ʼn Soektog is aan die gang na Steven Roux (25), ʼn inwoner van Brakpan in Gauteng, wat nou reeds meer as ʼn week vermis word nadat hy die laaste keer in Mpumalanga gesien is.
Sy suster, Michelle Bekker, het Vrydag aan Maroela Media gesê Roux was by ʼn rehabilitasiesentrum in Hazyview, wat beweer ʼn buskaartjie is vir Roux gekoop en dat hy op 4 Junie daar op ʼn bus geklim het om na sy tuisdorp te ry. Hy het nooit by sy bestemming opgedaag nie en hy is by die polisie as vermis aangemeld.
Bekker het gesê buiten ʼn bietjie klere, het Roux nie geld of ʼn selfoon by hom gehad nie. Hy het ook nie enige bankrekeninge nie. Sy gesin het sedert hy verdwyn het, nog niks weer van hom gehoor nie en is rasend van bekommernis.
Roux is gemiddeld gebou en sowat 1,8m lank. Hy het ʼn tatoeëermerk van ʼn kruis op sy linkerarm en regterskouerblad. Hy het ʼn blou keps, wit T-hemp en ʼn denim aangehad die laaste keer wat hy gesien is.
Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het ʼn beroep op die publiek gedoen om ʼn plakkaat van Roux wyd op sosiale media te deel met die hoop dat iemand hom sal herken.
Mense wat Roux gewaar of weet waar hy hom bevind, word versoek om Pink Ladies by 072 214 7439 of die polisie by 10111.
Wat se die rehabilitasie sentrum? Is daar bewyse dat hy op die bus geklim het? Ek sal daar begin soek, klink nie so lekker nie.
Sal ook by die rehabilitasie sentrum begin kyk as hulle se hulle het ‘n buskaartjie vir hom gekoop het iemand hom gesien op die bus klim? ek sou ook as n ma en pa my doodbekommer het daaroor
“Hazelview” is seker “Hazyview” ? (Op die plakkaat).
Dit kan ook verwarring skep.