Jongman ‘soos hond’ doodgeslaan

Pierre de Necker was 'n groot diereliefhebber. Foto: Verskaf

Pierre de Necker was ‘n groot diereliefhebber. Foto: Verskaf

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

“My seun is soos ʼn hond in die straat doodgeslaan,” het ʼn gebroke pa gesê wat die nuus moet verwerk dat sy seun, Pierre de Necker (24), Vrydagaand in Belfast in Mpumalanga so erg aangerand is deur ʼn groep mense wat hom glo van diefstal beskuldig het, dat hy Saterdag aan sy beserings beswyk het.

Lion de Necker, Pierre se pa, wat ook in Belfast woon en ʼn plaaslike kuierplek bestuur, het Maandag emosioneel aan Maroela Media vertel van die laaste keer wat hy sy seun gesien het. “Hulle het my omstreeks 21:30 gebel terwyl ek by die werk was, om vir my te sê Pierre is in die hospitaal. Ek het daar aangekom en hom dadelik aan sy lengte herken, want hy is baie lank en sy voete het by die bed uitgesteek. Ek kon egter nie sy gesig herken nie, hy was onherkenbaar geslaan.”

Volgens inligting wat Lion ontvang het, is sy seun en ʼn vriend Vrydagaand in ʼn wit Golf na die Shell-vulstasie op die dorp om sigarette te gaan koop. “Ek weet nie aan wie die motor behoort nie, ek weet net dit is nie syne nie. ʼn Onderonsie het by die vulstasie uitgebreek tussen Pierre-hulle en ʼn groep swart mense. Een van die mans het ʼn wapen by hulle gehad en Pierre-hulle het in die Golf weggery om te probeer vlug. Vier motors, waaronder ʼn minibustaxi, het hulle agternagesit en in ʼn doodloopstraat in Uitbreiding 2 voorgekeer.”

Hy het gesê ʼn groep van tussen 15 en 20 mense het daar op Pierre toegesak en hom onder meer met bottels, klippe en stokke aangerand. Die vriend kon glo weghardloop toe die groep op hulle toesak.

Pierre is ná die aanval na die Belfast-hospitaal geneem, waar hy breindood verklaar is. Hy is Saterdag omstreeks 15:00 dood.

Sers. Kwapa Macdonald, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die Belfast-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

“Die aanranding hou na bewering verband met die diefstal van ʼn motor in die dorp ʼn paar weke gelede,” het Macdonald gesê. “Lede van die gemeenskap het die gesteelde motor by die vulstasie gesien, waarna die groep gereg in eie hande geneem en die bestuurder aangerand het.”

Die polisie het Maandag drie mans en ʼn vrou in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die dorp se landdroshof verskyn.

Lion beskryf Pierre as ʼn pragtige seun wat ʼn harde werker was en altyd geglimlag het. “Hy was baie happy go lucky en ʼn free spirit. Hy was ʼn groot kunstenaar en diereliefhebber, saggeaard en ʼn liewe mens. Hy was nie ʼn kwaadstoker nie. Hy was glad nie ʼn rassis nie en het geensins rassistiese neigings gehad nie. Dis alles so onnodig.”

Een van Pierre se aanvallers het tydens die aanranding ʼn bebloede foto van hom geneem en met WhatsApp na ʼn kennis gestuur, vanwaar die foto versprei en onder die rouende gesin se aandag gekom het.

“Ek wil hê die wêreld moet sien hoe hulle my kind soos ʼn hond in die straat doodgeslaan het. Ek onthou die merke op sy gesig en die wonde aan sy hande en arms soos hy tevergeefs probeer keer het,” sê Lion emosioneel. Hy het gesê sy seun is moontlik met ʼn mes ook gesteek, maar hulle wag vir die nadoodse ondersoek om dit te bevestig.

Pierre laat sy pa, ma, Katryn, en jonger broers, Jan-Lion (21) en Dieter (15), agter. Die gesin beplan om Pierre se gedenkdiens Vrydag te hou.

WAARSKUWING: Die foto is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

pierre de Necker 3

Die foto wat een van Piere se aanvallers van hom geneem het. Die vuurwapen behoort glo aan een van die aanvallers.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

Eins ·

Die DA het ook nie aangehardloop gekom soos wanneer n witmens die slaanwerk sou doen nie.

LJ ·

Daar was nog imand daai aand vermoor sy geweer is weg dalk is die 2 moorde its met mekaar te doen

Elizma ·

Maar die polisie het mos klaar 4 mense inhegtenis geneem…..nie nodig vir Valke nie.

Lee ·

Dis mos ‘n wit man so glo my daar sal niks van kom nie. As dit nou omgekeer was was dit ‘n ander storie. So jammer vir die ouers en broers. Sterkte vir julle in die moeilike tyd. Rus in Vrede Pierre xx

Donovan ·

As jy die regte foto sien en hoe hulle die jong man verniel het, hoop ek dat die selfde vir die mense geld as wat geld vir die boere in Parys wat 2x plaas aanvallers aan geval het… maar ja van die 15-20 mense elkeen wat n hou geslaan het het aandeel tot moord…

Tiger ·

Dit word tyd dat ons dieselfde aan hulle begin doen!Die bybel se duidelik ” ‘n oog vir ‘n oog”

Maggie ·

Tiger, Lees asb Matteus 5:38 EN vers 39!! Voor jy die Bybel wil aanhaal!!!

Steenbokkie ·

Ek stem saam met jou Tiger. Wens meer mans wil soos jy dink. En jy MAG die Bybel inbring. God het ons ook n verstand gegee en ons kan nie net sit en toekyk hoe moord na moord gepleeg word op ons wit mense nie. Punt.

Ettienne ·

Die bybel se ook draai die ander wang.., Enige iets uit konteks gelees kan dien as regeverdiging vir die verdraaing van waardes. Dink julle waarlik dat ‘n vergeldingsgesindheid versoening kan promofeer? Die land is stukkend, dis waar, maar woede en haat kan dit net vererger… Met elke hou wat die wittes in verdedeging swaai, steun ons net die verwronge idees wat in die eerste plek tot die aanvalle ly. Ek las by, daar moet tussen vergelding en selfverdediging onderskei word.

E.K. ·

Verskriklik! Ek bid vir hierdie arme fmailie vir sterkte in hierdie baie moeilike tyd. Die wiel SAL draai, glo my, al is dit dalk stadig – God slaap nooit.

Tind du Toit ·

Soos dit vir my klink was die voertuig dalk een van die aanvallers sin wat hom van diefstal beskuldig. Indien wel, is dit mos moeilkheid soek. Seker nog dieselfde golf waarmee hulle gaan sigarette koop het. Tot die pa weet nie eers van die voertuig nie. Nou sit sy ouers met die seer.

anne ·

Geen simpatike woord aan die oorledene?Niks regverdig dit om op so ‘n barbaarse manier doodgeslaan te word nie. Hoop die skuldiges kry wat hulle verdien !

Juan ·

Jy het natuurlik al die feite 007, SA is veronderstel om n regstaat te wees.

Frederik ·

Hierdie haatlike optrede van swart op wit moet dadelik gestaak word. Die wat dink dat die wang net elke keer gedraai gaan word moet soos nou wakker skrik. Moenie dink dat getalle hier enige ras gaan bevoordeel nie. My bloed kook…….

Lance ·

So dis moord …so waarvoor wag die polisie dan nog ….HALLOOO !

Adpvil ·

Dit is die laaste ding wat ‘n ouer wil sien of hoor. Om ‘n kind aan die dood af te staan, is erg genoeg. Wanneer dit op hierdie manier geskied, is dit soveel erger. My hart gaan uit na sy familie. Ek hoop van harte dat die skuldiges gevang sal word. Daar is soveel haat in die wêreld tussen verskillende rasse dat ‘n mens wonder of dit ooit gaan verander. Dit is nie net in Suid-Afrika nie. Die gebeure in Amerika is ‘n sprekende voorbeeld daarvan. Dit laat my altyd wonder hoekom daar verskillende rasse geskep is. Die lewe sou baie eenvoudiger gewees het as ons almal van dieselfde ras was.

pop ·

Ons word soos diere afgemaai. En die nuus mag nie uitgesaai word en oorsee versprei word nie. Daarom word mense nou geskors. Stuur die tipe berig aan alle kontakte oorsee sodat hulle kan sien wat het hulle bereik met die apartheid teenstaan van hulle almal daar. Maar nou is almal weg en stil. Hoekom betoog niemand nou daar oorkant oor die klein minderheid hier wat so wreek vermoor word nie. Piere se pappa moet nie die storie laat le nie. My hart en siel huil saam met julle.

Wern ·

Het die vulstasie nie CCTV waar presies gesien kan word wat aangaan en wie betrokke is nie? Alle vulstasies behoort dit mos te he om hulself te beskerm. Dit behoort nie moeilik te wees om die moordenaars vas te trek en te laat boet nie.

E.K. ·

Wern ek stem saam. Daar moet tog inligting wees. Vergeet van petroljoggies en so, hulle sal niks sê, eerstens om die brothers te beskerm en andersins omdat hul ook maar bang mag wees vir vergelding. Hopelik was daar veiligheidskameras en hopelik is dit nie “per ongeluk” g-“delete” nie. Ai dis erg. Mag die waarheid uitkom en die skuldiges vasgetrek word.

HP ·

Dit is steeds hartseer wat gebeur het , maar daar is beeld materiaal wat wys dat die kar by ‘n swartman gesteel is by die vulstasie die vorige aand , die man het die jong lat agter die stuur die volgende dag in die dorp gesien en hy en sy vriende was agterna en het hom toe aangerand…..dis hartseer wat gebeur het maar ek kan net dink ongeag van kleur wat ek sal doen aan iemand waat my so beroof.

Joan ·

Geen mens, wat jou kleur ookal is, verdien om so tot sy einde te kom nie!! Dit is barbaars verby. Vergeet van ‘n oog vir ‘n oog, dink liewers aan die ouers wat met al die hartseer sit. Berusting sal moeilik kom maar dis nie onmoontlik met God se hulp kan alles oorkom word. Ons dink aan die ouers in hierdie hartseer tyd, Sterkte vir hulle!

Spook ·

En dit mense is wat rasse haat aan die wit mense doen.Ongeag wat die man gedoen het niemand verdien dit nie.

Joann ·

Waar is die ANC se boetie die DA? Was dit anderskleurige was die skuldiges nou al in die tronk. Maar oog vir oog of hoe?

Oink ·

DA was nog altyd ‘n anti-wit party. Probeer nog al die jare plaasmoorde ignoreer. Die voorval sal net so hanteer word.

E.K. ·

En HOE siek is dit dat ‘n foto van die arme man per whatsapp rondgestuur word – asof dit ‘n heldedaad was. Siek, man! Ek is nou sommer erg ontsteld

Bernice ·

Noem n mens hulle mense?sterkte aan die familie ,n mens kan jou genoeg uitdruk nie,bring die doodstraf terug!

Anita ·

Kan julle die bohaai onthou van die petroljoggie wat aangerand is ? Nou wat nou – waar is die bohaai nou?

Tong innie kies ·

Anita.Hulle het onderskeidelik 18 en 24 maande effektiewe tronkstraf gekry,sonder die keuse van n boete.Ek bly in dieselfde dorp waar dit gebeur het.

Kaspaas ·

Niks sal gebeur nie – die ANC demokrasie maak voorsienning vir rassehaat teen blankes.

Danel Casey ·

Hierdie is n bitter bitter hartseer!!! Dit is totaal onaanvaarbaar!!! Asb mense ons moet iets doen…..wat weet ek nie…ek het nie meer die antwoorde nie…maar ek KAN NIE nog n moord op my mense van lees nie..die kind was so mooi..Nee Here nee dis genoeg…wat wat wat gaan ons doen??? Mense ons moet op tree!!! Vinnig sal ons moet begin..ons moet..ons het nie meer enige ander uit weg nie!!!

anne ·

Stem saam. Dis so hartseer en onnodig.
Sterkte aan sy geliefdes.

Gatvol ·

Lets start returning the favour!!!. Moeg, siek en sat daarvoor dat hul daarmee kan wegkom. As ons dit doen is ons rassiste. Bull, ek is nie as rassis grootgemaak nie, en was nooit een nie, maar dis net n kwessie van tyd voor ek n volslae een gaan wees.

Cherokee ·

Dit moes nie met hom gebeur het nie. Dit moet ook nie met ‘n hond gebeur nie. Dit is ‘n uitdrukking wat uit die Afrikaanse taal behoort te verdwyn. Dit is so jammer dat sulke dinge gebeur.

Koos ·

Sjoe dit is wreed ek hoop geregtigheid sal hier seëvier. Hopelik sal iemand hierdie saak monitor soos die VF+ en seker maak die saak word nie verloor of onder die mat ingevee nie.Dankie Maroela media dat julle die feite weergegee het soos dit is

katrien ·

ek se ook bring terug di doodstraf maar soos wat jy iem doodgemaak het so moet jy ook op dieselfde manier gaan.sterkte vir di familie mens het ni mee woorde ni

Andre ·

Ek het nog nie die ANC, of de Lille hoor rassisme skreeu nie.

Tella ·

Pierre was nie net my jare lange vriend nie, hy was my boetie. Dis waar Pierre was n vreeslike dierre mens, kunstenaar, ek onthou nog hoe hy op ons boom stomp sit en n didgeridoo speel my honde en 2 perde kon hom nie uit los nie, hy was n baie wyse man en onthou nog van learskool af hoe ek altyd gedink het hy het n woordeboek in gesluk want hy het elke woord geken en was vreeslik slim gewees, maar n free spirit is perfek gestel en was n diep mens ons het altyd gesit en diep hart sake praat. Hy het n goeie hart gehaad en so onthou ek n dag oppad na n plek waar ons op sondae sou musiek gemaak het dat hy sy enigste paar skoene en hemp uit getrek het om vir n swart man te gee, wens ek, ek kon se kom sit nog een laaste keer saam my op daai boom stomp my boetie en huil jou hart uit want jy weet ek is altyd hier… Ek wens amal kon hom ken soos ek het… Sy by naam was tot Happy gewees… Sag slaap lief jou vir altyd…

Daenerys Targaryen ·

Ek het nie woorde nie……… julle is in ons almal se gebede.

Nicci ·

Sterkte aan jou en die familie op hierdie tyd. Ek bid vir julle. Mag die Here sy hand op elk een van julle sit, en vir die familie rustigheid in julle harte bring.

gatiep ·

Jammer om te hoor mag die Here met jou wees. Ek het nie meer woorde met wat gebeur in die land teen witmense nie.Begin dink dat wapen opvat die enigste oplossing is om weer vry te wees.
Al moet ek die stof byt deur dit gaan dit beter wees as om jou hele lewe onderdruk te word deur haat omdat jy wit gebore is.

mosselbos ·

Wat n pragtige jong man die feit dat hy n diereliefhebber was moes hom meer spesiaal gemaak het. Ek hoop almal in jul dorp trek op na die hof die dag wat sy vieslike moordenaars in die hof verskyn.

Mienkie Barker ·

Nee kom ons word kleurblind. Moord maak nie saak waste ras nie. Sulke tipse geweld is net wreed. Doodstraf moet terug kom. Hang hulle….pink geel rooI. …pleeg moord en hang kla.

Veronica ·

Maar as dit nou blankes was wat n swarte so barbaars dood gemaak het? Boy oh boy! Dan was dit nou voorblad nuus in al wat koerant is en op TV nuus!!! Sterkte aan die gesin!! God slaap nie!! Net so terloops aan die ou wat gese het dit staan nie in die Bybel nie: Gaan lees Deuternomium 19:21!

Johann ·

Begin by die aanvaller wat n foto met WATSAPP verspry het!

Wern ·

Dit gaan nie eindig nie. Ons moet ons eie land kry. Afriforum, begin asseblief die onderhandelinge vir selfbeskikking.

Esmay ·

Wern. Ek stem 150% met jou saam. f w de klerk moes daaraan gedink het voor hy sy volk afgeteken het.
Praatjies moet nou ophou, daar moet nou gedoen word!!! f w de klerk moet sy gemors kom regmaak, hoekom moet ons dit regmaak.!!

Andre ·

Die hel was los toen daar n paar wit Boere twee swartes klaarblyklik doodgeslaan het, dit was ongeveer elke dag in die nuus wereld wyd, nou sal jy niks lees en hoor wat gebeur het met die wit man nie.

WeesWys ·

Liewe ouers en dierbares van Pierre
Mag julle genade ontvang om te vergewe en die wraak oor te laat aan die almagtige God van hemel en aarde wat alles sien en alles weet. Julle is in ons gebede.

KP ·

Die mense wat so vra dat die doodstraf teruggebring moet word moet asb onthou ons is in SA en die wittes sal die enigstes wees wat die doodstraf opgele sal word. Pasop moenie vir iets vra wat jou later aan die hak sal byt nie. Dit sal wees soos die JA/NEE stemme waaroor die kommentaar skrywers mekaar nog altyd verwyt hier op hierdie blad.

Charm ·

Dis siek man, bring terug die doodstraf!!!!!!!!hoop die goed word gevang

plaadjapie ·

KP dit is ook waar…mens kan nie daai mag(doodstarf toepas) in die…nou eers n woord vir hulle soek wat die sensuur sal pass…onbevoegdes wat n spoor soos n mens trap se hande sit nie.
Ek hoop en glo dat al hoe meer van ons volkie se bloed kook net erger as hulle sulke dinge sien gebeur.
Sterkte aan sy familie…die dag van afrekening sal nog kom !

JoeV ·

Was darem nie rasistiese aanval nie anders was die pers daarvan vol tot oorlopens toe!!!

Cherokee ·

Ek het een aand toe AWB-lede met indrukwekkende range my in my huis besoek het en probeer oorreed het om deel van hul skema te word, vir hulle gesê dat enige politieke party wat afhanklik is van een leier, gedoem is. Wie kan ET se plek oorneem as hy sou dooi, was my vraag. Almal behalwe een was verontwaardig en het na wik en weeg ‘n diep dink, ‘n predikant as plaasvervanger voorgestel. Een van hulle het gesê ek het hom aan iets laat dink wat hy nooit besef het nie. Ek is reg bewys.

Bosveld g ·

Die een bo vra die Vf+ moet iets doen, dis juis my probleem! Daai party doen zero ! Gee my een voorbeeld in ń dekade ??!! Ons lees hier hoeveel keer mense sê daar moet iets gedoen word, wel wag maar daar gaan niks gebeur nie. Die wat daar sit doen dit vir voordele, die kodesa tyd is onderhandel sodat die uitkoms sal wees dat mense soos ek leierloos, weerloos en geisoleer moet wees. Elkeen vir homself, hoekom dink jy is dieselfde ou hout nog daar ? Sterkte vir die familie en weet een ding, hy is verlos en loop sy pad met al die dinge wat sag en mooi is en verlos van seerkry en pyn Immanuel..

Ria de Jager ·

Ek lees waar is die vriend wat saam was. 15 aanvallers en hy kom weg. Hoekom kom hy nie na vore ivm gesteelde voertuig. En hy skotvry. ???? Jammer vir die famielie

Nicci ·

Sy oom het vir my gese dat hy SY kaar vol gemaak het by die vul stasie….
Ek weet biks van n gesteelde kar. Hy was ook nie die soort om n kar te steel.

king ·

20 weet verseker teen 1 kragtelose mens gaan nie kan wen nie ek hoop dit word op die nuus ook uit gesaai

Willie ·

Stadig met die terugbring van die doodstraf. U sien die doodstraf is in die hande van die wat die ‘kitaar slaan’. So paar voorbeelde: Daniel in die leeukuil, Adam Tas, Jopie Fourie, Die Slagtersnek manne, ens. Nou wie dink u gaan die (zuma) spul nou “ophang”? die verkragter en moordenaar? Dink nie so nie, eerder die wat teen die “system” is. maw. “ons”

Jors ·

En natuurlik sal die storie soos talle ander doodgedruk word – jy sal nie ‘n woord verder vorentoe in die media daarvan hoor, nog minder sal owerhede daarop uitspreek. “Hul” is uiters “selektief” oor watter nuusgebeure die wereld uitgestuur word – hoe dan nou anders…

Stem volkome saam met van die kommentaar hierbo – moord is moord, ongeag wit, swart, geel, bruin… geeneen verdien om so om die lewe gebring te word, dis barbaars!

Ons land brand mense, WAT gaan ons doen!?

My gedagtes en gebede is met die familie en naasbestaandes.

Rudi ·

Ek haat hierdie land! Ek wens ek was daar saam ‘n paar van my vriende om hom te help, dan het die nuus vandag anders gelyk!

plaasjapie ·

As ons die land waarin ons voorouers en ons gebore is haat…
Le die skuld nie dalk by ons nie ?
Moes ons nie dalk meer gedoen het sodat ons dieselfde liefde vir die land kan he as wat ons voorouers gehad het nie.
Maar dit is nog nie te laat nie !

Sê maar net ·

Nee, Plaasjapie, ons was nog altyd lief vir ons land, maar die klomp sportaanhangers het mos ons land weggegee met hulle “ja” stem, nou sit ons in die gemors, maar kan darem internationaal deelneem aan sport en daar is geen sanksies nie. Dit waarvoor ons eers lief was is nou nie meer lekker om in te bly en te leef nie.

Baie sterkte aan die familie en vriende van die jongman.

Charmaine ·

Rus in vrede Pierre,en sterkte aan jou familie.Mag hierdie monsters hul dag kry en erger.

PMB ·

Ek is so kwaad mense dat ek nie eers woorde het om myself uit te druk nie!!! Sterkte vir die familie en vriende van Pierre

Annoniem ·

My oudste seun was net 25 toe hy op n soortgelyke manier vermoor is….. Al verskil en wat dit soveel moeiliker maak is die feit dat dit WIT mense was wat dit gedoen het. Hulle het hom met n pyp doodgeslaan oor sy kop. Dis al 3 jaar later en ek kan nie se dat die seer al beter is nie! Die een het gekry 12jaar waarvan 5 jaar opgeskort is. Die ander beskuldigde word eers woensdag gevonnis want sy het vir die 3 jaar onskuldig gepleit. MAAR dit maak nie saak wat die vonnis is nie dit bring nie my kind terug nie en die hartseerste is wanneer sy seuntjie wat nou 6 jaar oud is en in my pleegsorg is na sy pappa vra of die kinders by die skool se hy lieg sy pa is nie dood nie!!!

Johan ·

Kom ons hou op om politieke partye te blameer en kyk na die VSA. Die swartes is die minderheid maar raak aan hulle en kyk wat gebeur. Ons blankes baklei nog teen mekaar en verloor albei oorloë. Dit is tyd om politiek te vergeet as dit by hierdie brutale wreedheid kom en ons leuse van ons vorige lewe uit te leef. Eendrag maak mag. Deksels ons wittes het ‘n klomp klaers geword sonder ruggraat. Staan op, staan vas en word weer sterk saam in ons Christelike geloof.

JP ·

Dis nie FW se skuld alleen nie. Almal wat ja gestem het in 1992 is deel hiervan. Ek het dit voorspel. Toe was ek uitgekryt as AWB, verregs, verkramp en kortsigtig. My simpatie aan die familie. Dis erg. My swaer en skoonsuster is 2 maande terug vermoor. Ek het in 1992 gevra vir ‘n oop referendum dat ons die ja broers en hensoppers kan onthou en verag. Vra jou pa en ma wat hulle gestem het. As hulle ja gestem het, dan is dit waarvoor hulle in hulle stupidgeid gestem het

Esmay ·

Jp, ja dis waar maar als het by f w de klerk en sy brigade begin. Hule moet kom regmaak wat hulle verbrou het. Ek was maar 21 en het nee gestem want ek het geweet wat kom!!! As jy nie geld het om die land te verlaat nie is jy soos n “sitting duck” Daar moet tog n leier in ons volk wees met n plan……..!!! Ons glo en vertrou op Jesus maar Hy het v ons breins gegee om iets te doen in hierde verskroeide land.

Onthou soos gister ·

Ek onthou soos gister hoe die KP ondersteuners en die wat Nee gestem het die Ja stemmers gewaarsku het. Elke voorspelling was toe waar. Die liberales was toe nie so liberaal nie maar plein net te Dom om die toekoms te kon insien.

Johan ·

Hiermee my innige simpatie aan die familie en vriende vd jongman! Woorde is te min om my misnoë uit te spreek oor die voorval!

Julle wat die “ja stemmers” en FW nou so kwalik neem en bedekte dreigemente rondslinger, het julle al vir een oomblik helder gaan sit en dink dat daar ʼn redelike persentasie mense nie gestem het nie, die sogenaamde “protesstem”? ʼn Protesstem is ene waar jy teen iets stem, nie weg bly en nie stem nie! Het julle al daardie mense kwalik geneem of verwyt? Dit is vir my duidelik dat die antwoord nee is! Die sg. protesstem sou die skaal laat swaai het, erken dit as julle die moed van jul oortuiging het en hou op om andere kkwalik te neem vir iets waaraan julle niks kan doen nie of gedoen het deur oortuiging nie! In my oë is iemand wat wegbly en dan later verwyt ʼn swakkeling en die swakste skakel in die ketting!

Pastoor ·

Kan die mens so laag daal. Ek dink ons Vader is bedroef as Hy sien wat mense doen. Dit is absoluut onaanvaarbaar skokkend hartverskeurend en onnodi . Om n geliefde so te verloor. Hulle harte is stukkend. Vader wees die mens genadig. Hulle moet almal gevang word CCTV sal wys ai waars die einde

Poot ·

Johan
Jy vat dit so raak. Eks ook al so g*tvol vir die elendelinge wat die “ja stemmers” al die skuld skielik gee. Hulle sal seker die meerderheid wees wat nie hul kruisies gaan trek nie…..maar agterna “moan” oor die sage van SA.

Gerrie ·

Lion ons innige simpatie aan jou en die familie, ons het die berig aan baie mense oorsee gestuur om aandag te fokus op hierdie onmenslikheid.
Ons harte is saam met jou seer, baie sterkte.

Jakes ·

Wag dieselfde noodlot op ons wat hulle land “gesteel” het? Ek is seker hierdie moordenaars het hulle gruweldaad op video opgeneem. Hulle is erger as Isis. Kry die video en wys dit aan die hele wêreld. Dit mag nie net daar gelaat word nie.

brenda ·

Baie krag aan die familie; sterkte! Die moorde in SA is geweldadig; en asb mense hou op bybelversies aanhaal!! hou op mekaar aanval met woorde en opstook!! dis walglik!! die moord is walglik!!
Ek hoop die skelms en wreedaards word streng vervolg. Mag sy vriende en familie aanvaarding kry en vergifnis; weereens sterkte aan almal.

Theresa ·

Innige simpatie aan die familie. DIs sowaar nie wat ‘n ouer in sy kind se toekoms sien nie. Maroela, hoe kan mens die vreeslikheid die buiteland in kry? Hul moet sien wat hier gedoen word. Hoe meer dinge verbied word om te wys wat regtig hier aangaan, hoe meer moet daar gepoog word om dit uit te stuur. Anders gaan dit kort voor lank heeltemal ongebalanseerd oorsee gesien word. Let op die advertensies die afgelope ruk. Ek laat dit aan julle om te sien hoe daardie deel van die media gebruik word om mense te breinspoel…

Poot ·

En almal skree “waar is die DA?”
Waar is die VF+ vra ek? Dis soos Cherokee sê…wie is die VF+ se leier? Soos ET die AWB s’n was. Wat het ET vermag behalwe propeganda. Die VF+ doen dieselfde. Geselekteerde gevalle word deur hulle gebruik om die oog in die media te vang. En so bluf hulle die arme blanke Afrikaners.

Theresa ·

Op rapporteer gekliek, nie vir ondersoek nie – maar dis waaroor my kommentaar ook gegaan het en dis net geïgnoreer.

Flintstone ·

Stem het n hele relaas oor die rapporteer geskryf. Hulle ignoreer eenvoudig.

Jaques ·

Tipies ons afrikaner nasie. Sal kla en kerm en anoniem hier vertel ons moet iets doen. Skrik wakker. Ons is n rugraatlose, patetiese, armsalige nasie. Ons almal wag ons beurt af om geslag te word. Praat sal ons praat maar as dit by doen kom dan het almal verskonings. En in tye soos die waar ons saam moet staan sal ons mekaar eerder in die rug steek. Ons verdien nie om afrikaners genoem te word. Vandag is ons indringers in n land wat ons voorvaders tot stand gebring het. En dit sal nie verander. Ons vir jou Suid-Afrika.

Protesstemme werk nie ·

Ja Johan en poot, julle sien nou presies dat wegblystemme nie werk nie. As daardie luies of onkundiges gaan stem het het hulle dalk die land gered van moorde en onderdrukking.

Johan ·

Ek is bly dit is nie net ek en Poot wat dit so insien nie! Ek het ʼn broertjie dood aan mense wat gedurigdeur ander verwyt en nie feitelik kan of wil redeneer nie! Feit is, ʼn persoon wat nie stem nie of kamma ʼn “protesstem” is, is ʼn lafaard en draadsitter en val na die kant wat wen of hom/haar pas soos omstandighede hom pas! Gewoonlik die grootste raasbekke ook!

charlene ·

Lyk my as mens feite op Maroela Media plaas verwyder hulle dit????
Dis jammer ons wit mense moet maar net stil bly en alles so aanvaar, die man het nie verdien om met sy lewe te betaal nie. Laat dit nou anders om gewees het….. wys jou net
Sterkte aan die pa en dankie dat jy die waarheid gedeel het – die waarheid wat die media en koerante net probeer toesmeer.

Buks ·

Waar is die vriend en is dit dan n wit vriend, ruik n rot. Die bestuurder van die golf het nie soos n blanke opgetree nie. My opinie is dat die Pierre nie geweet het dat die golf gesteel is nie. Pierre moes baie dom gewees het as hy n golf van iemand plaaslik steel waar almal hom en sy ouers ken en dan hom self in n doodloop straat vas ry, hy ken tog die dorpie en al sy straate. Dan besluit om nie te hardloop nie maar liewer te onderhandel. Waar is die vriend hy weet die mense wat in die texis is onderhandel nie hulle maak jou dood as jy iets van hom steel.

Johanné ·

Net soos wat die staat gastehuise en kleuterskole wil toemaak, moet ons die staat dagvaar vir elke moord onder ons, want net soos wat die gastehuise die reg het om te huisves wie hulle wil, het ons ‘n reg om te LEEF in die land waar ons belasting betaal. Dit kos net een familie om die staat te dagvaar vir moord en die saak te wen. Dan gaan jy sien hoe vinnig word daar iets aan die moordenaar gedoen. Dan sal die doodstraf seker inkom.

Vlooiq ·

Al wat ek sê is doen die selfde an hulle of nog erger dis al hoe jy ń hond leer wats reg of verkeerd ek bly ń boer en is trots daar op..Ek dink an daai grain dit moet baie erg wees my gebedde gaan uit na hulle toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.