Jong Wiskunde-fundi van Hoërskool Parel Vallei beloon

Dr. Danie Brink, hoof van die SOS, oorhandig R10 000 kontant aan Danielle Kleyn (Foto verskaf)

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het Vrydag tydens die aanvang van sy jaarlikse onderwyserskongres in die Wes-Kaap, R10 000 aan die 17-jarige Danielle Kleyn oorhandig.

Dit dien as beloning vir haar uitsonderlike Wiskunde-prestasies die afgelope twee jaar.

Dannielle, ’n graad-elf leerder aan die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes in die Wes-Kaap, is in April as die beste vroulike deelnemer aan die Pan-Afrika Wiskunde Olimpiade gekroon. Dit is die tweede jaar in ’n ry wat sy dié uitsonderlike prestasie behaal.

Danielle het boonop die toets in Engels afgelê, hoewel sy haar ganse skoolloopbaan in Afrikaans skoolgaan. “Dit is ’n bewys dat onderrig in jou moedertaal akademiese sukses verseker, al gaan leerders later jare in Engels skool,” het dr. Danie Brink, besturende direkteur van die SOS, tydens die kongres by die Laerskool Durbanville gesê. Die Wes-Kaapse been van die onderwyskongres is deur sowat 170 onderwysers van amper 50 skole bygewoon.

“Hierdie prestasie is ook die gevolg van Danielle se deurlopende harde werk en deursettingsvermoë, twee van die belangrikste boustene van sukses en kwaliteite wat die SOS hoog op prys stel,” het Brink bygevoeg.

Volgens hom belê die SOS graag in die opleiding van belowende jong onderwysers en die organisasie wil harde werk beloon. Daarom het die SOS ook ’n studiefonds op die been gebring wat vanjaar reeds behoeftige onderwysstudente bystaan. “Hoewel Danielle nog nie seker is wat sy wil studeer nie, wil ons graag van hierdie geleentheid gebruik maak om haar te beloon vir haar besonderse prestasie. Daarom oorhandig die SOS aan haar ’n eenmalige kontantbedrag van R10 000, sodat sy haar passie in Wiskunde kan bly uitleef deur aan ander internasionale kompetisies deel te neem en verdere opleiding in Wiskunde te ontvang.”

Danielle sê sy gaan vir eers die geld spaar, omdat sy dit waarskynlik op universiteit gaan nodig hê om al haar uitgawes te dek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Andreas ·

So het Lesufi gister in Beeld reageer:
“Ek ondersteun alle amptelike tale en almal van hulle, insluitend gebaretaal, moet gelyk en billik behandel word. In Suid-Afrika is daar geen supertaal nie.
Wat ek nie ondersteun nie – en dit is doelbewus verwring – is dat moedertaalonderrig beteken dat mense wat daardie taal praat nie kan meng of speel met kinders wat ’n ander taal in dieselfde skool praat nie.
Ek is ’n verslaafde van ’n nierassige onderwysstelsel en sal nooit ’n ander amptelike Suid-Afrikaanse taal onderdruk nie. Ek respekteer en hou by die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Ek sal niks doen wat strydig daarmee is nie en daarom is ek trots om Suid-Afrikaans te wees.
Ek is ook duidelik dat die gevreesde Swart-onderwyswet ‘wreed’ was en deur die mens wat ek met passie ‘gehaat’ het, Hendrik Verwoerd, die onderwysstelsel van ons mense vernietig het. Dié skade moet onbeskaamd herstel word.”

Gert ·

Soos ek dit verstaan erken die grondwet nog die reg van assosiasie, duidelik erken Lesufi dit glad nie. Hy wil besluit met wie ons moet assosieer, ongeag hoe ons daaroor voel en wat die gevolge vir ons gaan wees.

Adri ·

So trots op my volkie! Ek het maar ‘n baie basiese kennis van Latyn, maar soos ek dit het, is “fundi” ‘n meervoudsvorm. Die pragtige jongedame kan dus nie ‘n fundi wees nie: ek sou liewer sê sy is ‘n kenner, spesialis, uitskieter, ster, presteerder of so iets. Pragtig Danielle!

barend ·

dankie Andreas dit is waar maar daar steek iets in die man se motieve hy haat Afrikaans en ek het al geleer in die lewe ,as jy iets haat met n passie dat neem dit jou denkwese oor en n persoon is dan geneig om in jou eie sward te val

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.