Jongman sterf in jagongeluk: Moord nou ondersoek

Argieffoto

Argieffoto ter illustrasie

Die saak van ʼn jong plaaswerker wat Saterdagaand tydens ʼn vermeende jagongeluk op ʼn plaas in Limpopo doodgeskiet is, is verander van strafbare manslag na moord.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê ʼn 39-jarige man is intussen in hegtenis geneem en speurders van die provinsiale polisie het die ondersoek by die plaaslike polisie oorgeneem.

Die man moet Maandag in die Modimolle-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Maroela Media het Sondag berig die voorval het op ʼn plaas in die Tuinplaas-omgewing, suidoos van Modimolle (Nylstroom), plaasgevind.

“Die man en ʼn vrou het omstreeks 20:30 uitgegaan om bosvarke te jag. Hulle het na bewering iets hoor beweeg en die man het in die rigting daarvan geskiet,” het Mojapelo gesê.

Volgens Mojapelo het die man en vrou in die rigting waarin die man geskiet het, geloop en besef iemand is raakgeskiet, waarna die polisie ontbied is.

Die man is op die toneel dood. Daar is beslag gelê op die vuurwapen en dit is vir ballistiese toetse gestuur.

“Later is vasgestel die man is ʼn plaaswerker op ʼn buurplaas. Sy naam kan eers bekend gemaak word sodra al sy naasbestaandes in kennis gestel is,” het Mojapelo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

51 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pietser

Dolus eventualis. Hallo, Oscar.

verdwaal

Mag ek vra, wat het hy op n buurplaas gesoek? Hy hoort mos nie daar nie? Logies as mens dan iets hoor dat mens dink dit n bosvark? Ek bedoel, mens is op jou eie plaas man magtig, en dan verwag mens nie onwettige betreders nie, dis die persoon se eie skuld, bly weg van ander mense se eiendom af, dalk n goeie waarskuwing, en dan weet mens nooit wat hy daar gesoek het nie? Nee, wat, laat dit sommer n duidelike waarskuwing word vir persone wat so graag rondloop op ander mense se eiendom, en dan nog iets, as… Lees meer »

skorra

Tragies, maar van ‘n BUURplaas om WAT daar te doen??

Savethetigerplz

Ek stem

Ella

Regtig “Verdwaal”? Dit is TEEN die wapenwet om net te skiet! Nee genade mens skiet mos nie wild en wakker as jy nie eers sien wat jy skiet nie! As dit nou ‘n kind was wat doodgeskiet was, was jou opinie seker anders.