Jongman sterf in jagongeluk: Moord nou ondersoek

Argieffoto

Argieffoto ter illustrasie

Die saak van ʼn jong plaaswerker wat Saterdagaand tydens ʼn vermeende jagongeluk op ʼn plaas in Limpopo doodgeskiet is, is verander van strafbare manslag na moord.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê ʼn 39-jarige man is intussen in hegtenis geneem en speurders van die provinsiale polisie het die ondersoek by die plaaslike polisie oorgeneem.

Die man moet Maandag in die Modimolle-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Maroela Media het Sondag berig die voorval het op ʼn plaas in die Tuinplaas-omgewing, suidoos van Modimolle (Nylstroom), plaasgevind.

“Die man en ʼn vrou het omstreeks 20:30 uitgegaan om bosvarke te jag. Hulle het na bewering iets hoor beweeg en die man het in die rigting daarvan geskiet,” het Mojapelo gesê.

Volgens Mojapelo het die man en vrou in die rigting waarin die man geskiet het, geloop en besef iemand is raakgeskiet, waarna die polisie ontbied is.

Die man is op die toneel dood. Daar is beslag gelê op die vuurwapen en dit is vir ballistiese toetse gestuur.

“Later is vasgestel die man is ʼn plaaswerker op ʼn buurplaas. Sy naam kan eers bekend gemaak word sodra al sy naasbestaandes in kennis gestel is,” het Mojapelo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Nettie ·

Ja almal wat so gejuig het oor Oscar se skuldig bevinding , hier is die gevolge! Elkeen wat nou n oordeels vout maak en veral as jy wit is gaan van moord aangekla en skuldig bevind word.

Karma ·

Dolus eventualis …. ja, nè? Die aangeklaagde moes dus kon voorsien dat ‘n ander persoon deur sy optrede beseer of gedood kon word – wie verwag ‘n vreemdeling daardie tyd van die nag onder/agter ‘n spul bosse op jou plaas? Wat het hy daar kom maak? Sekerlik nie kom tee drink of in die bosvarkjag kom deel nie, of spekuleer ek nou? Nee, maar nou sal dit mos weer as ‘n rasse-voorval uitgemaak word.

verdwaal ·

Mag ek vra, wat het hy op n buurplaas gesoek?
Hy hoort mos nie daar nie?
Logies as mens dan iets hoor dat mens dink dit n bosvark?

Ek bedoel, mens is op jou eie plaas man magtig, en dan verwag mens nie onwettige betreders nie, dis die persoon se eie skuld, bly weg van ander mense se eiendom af, dalk n goeie waarskuwing, en dan weet mens nooit wat hy daar gesoek het nie?
Nee, wat, laat dit sommer n duidelike waarskuwing word vir persone wat so graag rondloop op ander mense se eiendom, en dan nog iets, as ek op my eie plaas sou gestap het, en ewe skielik sien ek n persoon wat nie daar hoort nie, kyk hoe veel plaasaanvallle is daar, dan sou ek dalk geskiet het, sonder dat ek besig was om varke te jag, deesdae is dit ek of jy. Se maar net.

Vic ·

Sjoe. So as ek nou by my buurman gaan kuier, dan is ek onwettig op sy plaas en hy kan my skiet?

Assies ·

Vic … ek weet nie van jou nie – maar gewoonlik gebruik mens die pad en die hek as jy by jou buurman gaan kuier – en klim nie deur die draad nie – en as ek reg verstaan – het hy nie by die buurman gaan kuier nie? Want dan sou die buurman hom dalk nie raakgeskiet het nie? Toe ek laas gekyk het – is dit onwettige betreding – om sommer so deur die draad te klim sonder dat die eienaar van die grond van jou bewus is? Maar ja .. deesdae is die beskuldigde onskuldig en die een wat sy eiendom beskerm skuldig!

Karma ·

@Vic, as jy by jou buurman gaan kuier het, sou julle in die huis gewees het of om die braaivleisvuur gesit het. Jy sou nie agter/onder ‘n spul bosse gestaan en wegkruip het nie.

Ella ·

Regtig “Verdwaal”? Dit is TEEN die wapenwet om net te skiet! Nee genade mens skiet mos nie wild en wakker as jy nie eers sien wat jy skiet nie! As dit nou ‘n kind was wat doodgeskiet was, was jou opinie seker anders.

Nee Ella ·

Jy ken seker nie ‘n plaas en bosvark skiet nie ne? Wat se vuurwapenwet se jy mag nie in die rigting van ‘n bosvark op JOU EIE PLAAS skiet nie? Speel jy nou weer die slagoffer kaart? Die man hoort nie daar nie .dit was ‘n ONGELUK!

Verdwaal ·

Nee, my standpunt bly dieselfde, wat sou die kind daar gesoek het?
Mens leer mos jou kinders ordentlik om nie sonder kennisgewing op vreemde eiendom rond te loop nie?
En ja, dit is wat ek wat ses kinders het gedoen het, myne is nou groot, maar as hulle nog klein was sou ek seer sekerlik ingelas het, want anders word jy geskiet!!!

danie ·

Mens skiet nie net in n rigting sonder dat jou teiken ge identifiseer is nie. Dis die wapen wet en dis baie duidelik. En nee ek het nog nie bosvarke in die aand gejag nie. En hoe weet jy dis n bosvark in die bos as jy hom nie kan sien nie.

Aster ·

Wat soek die buurman se plaas werker op hulle grond daai tyd van die nag!!?

Johan ·

Ek stem saam met jou verdwaal. Daars elke week gru plaasmoorde.wat soek die man op privaat eiendom dai tyd vani aand

Renier Lubbe ·

“Dollos Eventually” sal hier geld. Eventually sal hulle agterkom dat daar geen opset was om die man te dood nie.

Alida ·

Shoe, die ware feite is nog nie eers bekend nie en die “slim” mense lewer al kommentaar.

Leon ·

Ek het iets hier gemis was die beskuldige verklaring op een of ander manier hier aan die publiek gegee om te lees Ek is net bly die persone wat hier kometaar lewer is nie beskuldige se regs hulp nie

Pietser ·

Wat die slagoffer op die plaas gedoen het, is nie hier te sake nie. Hier is ‘n mens doodgeskiet en die oorledene het niemand se lewe (onmiddellik) bedreig nie

Hallo ·

Wat die slagoffer op die plaas gedoen het is ter sprake.As hy nie onwettig op die plaas was nie het hy nog gelewe.

Pieter ·

Oscar het ook gedink daar is iemand onwettigs in die toilet, hoe het dit toe vir hom uitgewerk?

Christo ·

20:30 in die aand? Op n ander man se plaas waar hy nie hoort nie… Daai man het ander planne gehaat, Sterkte aan die boer wat nou sy onskuld moet bewys a.g.v n persoon wat in die donker van die nag onwettig op sy grond loop.

cor ·

Die man en vrou het uitgegaan in die donker, dit is moeilkheid soek en hoe kan jy sonder ‘n skerp lig net wil skiet vir hulle self oneindige probleme geskep . Hoeveel danssende en skreuende mense met plakate is daar vanoggend by die hof, sal graag wil weet want nou word dit weer ‘n politieke stotie met rassime ingesluit.

willie ·

Dis hoe mens bosvark jag – hulle is skelm en laat spaander sodra hulle ‘n lig sien…..Ek is net dankbaar dat ek nog net bosvarke so doodgeskiet het en nie een van my bure se betreders nie. . Sal nou maar gif uitsit vir die bosvarke.

Jean ·

Daar staan duidelik JAGONGELUK, nou word moord ondersoek. Vreemd dat wanneer ‘n wit persoon per ongeluk sy vriend op ‘n jagveld skiet, dit nie naastenby soveel MEDIADEKKING geniet soos wanneer ‘n WERKER raakgeskiet word nie. Plaaswerker van ‘n BUURPLAAS? Wat soek hy op die man se plaas in die aand? Oe dit sal nou weer ‘n rassistiese haataanval wees en stokke met babas gaan nou weer oral rondgeswaai word en die DA gaan weer videos post met manne met klippe wat vir die boer om die hoek wag. STERKTE aan die boer, jy sal die beste advokate moet kry .. hierdie “plaaswerker” wat jou grond onregmatig betree het en PER ONGELUK geskiet is, sal jou baie duur te staan kom. So jammer vir jou !

Ljl ·

Om my plaas is daar ń 3m elekriese heining met ń wag,met groot borde wat lees privaat eiendom,dus die plek behoort nog aan my en as iemand oortree moet hy maar die gevolge dra,wat meer moet ek doen om my plek te beveilig,die hekke oopmaak en dorp toe trek.Julle wat so baie te sê het kom slaap op ń plaas vir ń week lank dan praat ons weer.Sterkte aan almal wat op plase bly ek bid vir julle

humor ·

Ja nee wratig Leon dit lyk my sommige mense op die 18 de verdieping wat nog nooit uit die stad was nie lewer ook hier soos kenners kommentaar en ek sal hulle ook nie graag as regshulp wil gebruik nie.

cor ·

Jy hoef nie op die 18 of 99 ste vloer te bly nie ook nie eers onder die boom in jou agterplaas in die stad te sit met scotch in jou hand nie, enige regdenkende mens kan sien waar heen hierdie ongelukkige voorval beweeg. Die plaas eienaar het ook nie een van julle gevra om hom te verdedig nie hy sal sy eie regsverteenwoordiger aanstel

Pietser ·

Hierdie ou gaan in die donker uit en skiet na ‘n teiken wat hy nie vooraf kan identifiseer nie. Uiters onverantwoordelik. Hy gaan definitief sit.

JJ ·

Pleks dat hulle dit net eenvoudig nie aangemeld het nie!? Nou is hulle in diep water oor n persoon wat in die eerste plek onder verdagte omstandighede daar was. Ons almal weet van die DAAGLIKSE moorde wat plaasvind op plase.

Nel ·

Pietzer dit is algemene kennis dat bosvarke anders as vlakvarke snags rondloop en dis die tyd wat hulle dan gewoonlik ook gejag word. So dit is heel moontlik dat dit net ‘n ONGELUK was – verkeerde plek, verkeerde tyd.

Regshulp ·

Liewe Jagter en vroutjie, kry vir jul goeie regshulp, lees en steur jul nie aan kommentare nie, dit is in elk geval net opinies, nie wat in ‘n regte hof gebruik word nie! Nettie ek stem saam met jou, hoop die klomp voel nou heerlik, tot dit met hul familie gebeur en met die situasie nou – elke dag moorde en aanrandings van woonstelle, huis, plotte en plase is niemand gevrywaar nie!!!!! Ek is nie ‘n voorstander vir blindelings skiet nie, maar hierdie Jagter se storie klink vir my opreg en ek sal graag sy hand wil vat!!!!!

Renette ·

Hy sal seker ook nie borg kry nie, en as hy kry een of ander mal bedrag. Die klomp wat die boer in Bethal wou vermoor met opset is op waarskuwing uit

Albert ·

Hierdie hele storie ruk weer uit verband uit en word weer ‘n rasse voorval, hoekom word op die radio nie gese van al die plaasaanvalle nie, en Pietser glo my daardie boere het ook nie hulle aanvallers se lewe bedreig nie

Jan ·

Saterdagaand was volmaan. Met volmaan is daar gewoonlik n toename in veediefstal.

Willie ·

Baie raak observasie Jan. Volmaan is ook die beste tyd om bosvark te jag in my ervaring.

Anoniem ·

Ons kan nie afleidings en gevolgtrekkings maak oor die aangeleentheid nie. Net so het onregmatige betreding van die plaas en plaasaanvalle niks hiermee uit te waai nie. Die rubriek handel oor ‘n bosvark jagtog waartydens ‘n persoon doodgeskiet is. ‘n Jagter moet ten alle tye die prooi duidelik kan identifiseer alvorens daar geskiet mag word en kan nie blindelings in die rigting van iets skiet wat nie positief ge-identifiseer is nie. Dit is hoe die Wet en jag Ordonnansies dit stipuleer.

Hahahehehiehie tjietjie skerp ·

Skerp ou Bosvark! Ten minste kan mens bietjie lag, die arme man kort dit, hy meot nou regshulp inhuur en word gearresteer omdat iemand op sy plaas onwettig en op die verkeerde tyd was. Ek meot hom egter komplimenteer, hy skiet flippen goed vir so wild in die bos.

Denise ·

Wat sluip jy op n ander se plaas rond daardie tyd van die aand wie gee jou die reg om op ander se privaat eiendom te kom loop ek sal dit nie waag nie !!!! Jy het nie daar gehoort nie so hoekom onskuldige mense wil blameer het mens dan geen reg meer op jou eie grond nie hel moet die man nou op die dak gestaan het en uitbasuin het hy gan nou Bosvarke jag !!!! Ek dink nie so nie dit is sy grond!!!!!

Lou ·

Mens kan nie in die donker op iemand anders se plaas rond-dolus nie.

Nico ·

Vir die wapen kenners wat sê jy moet weet na wat jy skiet! As jy jag, en skiet mis. Weet Jy wat jou ronde gaan tref? Op n plaas. 1 km anderkant die bok in die veld?

Derek ·

Nico, jy is veronderstel om dit in ag te neem, anders voel ek nie jy is bevoegd om ‘n vuurwapen te besit nie. Niks met wapen kenners te doen nie, eerder gesonde verstand (common sense) en basiese bedagsaamheid. Bouers gooi nie blindelings bakstene van geboue af in strate waar mense dalk kan loop nie. As jy nognie ‘n koeël wond aan ‘n mens gesien het nie, gaan Google dit.

Nico ·

Derek ek neem aan jy skiet net na bokke wat voor n wal staan. Dis hoekom daar nie 20 jagters almal in n rigring op n plaas in gaan en gaan jag nie.

Tolsie ·

Maar net my 5c….wat as die oorledene by die boer se werkers wou gaan kuier het? Hul kuier oor en weer en vat kort pad deur drade en veld. Jy kan nie net skiet as jy iets hoor nie!!! Die wapenwet se pertinent jou lewe moet bedreigd wees. Jammer om te se maar die ou sal vir Gerrie Nel moet kry!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.