Jong vrou veilig ná sy buite motorhandelaar verdwyn

Deane Duminy (Foto: SAPD Vrystaat)

Die 18-jarige Deane Duminy van Heilbron, Vrystaat, wat as vermis aangemeld is, is opgespoor. Sy is Vrydag laas saam met haar ma gesien wat haar motor vir ʼn diens by ʼn motorhandelaar in Kroonstad ingedien het.

Die polisie het Maandagaand bevestig dat Duminy opgespoor en veilig is. Nog geen verdere inligting is beskikbaar gemaak nie.

Die plaaslike buurtwag het gevra dat die familie se privaatheid gerespekteer moet word.

Maroela Media het vroeër berig die ma en haar 18-jarige dogter het van Heilbron na Kroonstad gery waar hulle die motor wou laat diens. Die ma het in die handelaar se kantoor ingegaan om vorms in te vul terwyl Duminy buite in die motor sit en wag het.

Toe die ma terugkeer, was haar dogter egter skoonveld. Sy het haar dadelik op haar selfoon gebel, maar dit was afgeskakel.

Die ma het Duminy daarna as vermis by die polisie aangemeld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nick ·

Die hele land is bekommerd en op die uitkyk vir die kind. Nou is sy terug. Waar was sy????

thejudge ·

Dinsdagaand bevestig? Nou toe nou….aangesien dit nou eers Dinsdagoggend is.

Snuffelgids ·

Daar word gevra vir almal se hulp om te soek, en nou versoek hulle dat hul privaatheid gerespekteer word. Julle kan gerus julle deel doen en die mense bedank wat probeer help het.

007 ·

Dalk wou sy maarnet bietjie wegkom van die ma af? Jy kan nie vir privaatheid vra as jy reeds almal betrek het nie. En ons wil weet wat het gebeur aangesien ons almal help soek het. Ek was Vrydag in Kroonstad vir die Pittbull rally, wonder of sy nie maar ‘n biker raakgeloop het nie?

Callie ·

Haha ek was ook en daar was genoeg wulpse mans wat vrou gesoek het , veral na die strip shows

E ·

En die dogter sit haar ma deur al daai hel…ek hoop haar ma gooi haar uit die huis vir ‘n week, dat die dogter haar sin vir respek en verantwoordelikheid terug kry.

SjN ·

Muisneste as jy my vra, wat moes die ma nie deurmaak nie, hoop haar ore word behoorlik oopgemaak.

Swanie ·

Dank U Vader , geen sensasie nodid , daar is genoeg slegte nuus.

Staal ·

Ek het ook ’n vrou en kinders en kan nie anders as om myself dood te bekommer elke keer as ek lees dat daar iemand wegraak het nie. As die stories nie die volle draai loop nie bly hierdie angstigheid en bekommernis hier in my bors vassit. Dis eenvoudig, ek wil weet wat gebeur het sodat ek kan my mense en my gesin beter kan beskerm. Selfs al het die persoon weggeloop saam ’n kerel of iets in daai lyn. Dis tog seker nie te veel gevra nie? Of spaar ons die angstigheid en moet nie die boodskap die wêreld instuur nie

Miena ·

Veral met vandag se ongeruimdhede en die wreedheid in die wereld. Dis n groot plek die waarin ons 90bilj mense moet saamleef. Waar gaan soek of begin n mens soek? Kinders weet watse wreedheid aangaan in hierdie land van ons maar hulle sal nogsteeds n manier soek om ouers “terug te kry” – as mens dit so kan stel? En indirek dra hulle by tot die probleem.

Miena ·

My 16jarige dogter woon in Kroonstad en is in n baie goeie skool daar terwyl ons as ouers in GP woon en werk. Dan sien mens al die AMBER alerts en Vermiste Persoon en lees n artikel dat daar op soek is na n meisie – in Kroonstad of erens in die Vrystaat. My hart bons elke keer 24 hartslae mis en ek raak uitasem wanneer mens so iets sien en lees. Ek dink persoonlik – hoe meer inligting vanaf ouers en die vermiste-gevinde persoon deurgegee word oor die doen en late en waar gevind is na die tyd, asook die HOEKOM, vanaf die kind – dan sal minder sulke kinderagtige gevalle gebeur dalk en dan is daar meer tyd en mannekrag om na regte vermiste persone te soek.

Renier ·

Nogal die buurtwag wat vra hulle moet tyd gegun word.Haar stelling van ” live your life like iets the last” wys my alles .

Danie ·

Ek gaan liewers niks se nie.Ek dink die meisie skuld ons n verduideliking die hele land was geskok en op die uitkyk.

Karina ·

Sy was seker moeg vir haar ma en moes dalk net bietjie weg gekom het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.