Jongboere ‘nie beïndruk’ met Ramaphosa se pleidooi

TLU SA se Jongboere sê hulle is nie beïndruk met pres. Cyril Ramaphosa se pleidooi aan wit jongmense om in die land te bly nie. Die organisasie sê Ramaphosa lewer verkiesingspraatjies wat aangepas word by die gehoor met wie hy praat.

Ramaphosa het vroeër vandeesmaand in Stellenbosch gesê hy wil alle vaardighede in Suid-Afrika behou, ook dié van jong, wit mense en dat hulle nie onwelkom in die land moet voel nie.

Die Jongboere het ʼn beroep op Ramaphosa gedoen om gehoor te gee aan die vrese en kommer wat wit jongmense oor Suid-Afrika het. Hulle het ʼn petisie opgestel wat mense kan onderteken en wat later aan die president gestuur gaan word.

Hierin spreek hulle onder meer hulle kommer uit oor swart ekonomiese bemagtiging, die kwotastelsel en transformasiebeleid. Hulle sê daar moet saamgewerk word om ʼn veilige omgewing te skep en dat teen plaasmoorde opgetree moet word. Die groep eis ook optrede teen korrupte politici en staatsamptenare en sê boere moet op meriete kan boer, sonder “vrees of veroordeling”.

“Ons wil dit ook duidelik maak dat ons, as wit jongmense, wél onwelkom en onveilig voel in die land. Daar is verskeie dinge wat ons bekommerd maak en groener weivelde buite die land laat oorweeg,” het Ferdie Landman, voorsitter van TLU SA Jongboere, gesê.

Landman het gesê hulle hoop Ramaphosa se woorde is nie net leë verkiesingsbeloftes nie.

“Ons is hier gebore en ons is lief vir Suid-Afrika. Ons wil graag bly, mnr. Ramaphosa, maar gee gehoor aan ons vrese, kommer en insette.”

EFF-leier, Julius Malema, het vroeër vandeesmaand tydens ʼn verkiesingsveldtogtoespraak op Richardsbaai gesê wit mense in Suid-Afrika word “steeds behandel asof hulle spesiaal is, terwyl swart mense min selfvertroue het”.

“Daar is niks spesiaal aan wit mense nie. Ons is almal gelyk, ons is almal mense,” het hy gesê.

Malema het gesê gelykheid sal beteken dat daar in die toekoms wit huishulpe en arbeiders sal wees. “Julle gaan plaaseienaars wees en wit mense aanstel om die trekkers te bestuur,” het hy onder luide applous gesê.

Hy het egter ook gesê “die baas moet enigiemand wees wat ʼn werksgeleentheid kan skep”.

Landman het in reaksie gesê hulle strewe na ʼn ekonomies korrekte wêreld, eerder as ʼn polities korrekte een, en dat boere onder moeilike – en dikwels gevaarlike – omstandighede steeds ʼn bydrae wil lewer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

honourable member ·

Alles net verkiesings praatjies. Hierdie mense worry regtig nie dat jong wittes hier bly of nie hier bly nie. Swartes sal altyd bedreig en minderwaardig voel deur wittes omdat hulle baie lae selfbeelde het. Dis eintlik pateties.

Alida ·

Kom julle dit nou eers agter? Die gehoor bepaal sy toespraak!

Lizelda ·

TLU SA, jongboere ons almal weet mos al die mooi broodjies word gebak vir verkiesingsdoeleindes alleenlik. Net soos die DA wat met die een mond se hulle is kwaad om wit mense te sien op n naweek inkopies doen terwyl swart mense moet werk maar met die ander moond wil die DA alle tale bewaar (weet nie of dit Afrikaans) insluit nie.) Nee, wat enige iemand wat dink die President bedoel wat hy se… dink weer.

Johann cb ·

Ons “wit oumense” voel óók nie meer welkom nie, maar waarheen moet ons gaan? Waar op óns ouderdom voor begin of gemaklik aftree? Die “wit jongmense” het beslis beter keuses! Laat julle oorlewings-instink julle lei!

Hendrik ·

Ek bly lekker en wil nie nerens gaan nie. Veilig tussen my mense en lekker naby die stad.

Willemien ·

Jou borrel gaan ook later bars, Hendrik. Ek hoop jy het ‘n Plan B in plek.

WitLeeu ·

‘n Swart meerderheid sal nooit saam enige minderheid bly wie se sukses hul voute uit wys nie.

Andreas ·

Dit pas Cyril om hulle aan die praat te hou, hy wen so tyd en weet dan dat hulle nog nie oorsee verkas het nie.

Michelle leR ·

Wel EFF, as dit wel is wat jy gese het slaan jy die spyker op die kop: ”n baas moet enigiemand wees wat werksgeleentheid kan skep’. So waar en presies daar waar julle self faal.
ANC/EFF/BLF: niemand keer swartes om suksesvol te wees en base te word, let wel ‘te word’ en nie ‘te kry’. Werk, en die geleenthede sal kom

Boesman ·

Die anc, eff en da kan NIE vertrou word nie. As jy goed wil voel nadat jy jou kruisie getrek het met die verkiesing, trek dit maar by die VF Plus se naam. Dit gaan jou hier in jou binneste inelkgeval vrede gee.

Mieliestronk ·

Ek dink die jong boere moet maar vergeet wat die president sê dit is maar net stories. Want in die land mag n blanke nie eers sing nie wat nog van boer

Guve ·

Verkiesingfoefies, hy sal niks doen vi ons ni. , stemme is al wat tel by Mr. C.R. ons kan Bid en hoop.

Jongboer ·

Dit raak vir ons as jong boere al moeiliker om nie net ons werk tot die beste van ons vermoe te doen nie maar ook ons passie uit te leef en te sorg vir n land wat ons in gebore is en lief voor is. SA is net soveel ons land as enige iemand anders sin wat hier gebore is ongeag ons vel kleur. Daar is klaar so baie druk op ons as boere op verskeie vlakke bv droogtes nou word politiek ook nog in die mengsel gegooi. Ek wens hulle wil n dag saam met ons op die plaas kom deurbring om te sien wat werk is. Dan sal hulle sien dat boere lankal besig is om n skuif te maak na meer betroubare arbeid opsies deur self “trekkerdrywers” te wees want die regering het nou al ons arbeiders so versleg dat hulle eenvoudig voel hulle nie hoef te werk nie maar jy word verplig om hulle n sekere bedrag te betaal.

toy ·

Hulle oggend en aand praatjies verskil soos dag en nag. Vertrou niks wat hulle se nie.

Anoniem ·

Hy is soos n verkleurmannetjie. As hy by sy eie mense is dan praat hy saam as hy by die witmense is dan praat hy weer saam dus maak hy verskillende praatjies en hy sal nooit n goeie president kan wees nie want sy oggend en aand praatjies stem nooit ooreen.

Dan ·

“die baas moet enigiemand wees wat ‘n werksgeleentheid kan skep”
IRONIE op sy BESTE. Is dit nie vandag ook so nie? Enigeen kan ‘n baas wees – mits jy ‘n werksgeleentheid kan skep – ironie is.. hulle KAN NIE. Jare se bewyse en hektare grond en eiendom wat ten gronde moes gaan, plase wat plat teen die grond lê omdat daar nie eers Bestuur kan word nie, nietemin kan SKEP. Pfff

Strand looper ·

Die wyse ding om te doen dan weet jy ten minste jou kinders is veilig. Wens ek was nog jonk en jeukerig dan het ek ook pad gevat. Gun mens kan leef met die klomp clowns nie!

Pietman ·

Daar gaan geen towerstafie wees na die verkiesing nie – indien mens CR die voordeel van die twyfel gee en sy intensies en geloofwaardigheid “glo” is die ANC as ‘n entiteit inherent nie in staat tot die nodige insig om te besef hoe en wat verander moet word nie – en indien wel gaan daar te veel ongewilde stappe moet wees soos verkleining van staat strukture, dooie hout uitsny ens. Die vakbonde sal dit nie toelaat nie. So, CR veg teen ‘n oormag van teenstand en een swaeltjie maak nie ‘n somer nie.

Jerry ·

Jongmense kies vir julle n land met goeie infrastruktuur, n land waar julle welkom en veilig voel en menswaardig behandel word, waar sport op meriete beoefen kan word, waar daar gelyke behandeling is, werk met n goeie inkomste is, n land waar julle kinders veilig en gelukkig sal wees. SA kan julle dit nie meer bied nie, dit terwyl die wereld die Afrikaner se oester is, gaan en geniet dit!

Boerboel ·

Jerry jy kon dit nie beter gestel het nie. Stem saam. Dis net baie hartseer om jou kind te groet wat jy vir lank nie gaan sien nie, maar ek verlang eerder as wat ek n’ oproep moet kry Sy is aangeval en is dood!. Ek verkwalik glad nie kinders wat in ander lande gaan werk. Ek is reeds te oud.

Jerry ·

Boerboel jy verwoord die gevoel van die ouergarde. Dit is onnatuurlik en dui op n siek samelewing wanneer ouers hulle kinders moet begrawe en daarom sal ouers, gegewe die verslegtende stand van misdaad, eerder hulle kinders begin aanmoedig om te emigreer. Soos jy tereg se verlang die ouergarde eerder en is ons die jongmense terwille vir net so n goeie lewe, indien nie, vir n beter lewe!

Mrs H ·

Cyril se woorde is net n rookwolk vir buitelanders se breinwassery, beleggers en die rand te keer om te tuimel… skep net verwarring vir elke internasionale oog wat ons dop hou en natuurlik die graderings agentskappe… die waarheid en bewysse le egter in die poeding, ons beleef dit elke dag, en aanskou hoe alles daagliks vinniger en vinniger agteruit beweeg na vervalling.

Dawn Beckwith ·

Ek is hier gebore. Wie de hel dink hy is hy om te se hy “nooi” my om te “bly” !! Lag My gat af.

Vryheid ·

My raad aan alle blanke jong mense is dit. Gryp die geleentheid aan met beide hande en verlaat SA as jy kan, daar is te min geleenthede in SA en in die minderheid sal jy altyd bly. Ek het my kans gehad en dit nie gebruik nie tot my groot spyt.

jean ·

Dankie tog dat ek kan sê daar is boere wat nie die gladde bek se praatjies sommer sluk nie!….By andere is is die man mos weggestuur met kaste wyn (asof hy nie sy eie wynplaas besit) en die boere met grote dankbaarheid dat hulle nie bekommerd hoef te wees…..hoe dom kan ons ou volkie nie wees nie!

Annelize ·

daars mos verwys na paddas in n pot water wat stadig warm gemaak word……………
dis die geval op die oomblik met ons……………

Dup du Plessis ·

bietjie agter die tyd …. jong en ouer mans werk al lankal as veral arbeiders op VSA plase en selfs in SA waar hulle vir groter boere werk en as voormanne optree. Ons kom egter terug na vraag en aanbod….blankes het so min geword daar sal ‘n “spesiale”premie vir hulle betaal moet word, ai, en dan is hulle alweer ‘spesiaal”….eishh

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.