek kan nie.

Siener ·

Ek moet se ek stem saam met Landsverraaier. Dis jammer dat mense wat nie deel van was daardie verkiesing nou onder dit moet lui, maar dit is ongelukkig die kruis wat ons moet dra omdat ons as n volk die verkeerde pad stap. Ongelukkig is daar steeds mense wat weer sal ja stem in so n verkiesing. Baie bloed sal nog moet vloei voor ons sal opstaan vir onself.

Ekke ·

In sulke gevalle moet mense na die beste hospitale vervoer word, deur die land se top medisie behandel word en die regering moet pa staan vir die kostes daarvan..geen staats hospitale moet eers oorweeg word nie. Ons betaal mos belasting om n veilige stand van sake te geniet, maar die regering laat mos kriminele elemente los om voort te gaan met hul dade..

MANIE ·

Hierdie anc regering moet saam met de klerk en sy skoothonde aangela word vir wreedheid teen die mensdom. Hulle moet gaan staan voor die hof waarvoor afrika so bang is.Die wat so ja gestem het is deel aan die wreedheid

Schalk ·

De Klerk sou voort gegaan het, ongeag die ja of nee stemme. Alhoewel ek presies dieselfde voel oor elke verraaier wat ja gestem het, in toue gaan staan het om hulleself te ontwapen. Maar dit is die Afrikaner se geskiedenis, in nog n honderd jaar gaan hulle nie leer nie.

Rina Vermeulen ·

Voel moedeloos as ek sulke voorvalle lees en hoop op ñ oplossing. Die ja stemmers sal nou sê ons het nie ñ keuse gehad nie maar het julle gedink aan julle kinders se toekoms? Wat het ons nou rommelstatus,korrupsie,swakdienste, rassevrywing aangehelp deur die regering en hoofstroom media in selektiewe voorvalle,aanvalle op seker groepe wat taal en geskiedenis betref,ons leef elke dag in vrees met die hoë misdaad en moord en wonder wanneer is dit jy?Leiers wat net hulself veryk ens. Water onderdeur ñ brug kan jy nie trug kry nie en voorentoe lyk nie beter nie. Kan net hoop en bid en dat daar dalk ñ goeie leier sal kom.Sterkte aan die slagoffers en familie.

Rina Vermeulen ·

Raak so moedeloos as ek hoor van nog sulke voorvalle en hoop op ñ oplossing .Ja stemmers sal nou sê ons het nie ñ keuse gehad nie maar het jul gedink aan julle kinders se toekoms. Kyk wat het ons nou rommelstatus ,korrupsie ,swakdienste ,rassevrywring met net selektiewe voorvalle ,selfveryking. aanvalle op sekere groepe se taal, geskiedenis ens. Ons leef elke dag in vrees met die misdaad en moorde en wonder wanneer is dit jy? Water onder deur ñ brug kan jy nie trug kry nie en die toekoms lyk ook nie veel beter nie. Nou maar net bid en hoop dat daar dalk ñ goeie leier sal kom. Sterkte aan die slagoffers en families.

Kosie ·

Ek weet nie of ek die verregses hier reg verstaan nie. Reken julle ons moes eerder oorlog gemaak het as ja gestem het? Ek wil julle daaraan herinner dat die ANC op ‘n stadium van die onderhandelings gese het tot hier en nie verder nie, hulle wou nie verder skietgee nie. So dan was die enigste alternatief oorlog en sou die Afrikaner volkie uitgeroei gewees het deur die massa. Jy kan hierdie ding draai en swaai soos jy wil, die alternatief vir die ja stem was oorlog en dit sou die einde van die Afrikaner beteken.

Willie ·

Kosie, my dierbare vriend. Ek hoor wat jy se’ en verstaan jou gedagtes, maar dink jy nie dat ons weermag en polisie oor die nodige magte met vermoee beskik het om die prentjie dalk te kon inkleur nie. Wil net vir jou se’ ou Kosie. Ek dink nie dit kon slegter gegaan het as nou nie, en daai oorlog sou nie soveel manskappe afgestaan het soos wat die statistieke vir moorde van 94 gepleeg is, reeds dood is. Nou is ons ontwapen, vermoor, verneder en het steeds niks. Ja, ek gaan gehoorsaam wees in die feit, dat Jesus weer sal ingryp as sy volk ingryp en hulle sondes bely. Ons windgat mensdom is net n lawaai van wind, God bly in beheer

Blinkvosperd ·

Ag vir die meeste ja-stemmers het dit gegaan oor internasionale sport deelname en vasklou aan besittings en hul gemaksones. Daar was nie edele motiewe vir die ja stem nie en as hulle weer moet kies sal hulle weer ja stem want hulle het geen inbors of eerbaarheid nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Willie, ek het nie saam met die “verligtes” gestem nie maar oorlog was ons voorland en dis ‘n wrede ding en daar is nooit ‘n wenner as dit verby is nie. Net ellende. Ons moet nou liewer sorg dat miesies Zuma haar eie veiligheidspatrollies betaal. Miskien, net MISKIEN, as iets met een van die beveiligdes gebeur sal hul besef wat ons elke dag moet beleef en oorleef.

Beest ·

Hy kan begin deur sy sondes te bely vir sy voortgesette ondersteuning van die onbybelse, onchristelike en rassistiese apartheidsbeleid wat sekere mense as minderwaardig beskou het.

At ·

100% Willie. Kosie duidelik sien jy nie die groter prentjie nie. Dit wat voorlê (kyk na freedom charter, ons president se rasistiese uitsprake en so kan ons aangaan) is nog deel van hulle oorlogvoering, maar die probleem is ons is al ontwapen en het nie meer beheer oor die weermag en veiligheidsmagte nie, so wat nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.