Jong vrou verdrink in see

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

ʼn 19-jarige vrou het Sondag in die see by Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap verdrink.

Volgens Stephen Slade, adjunkbevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Port Alfred, is hul bemanning omstreeks 15:30 na Kenton-on-Sea se hoofstrand ontbied.

“Met ons aankoms was omstanders besig om op die strand mond-tot-mond-asemhaling toe te pas op die vrou. Paramedici het voortgegaan met pogings om die vrou by te bring, maar sy is kort daarna op die toneel dood verklaar.”

Slade het gesê die vrou het in die see geswem toe sy glo in ʼn sleurstroom beland en dieper in die see ingetrek is. Die gety het haar weer nader aan die strand gebring en ʼn omstander kon daarin slaag om haar uit die water te kry.

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin. Slade het sy meegevoel met die oorledene se familie en vriende betuig en die omstanders wat op die toneel die vrou probeer help het, geloof vir hul pogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Boerboel ·

Stem saam Cherokee. Ek bly ook op die kus. Dis vebasend dat baie besoekers in die see swem sonder enige lewensredders.
Mense raak paniek bevange en spartel hull self moeg. Sterkte aan die familie

Calamarie ·

Op TV in NZ verduidelik hulle wat om te doen as jy in n stroom beland. Dis soos n advertensie tussen programme. Dink dit sal werk in SA, almal sien dit en sal hopelik so daaraan dink as dit gebeur.

RIP dame

Attie. ·

Al is ek ‘n uitstekende swemmer het ek eenmaal amper verdrink in ‘n seestroom. Toe ek besef eks in die moeilikheid het skok ingetree en dit het veroorsaak dat ek nie my longe vol suurstof kon hou nie. Skielik het stroom teruggetrek en kon ek weer staan. Dit was hittete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.