Jong vrou val na haar dood minute ná motorongeluk

Julia Ella. Foto: Facebook

Julia Ella. Foto: Facebook

ʼn Jong vrou het Sondagoggend ʼn motorongeluk oorleef net om minute later na haar dood te val.

Julia Ella, ʼn 22-jarige haarkapper van Durban in KwaZulu-Natal, het Sondag in die vroeë oggendure met haar Mini Cooper teen ʼn padversperring op Adamsweg in Amanzimtoti gebots.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê die insleepdiensbeamptes wat op die toneel opgedaag het, het vertel dat Ella uit haar motor geklim, op die toneel rondgeloop en met hulle gepraat het. Dit wou voorkom asof sy nie in die ongeluk beseer is nie, het Steinmann gesê.

In ʼn stadium het Ella aan die insleepdienspersoneel gesê sy het ʼn nood en moet ʼn draai gaan loop. Sy het oor ʼn brugreling geklim en na haar dood geval. “Sy het blykbaar nie besef sy is op ʼn brug en daar is nie grond aan die ander kant van die brugreling nie,” het Steinmann gesê. “Die mans van die insleepdiens het haar probeer keer, maar sy is oor die reling voordat hulle iets kon doen. Haar liggaam is later deur paramedici langs die treinspoor gevind.”

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare911

Janine Prinsloo, die eienaar van die haar-en-skoonheidsalon Tenacity waar Ella gewerk het, het aan Maroela Media gesê Ella het as haarkapper gewerk, maar was ook ʼn verkoopsverteenwoordiger vir haarprodukte en het op vryskutgrondslag redigeerwerk vir tydskrifte gedoen.

“Sy was so ’n vrolike mens en mense was mal oor haar. Sy het altyd gelag en grappies gemaak,” het Prinsloo gesê. “Sy het net sewe maande hier gewerk, maar ons het sulke goeie vriende geword; dit voel meer soos sewe jaar.”

Volgens Prinsloo is Ella se ouers, broer en suster verpletter deur die nuus van haar dood. “Die begrafnis sal waarskynlik Saterdagmiddag plaasvind, want ons almal by die salon sal dit graag wil bywoon,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

SYLVIA ·

Duidelik was die arme mens deurmekaar en gedisorienteerd, en niemand help haar nie, dis ‘n skande, as dit my dogter was sou ek nie gerus het tot die waarheid uitgekom het nie, hier moet ‘n ondersoek gedoen word,

gjorg ·

Dis nie vir my so duidelik soos u dit kwansuis afmaak nie. Sy het met hulle gepraat en rondgeloop, ek sou ook gedink het alles is in orde.

johan ·

100% gjorg…die’ tannie Sylvia eil (hoop daar is so woord:))

Magriet ·

hoekom moet daar ‘n ondersoek kom Sylvia. het iemand haar oor die reeling gegooi? dalk was dit presies dit. ‘n ONGELUK!!!!! liewe genade, ‘n ondersoek vir alles is dalk nie altyd nodig nie!!

Annie ·

Sylvia, lees die berig weer dan sal jy dalk kan verstaan niemand het hulself skandelik gedra nie, die nooddienste was nie op daardie stadium op die toneel nie, wel die insleepdienste…sover ek weet is hulle nie opgeleide nood personeel nie

jakes ·

Sylvia, as my dogter was sou sy nie daardie tyd van nag dronkbestuur het. En moenie kommentaar lewer as jy / jul nie die feit ken.

jakes ·

Nig, kan se’ DRONKBESTUUR. Anders as jy, WAS ek op toneel.

nig ·

Okay Jakes, kalmeer tog net. Dan moet jy nie net aantygings maak nie maar actually sê jy WAS daar en dat jy wel gesien het sy was onder die invloed van drank. Moenie my kop afbyt nie ou!

Lise ·

Liewe genade, Sylvia, haal asem! Jy skryf ‘n paar sinne aaneen met net kommas en geen punte om jou sinne af te sluit nie. Groot verskil.

jakes ·

Nig, kan se’ DRONKBESTUUR! Anders as jy, EK WAS DAAR, met eie oe” gesien.

Elfie ·

Jakes, ons HET dit nou almal okay! Nie nodig om tweekeer gal te braak nie. Jy moes van die begin dit genoem het dat jy daar was dan het niemand gedink jy maak sommer aannames nie!

rina ·

As noodhelpers behoort hulle te weet dat in sulke gevalle ‘n mens heel snaaks kan optree, die feit dat sy rondgedwaal het se klaar sy was gedisorienteerd gewees, hulle moet haar eerder gehelp het as wat hulle haar gelos het. Sommige noodhelpers besef nie dat al lyk ‘n mens reg kan daar eintlik groot fout wees. Sterkte en simpatie aan die familie en vriende. sy was ‘n pragtige mensie gewees.

wessel schoeman ·

Asg van die paramedics sê swak diens kon hulle haar ordentlik ondersoek het en vir skok behandel het. uiters swak diens van Netcare 911

Anesta ·

Netcare 911 was nie op daardie stadium op die perseel nie, maar wel die insleepdienste.

Dave ·

wessel schoeman, jy moet nie berigte lees en kommentaar lewer daarop terwyl jy deur die slaap is. Wakker word eer jy praat!

Pendoring ·

Dit wil my voorkom sy was regtig deurmekaar. ‘n Brug se relings is baie hoër as die Armco relings langs die pad. As sy dit nie kon agterkom nie moes daar beslis iets verkeerd gewees het, miskien harsingskudding?

Prokureur ·

En niemand dink die jong meisie was dalk onder die invloed nie?? Sondag in die vroee oggend ure , waar was sy? waar het sy vandaan gekom? Dit was ‘n saterdagaand gewees wat laat geword het. Sy was eers betrokke in ‘n ongeluk waar sy in iets vasgery het, het toe rondgedwaal en toe geval. Ek sou dink sy het nie geweet wat sy doen of waar sy is nie. Dis ‘n groot jammerte. Net my mening.

Weezie ·

Dit wil voorkom of van ons Lesers meer disorienteerd as die Dame in die berig is! Lees gou mooi, maar as ek n nood het, en n draai wil loop is daar geen manier dat ek iemand gaan saam nooi nie allermits nie die insleep dienste nie. En almal wat van swak Paramediese dienste praat, hoop nie jy kry hulle nodig nie! Dit was seker maar net haar Tyd. Plaas almal maar net bid vir haar gesin, en sê haar siel moet in vrede rus

Wilre ·

My gevoel? Was dit n ongeluk of selfmoord? Dalk het sy geweet waar sy is en wat sy doen

susan ·

As jou strepie getrek is,is hy getrek. DieVader maak nie foute nie

Pendoring ·

Susan, ek wil graag van jou verskil. ‘n Mens het redelik baie invloed op waar jou “strepie” getrek is. As jou stelling 100% waar was sou geen verkeersreëls, veiligheidsgordels, spoedgrense ens. ens. ‘n effek op die sterftes op ons paaie gehad het nie. Deurdat jy al hierdie ander goed gehoorsaam skuif jy effektief self jou “strepie” rond. Dink mooi daaroor.

Cay ·

Pendoring_ het die meisie verongeluk? of het sy ‘n ongeluk gehad en geval??? het jy wel die moeite gedoen om om die artikel te lees of is die net nog “N blog… s wie het enige iets gese dat sy nie ‘n gordel aangehad het nie of dat sy nie die padreels gehoorsaam het nie->> maak seker van jou feite en DINK BAIE MOOI VOOR JY min respek het vir vir die oorlendende en haar familie!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Prokureur ·

Martin , ek mag verkeerd wees … maar ek het al ‘n paar sake gedoen en ek was self ‘n jong student gewees, as jong meisie weet ek ook mos wat gebeur as ‘n groep vriendinne en vriende uitgaan. Ek het ook al agter iemand aangery wat onder die invloed was om seker te maak die persoon kom veilig by die huis. Die persoon het nie eers geweet dis ek of my kar herken nie. Hyt gedink iemand agtervolg hom en hys in gevaar. My mening is dat die dame die saterdagaand uit was, te veel gekuier het met noodlottige gevolge. Wag maar vir die berig dat sy van ‘n kuierplek soos Tiger Tiger in Durban af gekom het oppad huistoe.

Anesta ·

Op News24 sê hulle sy was ‘n regte “party animal”… so ek dink jy is reg…

Prokureur ·

Ek sien nou haar ma skryf “she was a big party animal and a resident of Durban’s nightclubs … ” en daar was ‘n vriendin saam haar in haar mini. Nie een van hul het beserings gehad nie. Baie tragies!!!!

Cay ·

Prokureur- het jy die meisie ooit gekon- wie is jy om sommer net jou lewens ervaarings ander mense so op te som- wie gee jou die reg om dit te se? gaan hof toe en laat jou mense daar gejudge word!

Eduard ·

Wat n mooi meisie ai dit maak nie saak of sy onder die prop was of nie dis nogtans baie sad

Nita ·

Not to sure why people judging each other all the time! Anybody is entitled to their own opinion in life! After all accidents are just that an accident it can happen to anybody we have all partied in our lifes and have made bad decisions like this young lady! Fortunate enough for us we survived! Nobody could have stopped her from what she was about to do. People aren’t mind readers and I’m sure everybody on the scene did their job to the best of their knowledge! Condolences to the young ladies family and friends. Rest in piece young lady.

Adri ·

Baie dankie Nita – almal was jonk en het snaakse dinge aangevang – hulle was gelukkig en het niks oorgekom nie – weet nie wat van hierdie wêreld gaan word as mense nie eers respek toon nie- rus in vrede

Prokureur ·

Cay , ek het net gese wat my mening is. Ek het Vryheid van spraak en mag dit doen. Het haar nie geoordeel of enige iets negatief oor haar gese nie. Jakes het reeds in sy kommentaar bevestig wat ek gedink het.. Dis uiters hartseer en ek kry haar familie jammer. Almal maak foute, sommiges kry net nooit die geleentheid om dit reg te maak nie. Mens het ook ‘n deel en verantwoordelikheid in hoe en wanneer “jou strepie getrek word” soos julle se.

SI ·

Prokureur …. betaal iemand jou vir jou mening? Dis ongevraagd!

Elfie ·

SI – ook waar. Mense gaan aan asof hullehaar persoonlik geken het. As sy onder die invloed was, wel dis dan jammer. Hopelik leer ander hieruit, hoewel ek twyfel as ek so gereeld van sulke ongelukke lees. Nogtans moet mense nou net bedaar en onthou dat sy familie en vriende agterlaat en om haar nou so te bepraat is negatief en verander niks aan die saak nie.

Cay ·

Jaskes, is jou oe nou so goed dat jy kan sien as mense dronk is- ????? miskien in skok asgevolg van die feit dat sy sopas haar motor gestamp het!! as sy rond geloop het op die toneel en sy was so dronk- hoekom het julle dan nie voorsorg maatreels getref siende dat jy daar was nie!!!! dit is ‘n klomp cheap sensasie waaroor julle nou almal wil gons!! Get a life- haar familie en vriende en ouers lees wat almal hier skryf- hulle het seer oor die bizare ongeluk en jy voel dis jou reg om haar so te beswadder- waar is jou respek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.