Jong mense se steun vir pres. Jacob Zuma het tot die laagste vlakke wat nog gemeet is gedaal, aldus die peilingsagentskap, Pondering Panda. Volgens die agentskap het Zuma nog in April 37% steun onder jongmense tussen die ouderdomme 18 en 34 geniet, maar dit het in April vanjaar tot net 29% gedaal. Altesaam 3 627 jong mense van oor die hele land is gevra of hulle meen Zuma se werk is bevredigend.
Volgens Pondering Panda se woordvoerder, Shirley Wakefield, is dit veral die Nkandla-kwessie wat Zuma se steun rysmier. Zuma het in die verlede ook skandale beleef, maar die Nkandla-kwessie oorheers die ander.
Intussen het die ANC se tesourier-generaal, Zweli Mkhize, gesê die kiesers het vertroue in die ANC. Hy het met die verwelkoming van ‘n DA-raadslid wat oorgeloop het, Solani Gudluza, gesê oral waar die ANC werwingswerk doen, word die party met groot entoesiasme ontvang.
Mkhize het ander partye daarvan beskuldig dat hulle in hul verkiesingsvelkdtogte net die ANC aanval.
“Die ANC verskil hiervan – die ANC vertel aan die kiesers wat hy vermag het.” -SAPA
Ag siestog dis vreeslik moet ons huil of lag
Altwee, die jonges hol EFF toe (huil) en die oues oorleef nie die jonges nie (lag), so die ANC sal nie lank regeer nie. Dis seker wanner EFF met sy jong span die land verder gaan vernietig