Jong Vrystaat-boer in hof oor moord

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn 30-jarige boer wat daarvan beskuldig word dat hy twee boere in Rusfontein (Dewetsdorp) vermoor het, sal Woensdag weer in die hof verskyn saam met sy medepligtige.

Sers. Mosili Ntsika, woordvoerder van die polisie, het gesê die boer, Khotso Toane, word daarvan verdink dat hy en ʼn medepligtige verlede Vrydagaand twee boere, Thato Qathatsi (64) en Michael Qathatsi (51) aangeval en vermoor het.

Toane het Maandag in die hof verskyn en die saak is uitgestel sodat hy Woensdag saam met sy 24-jarige medebeskuldigde in die Dewetsdorp-landdroshof kan verskyn.

Toane is op die toneel in hegtenis geneem nadat die vermeende medepligtige te voet van die toneel gevlug het. Die 24-jarige man het homself egter Sondag aan die polisie oorgegee ná ʼn groot soektog van stapel gestuur is.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het glo omstreeks 23:30 plaasgevind toe Toane na die plaas, waarvan hy deels eienaarskap saam met die Qathatsis het, gegaan het om van sy beeste te gaan haal.

“Na bewering het die twee ouer boere vermoed dat beeste gesteel word toe hulle die vragmotor sien wat beeste so laat in die nag oplaai. Toane en die Qathatsis het begin stry toe hulle vir hom gesê het hy moenie sy beeste so laat in die aand tel nie,” het Ntsika gesê.

Na bewering het Toane en die medepligtige die twee ouer boere daarna met onbekende voorwerpe aangerand. “Hulle het op die toneel aan kopwonde beswyk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

willie ·

die boere stories raak nou nogal verwarrend! daar was nog nie optogte, bande gebrand en groot moleste nie dan moet jy aanvaar hierdie boer wat beskuldig word van moord is nie wit nie!

Al ·

Gits ja! En News 24 is tjoepstil en berig nie eens oor die voorval nie. Maar laat ñ plaaswerker aangerand word dan is dit hoofnuus. Pateties verby

Koos de Meyer. ·

Natuurlik is dit ‘n opkomende boer. As jy na die name kyk kan jy mos weet. Ons boere sal nie middernag gaan beeste oplaai nie of tel nie. Dit is hoe daar gewerk word in die nuwe dawn.

Hanna Hoekom ·

Hou aan om grond te “verdeel” dan gaan hier nog baie sulke sake wees. Hierdie mense gee as n reel nie n snars om vir mekaar of enige ander nasie nie. So sal die eens produktiewe plase een vir een ten gronde gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.