Jong vrou verdrink by Illovo

Die toneel by Illovo op 18 Desember 2015 Foto: Netcare 911

Die toneel by Illovo op 18 Desember 2015 Foto: Netcare 911

ʼn 20-jarige vrou het Vrydagmiddag omstreeks 13:30 in die see by Illovo aan die suidkus van KwaZulu-Natal verdrink.

“Paramedici van Netcare 911 en Amanzimtoti-lewensredders het reageer op die noodroep,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die vrou het glo in die see by die riviermond geswem toe sy deur ʼn sterk seestroom meegesleur is.”

Lewensredders het, met behulp van omstanders, die vrou uit die water gehaal, maar sy was reeds dood.

“Paramedici en nooddienste versoek persone om slegs te swem waar lewensredders aan diens is,” het Botha bygevoeg. “Moet asseblief ook nie jul kinders sonder toesig in die water laat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leonora ·

Ons self hier by Natal se kus, sien dat vakansiegangers hulle nie steur aan lewensredders nie. Swem net waar hulle wil

nig ·

…plus hulle kan baiekeer nie GOED swem en soms word hulle, soos in die geval, deur strome meegesleur. Mense wees versigtig naby riviermondinge. En as daar waarskuwingsbordjies is, is hulle daar vir ‘n REDE, swem tussen dit! Mens moet respek hê vir die natuur. Ai al die ongelukke en dinge oor die feestyd, mense moet tog net regtig versigtig wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.