Jongman op Pta-kleinhoewe vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 25-jarige man is Maandag op ʼn kleinhoewe buite Pretoria vermoor. Die voorval het by ʼn onderneming wat vee verkoop, langs die R511 in Laezonia in die weste van Centurion, plaasgevind.

“Die Erasmia-polisie en veiligheidswagte van Fidelity Security het omstreeks 10:00 gereageer nadat ʼn alarm by die onderneming afgegaan het. Die man se liggaam is in ʼn plas bloed aangetref. Hy het skietwonde aan sy bolyf opgedoen en is deur paramedici op die toneel dood verklaar,” het konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die Erasmia-polisie, gesê.

Volgens Moloto dui inligting wat aan die polisie gegee is, daarop dat twee verdagtes vroeër die oggend op die kleinhoewe gesien is. “Skote is gehoor in ʼn kamer wat as kantoor gebruik word. Die eienaar was nie tydens die voorval daar nie en niks word vermis nie.”

Die man wat geskiet is, is ʼn werknemer by die onderneming. Sy naam mag nie bekend gemaak word voordat sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Moloto het ʼn beroep op die publiek gedoen om die naaste polisiestasie te bel as hulle meer inligting oor die voorval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

john samuel ·

Tragies!! En die “polisie” vra die publiek vir inligting? Net Nóg n onopgeloste moordsaak in suid afrika… :*-(

Willie ·

Belaglik om altyd op die publike staat te maak, en dan met die meriete weg te stap.. Baie hartseer om te dink dat lewe in Suid Afrika minder as niks beteken nie… uiters skandalig… Sterkte aan die familie en friende…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.