ʼn 19-jarige meisie van KwaZulu-Natal is op aanklag van meineed in hegtenis geneem nadat sy glo oor haar skynbare ontvoering gejok het.
Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die meisie het glo Donderdag ʼn boodskap aan haar ma en kêrel gestuur wat aandui dat sy in die Shiyane-omgewing in New Hanover deur vier onbekende mans ontvoer is.
Die slagoffer se ma is na die polisiestasie en het ʼn saak van ʼn vermiste persoon aanhangig gemaak.
“Die polisie het reg deur die nag na die meisie gesoek. Sy is egter Vrydag by ʼn ander kêrel se huis in die New Hanover-omgewing opgespoor. ʼn Saak van meineed is aanhangig gemaak en sy is dadelik in hegtenis geneem.”
Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel.
“Ons kan dit nie duld dat mense valse sake aanhangig maak om hul eie behoeftes te bevredig nie. Baie mannekrag en hulpbronne is gebruik nadat die saak aanhangig gemaak is. Die inhegtenisneming sal dien as wekroep aan diegene wat valse sake oopmaak. Hulle sal vervolg word en vir hul onregmatige dade boet,” het Langa gesê.
Waarom hulpbronne wat geweldig geld kos en tyd opneem so te misbruik. Dit moet ‘n straf wees wat alle potensiele meineed mense/persone afskrik om mannekrag op sulke wyses onnodig te laat optree.
Dit is nie meineed nie.
Dit is, sy het gelieg.
Hou haar verantwoordelik vir kostes aangegaan om haar te soek.