Jongman sterf in jagongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jongman is Saterdagaand tydens ʼn vermeende jagongeluk op ʼn plaas in Limpopo doodgeskiet.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die voorval het in die Tuinplaas-omgewing, suidoos van Modimolle (Nylstroom), plaasgevind.

“ʼn Man en ʼn vrou het omstreeks 20:30 uitgegaan om bosvarke te jag. Hulle het na bewering iets hoor beweeg en die man het in die rigting daarvan geskiet,” het Mojapelo gesê.

Mojapelo het gesê die man en vrou het in die rigting waarin hy geskiet het geloop en besef iemand is raakgeskiet, waarna die polisie ontbied is.

Die man is op die toneel dood.

“Later is vasgestel die man is ʼn plaaswerker op ʼn buurplaas. Hy is of 23 of 24 jaar oud en is na bewering per ongeluk doodgeskiet, aangesien die jagters hom verkeerdelik vir ʼn dier aangesien het.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die vuurwapen is vir ballistiese toetse gestuur.

Lees ook: [Opvolg] Jongman sterf in jagongeluk: Moord nou ondersoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Anoniem ·

Miskien moet die man net gekyk het voor hy skote afgevuur het my hart gaan uit na hom maar dit gaan hom nou baie kos

Bosveld g ·

Ken eers bosvark jag, praat dan. Plaas hy op sy plaas waar hy hoort bly…

Rina Coetzee ·

Kan jy nou meer? Om 20h30 skyn die son nog helder…of hoe verstaan ek jou bedoeling nou?

Sus ·

Rina Coetzee in Nylstroom is dit die tyd van die jaar om half nege die aand al pikdonker.

Cherokee ·

Bosveld g, ‘n forum soos hierdie is nie plek om te probeer indruk maak en dan boonop onder ‘n skuilnaam. Anoniem se kommentaar is sinvol maar ek rapporteer joune met die hoop dat dit verwyder sal word.

Cherokee ·

So Sus, dan is dit júlle wat die elektrisiteitstariewe so opjaag!

My bloed kook ·

My bloed kook vir meer as 1 rede – swak komentaar oor die man se skiet vernuf. Varke verniel die laaste groen op elke plaas, dit is droogte mense en wat de duiwel soek daardie jong man daardie tyd van die aand op n ander man se plaas? Dalk kom die waarheid nog uit, dalk het hul n aanval op hul afgeweer! Hulle het al die regte goed gedoen, skoot op te volg, Polisie & nooddienste en belangrikste verantwoordelikheid geneem! Liewe man & vrou, baie sterkte, mag jul kalmte, gemoedsrus en regte regshulp asook n eerlike opregte regter kry.

Pietser ·

Bosvark of te nie jy moet darem doodseker maak van jou teiken voor jy skiet. Klink maar vir my na nalatigheid. Kan dalk moord ook wees. As hy nie behoorlik geweet het waarna hy skiet nie is die vraag of hy kon voorsien het dat hy ‘n mens in daardie situasie kon doodskiet (dolus eventualis). Oscar se maatjie.

My bloed kook ·

Jy het ‘n punt beet Pietser, maar daar kort ietsie, met of hy kon voorsien het dat hy ‘n mens kon dood skiet – dit is half 9 in die aand en daar is nie mense, dit is sy plaas………. so hy sou nie kon voorsien het dat dit ‘n mens kon wees nie, hy het ‘n bosvark probleem, nie mense nie, dit is nie sy huis, ‘n woon area of woongebied nie!!!!! Goeie regshulp aan die jagter sal dit kan uitwys, as mense nie oortree en moor op ander se gebied nie, sal sulke goed nie gebeur nie!!!!! Dink jy werklik die man het kom tee drink half 9 in die aand???? Indien die Jagter vermoed het dit is ‘n inbreker verander dit die prentjie na Dolus entualis toe, maar dit is duidelik van die begin af dat hy bosvarke gaan jag het en die geritsel aangeneem het as ‘n vark en nie ‘n mens. Verder het hy dadelik die regte dinge gedoen en nie gehol/ontken nie. Ek verstaan ook nie jou absolute uitgaan om die man skuldig te bevind voor ‘n hof eers na hom geluister het nie.

Jannie ·

Wat soek die buurman se arbeider daai tyd van die aand in die bos op die buurman se plaas. Nie werk nie.

Jaco ·

Waar het die ou sy vuurwapenlisensie gekry? Een belangrike beginsel is dat jy ‘n vuurwapen net rig op ‘n teiken wat jy absoluut seker is jy wil dit skiet. Jy moet voor jy die wapen rig, seker maak van jou teiken.

MissDemeanor ·

Ek stem saam Jaco. As mens nie kan sien waarna jy mik nie, dan moet jy aaneem dat jy miskien na n mens…

Lila ·

Dit is seker die regte vraag om te vra Jaco.. maar wat op aarde soek die buurman se werker op die buurplaas half 10 die nag? Daar hoort mos nie mense in die bos te wees nie, en niemand sou kon voorsien dat daar iemand in die bos sou wees nie.. dus is opset uitgeskakel.. maar realiteit het my die afgelope paar jaar geleer dat as daar om 9:30 snags mense in jou veld / bos rondloop daar heelmoontlik ‘n aanval tussen 1:00 en 3:00 AM mag wees.. en gewoonlik ‘n Maroelamedia berig so 5 tot 10 ure later van nog ‘n boer wat vermoor is.. Ons kan nie verseker sê dat dit hier die geval is nie.. al sou die statestieke ook dalk ‘n ander uiteinde voorspel.. Dalk het karma ‘n draai kom maak, en boontjie sy loontjie gekry.. hoe sal mens nou ooit weet!?

Pik ·

Stem saam kyk voor jy skiet maar wat soek jy op n ander plaas daai tyd van die aand

zahn ·

Hoekom het die persoon wat per ongeluk geskiet is, dan nie sy mond oopgemaak en iets geskree of enige poging aangewend om homself te identifiseer as mens nie? Redelikerwys kan ons dan aanvaar dat hy geweet het hy is op die verkeerde plek, en die skelm ding probeer doen het deur weg te kruip of stilletjies weg te kom. Jag ongelukke is presies dit, ‘n ongeluk. Moenie sommer oordeel nie, ons het nie al die feite nie. Alle simpatie aan die jagter.

wilma ·

Nou wee helse drama maar was dit andersom was dit okay. Dan het polisie nog na moordenaar gesoek en weer nix van gekom

Annie ·

Hoe skiet enige mense na iets wat jy nie kan sien wat dit is nie … wat het van skietligte geword?

Darius ·

Lees mooi, of probeer verstaan… Bosvarke is gejag. Hulle is nie so springhase wat vir lig uitkom nie. Hulle is eintlik peste vir boere, dus word hulle in die nag gejag. Vra eerder wat die buurman se werker in donkernag op hulle plaas doen!? Dis meer verdag as om te wag en kyk op wat jy skiet. Die man was nie veronderstel om daar te wees nie en is dus ook nie verwag dat ‘n nie-dier daar sal wees nie.

P.C. kemp ·

Bosveld ek stem. Om bosvarke te jag is n ander storie. Hy val jou maklik aan

AL ·

Die plaaswerker was n betreder op die boer se plaas. Dit is net so goed my buurman se tuinwerker is in my werf waar hy nie hoort nie.

Christel ·

Hy het dalk maar net by een van die ander werkers kom kuier. Was bloot op die verkeerde tyd op die verkeerde plek.

Pietser ·

Wie se hy was ‘n oortreder? Jy maak weer wilde afleidings wat heeltemal ongegrond kan wees.

pieter ·

Julle is darm ma gou om kritiek te lewer!!!!!…tot dit jy is wat n fout maak.

Moerby ·

Kyk die beste is om die Einstein-kommentaar te lees. Rina vat die koek. In watter halfrond bly jy Rina.? Uit die aard vd saak neem ek aan jy lewer kommentaar uit die Kaap iewers, half 9 kan nog so straal of wat skyn daar (hierdie tyd vd jaar), maar Limpopo se rigting sal dit nie meer die geval wees nie.
Dan die man op die plaas wat nie daar hoort nie. Jag self eers bosvarke en lewer dan kommentaar …

willie ·

Absoluut onbewustelik! Nou sal daar weer ñ voorbeeld van die arme man gemaak word terwyl plaasmoorde wat bewustelik gepleeg word net voort gaan! En wie oordeel so vinnig, die fools wat nie van beter weet of wil weet nie! Hartseer

Rachel Kapp ·

Sue! Dit hoef nie noodwendig net in jagseisoen gebeur nie. Die plaas behoort aan daai boer en hy het die volste reg om iets wat ñ pes is op sy plaas van kant te maak….

Uys ·

As jy op jou eie plaas woon en die plass is omhein en die plaas is vrygestel mag jy die hele jaar lank jag of Bosvarke uitskiet.

Ihs ·

Stem nie saam nie. Dit hang af van die hoogte van jou draad ens. As jy nie permit het om in die nag te jag nie mag jy nie eens jakkels in die nag of enige wild skiet nie. Toe die polisie nog geld gehad het, het hul helikopter maklik kom land as jy met naglig rondry. (Noord-Kaap) Ons het springhase geskiet, jy los hom net daar.

Regtig ·

Eish Sue jou kommentaar vat die koek! As mens nie mooi wetie, vra maar eers rond voor jy Forum!

Jan S ·

Ek verstaan bosvarke maak boere groot skade, en dat hulle boonop moeilik is om te jag. En nee, die plaaswerker het baie waarskynlik nie daar gehoort nie. Maar steeds, jy kan nie skiet as jy nie weet waar jou koeel gaan stop nie. Dis anders as ‘n hulle vorm soos ‘n bosvark in die bosse sien beweeg het en dan geskiet het, dit klink meer waarskynlik as die stelling dat hulle bloot op gehoor geskiet het.

Ja nee ·

Jan ek stem saam met jou, kyk vark jag is vark jag, n geritsel klink soos n vark,soos iemand genoem het hy sal jou sommer aanval. Indie die jong man hul bekruip het of weggekruip het, het hy natuurlik gedink dit is vark se kind. Verder wil ek vir hierdie jagter opkom, as hy enigsins n idee gehad het dat n mens soos vark gaan ritsel of skrop, sou hy beslis nie geskiet het nie, met sy optrede agterna vewys dit, dit is n verantwoordelike persoon – verder kry ek al meer respek vir hom, hy is eerlik, hy kon kortpad gevat het en gese het die man het hom bekruip en hy het gevoel sy lewe is ingevaar, kyk maar plaasaanvalle is daaglikse gebeurtenis nou. Kry vir jou goeie regshulp!

chrisp ·

Beide punte dra water.
Ek skaar my egter by die persone wat se dat jy moet weet waarnw jy skiet as jy skiet .’n Ongeluk gebeur en dit is duidelik uit die skrywe dat dit hier die geval was wat jammer is aan beide kante.

Ek het baie bosvarke gejag en doen nog steeds daarom verstaan ek die ongeluk dalk beter as mensie wat nie die diere ken nie. Dit sal goed wees om die situasie waarin dit plaasgevind het te ken om regtig tot ‘n konkrete slotsom te kom.Soos bv het hulle varke gesien wat in die bos gehardloop het,is ‘n vark gekwes ens? Indien daar geen varke naby was of gekwes is nie is dit bloot nalatigheid.Verder ook weet ons nie wat die man se rede was om daar in die nag te loop nie. Dit kan van sover as ‘n plaasaanval strek tot by dat hy in nood was of iemand in nood was en hy hulp wou vra.

Ons weet bloot nie.

Dirk ·

Die arme man waneer gaan hulle leer dit is 2017 geen persoon loop meer op lemand anders se grond wat nie daar hoort of toesteming het nie die risiko is net te groot veral in die nag. n Bosvark storm net en is baie vinnig en gevaarlik.

Marius Viviers ·

Op ‘n plaas in die nag, ek sou ook nie ‘n mens verwag het nie. Dit was ‘n tragiese skiet ongeluk.

Magdaleena ·

Ek vra ook wat soek hy daar en as hulle hom aspris geskiet het sou hulle nie die polisie gebel het nie hulle sou van hom ontslae geraak het so moenie altyd n ding se voor jy gedink het nie.

Simon ·

Julle kan spekuleer of dit net n jag ongeluk was, of wat die ou op die plaas gesoek het Donderdag en as.
HELP alles niks.
Iemand gaan aangekla word en tensy hy n baie goeie verdedig in kan voorlegging is daar moeilikheid.

Ben Prinsloo ·

Dit is baie duidelik dat die meeste van die kommentaarlewers ken nie die wet, omstandighede, sonsondergang in die bosveld, bosvarke of bosvarkjag in die maanlig nie. Maak seker dat jy weet waarvan jy praat voordat jy kommentaar lewer. Wat soek n vreemde persoon in elk geval op iemand anders se plaas, wag dalk wou hy net die boer gaan vra vir drinkwater, seker was hy dors.

ph ·

ek dink nie die die werker wou kom koffie drink het nie wat soek hom 20:30 op jou grond deesdae kan n mense nie kanse vat nie iemandhet wel sy lewe verloor maar wat soek hom op daai plaas as hynie daar behoort nie . As hy nie op daai plaas werk nie hoort hy glad nie daar sonder toestemming van die eienaar van die plaas nie dis net soveel beter en goeie manniere as piet wat by die bure werk vir koos wil kom kuier en dan kom vra baas mag ek by koos kom kuier rede daarvoor is gebeur daar iets of jy gaan soos in die geval en jy gaan jag in die nag ongediertes dan weet jy jy moet versigtig wees wat buurman se werker is hier by koos .. klaar

Scalla ·

Dit is baie moeilik om in die donker te onderskei tussen mens en bosvark, beide word beskou as gevaarlik en kan groot skade aanrig, wat het die man daar gesoek?

m ·

Ongelukke gebeur maar hier sal seker weer een groot rasseherrie gemaak word.

jean ·

Bosvarke vernietig plase sommer gou gou,maar die vrag is wat maak n plaaswerker van die buurplas half 9 die aand op n ander plaas?…Wel hulle jag gewoonlik die buur plaas se wild met strikke dit kos boere miljoene elke jaar, ja die man moes gekyk het waar hy skiet en wat hy skiet en hy was ook in die verkeerd .

Leon ·

Wanneer jy iemand se lewe neem neem die wet oor en die eerste aanklag is moord al is dit met n voertuig ongeluk ,werks ongelig of skiet ongeluk en die prosefure jy moet in hegtenis geneem word en voor die hof veskuin ek glo nie een van ons het hierdie persoon wat vergesel was deur sy vrou se verklarings gelees om uitlatings te maak nie dit wat hier gese word is vir my uitlatings wat on gegrond is maar tipies mens ek wonder net hoeveel is hier wat jagters en vuurwapen eienaars is en die wet toepasing proses ken ek dink maar weer eens kom ek se iets om verkeerde sienings uit te lok Sterkte vir beskuldige die saak is moelik maar met die regte regshulp en waarheid van voorval sal die reg sy uitspraak doen

Peet J ·

Inagnemende hierdie “kriminele tyd”waarmee ons te doen het behoort die slagoffer van beter te geweet het om nie vreemde grond te betree, sonder vooraf toestemming van die eienaar nie en boonop als nog in die bosse rond te dwaal nie.Volgens my sienswyse is hy 100% skuldig aan sy foutiewe optrede en dat hy daardeur sy dood veroorsaak het.

Lititia kruger ·

Ons skiet nooit in donker. Serwituut op plaas en kanse dat ons bure se werkers kan skiet is baie groot. Ja ek weet beste tyd in aand. Maar het al helder oordag in bosvarke op plaas vasgeloop

humor ·

Kom ons regters speurders en advokate wat nie daar was nie en net so min in die donkerte kon sien se nou maar vluit, vluit my storie is uit. Al die bespiegelinge en sensasie sal ons niks verder bring nie.

Chris ·

Moeilik om kommentaar te lewer. Daar is drie kante aan die waarheid hier. Daar is ook “te veel” skietongelukke waarvan mens hoor. Ek het een keer in ‘n groep gaan jag. Dit was die eerste en laaste keer. As ek deesdae jag gaan net een persoon saam, en hy loop saam met my waar ek hom kan sien. Tragedies gebeur gouer as wat mens dink.

Bosvark ·

Ek jag al vir oor die 18 jaar bosvarke en julle greenies en “wapen kenners” weet nie wat dit behels om n bosvark te jag nie. Seker 80% van die mense wat hier geantwoord het skiet bok. Mense n bosvark is n vreeslike agresiewe dier wat nie sal skroom om op jou af te pyl en jou voete onder jou uit te haal nie. Ek is self van die beskermde wild onder ons want ek woon op die plaas. As ek vir n feit weet en verstaan my nou mooi. Ons het nie nie blankes wat op die plaas woon nie so as ek half 9 die aand gaan loop vark skiet en die bos ritsel sal ek ook skiet vir die simple rede n vark gooi nie oog nie en wei teen 120km/h as jy hom gewaar. daar is geen rede hkm ek nie sal skiet nie want volgens my en my sekuriteit doen en late moet daar niemand wees nie. Kan dit weer n statestiek gewees het dat mits hulle nie varke loop jag het nie die boer gejag sou word. Kom sit jouself in n boer se skoene vir 1 week jy sal so gou na jou huisie in die stad hol en 4 sekuriteits maatskappy kontak om jou op te pas. Ons boere kyk nou na ons eie veiligheid want daar is nie hulp vir ons aleen op n plaas 30km weg van jou naaste bure nie. Dis my potjie kunsmis vir die dag.

WitBlits ·

Volgens News24 het hulle vlakvarke gejag en definitief is hul gedrag heelwat anders as bosvarke s’n, maar in elk geval gaan dit nie saakmaak nie as die magistraat na die pligte van ‘n wapeneienaar kyk nie.

Fransie ·

Ek stem saam My bloed kook. Steeds kry jy boere met oogklappe en mense wat hul monde rek in so geval wat nie eers op n plaas bly nie. Daardie werker het niks uit te waai daardie tyd op daardie plaas nie en nog minder die buurman se werker. Wie se hul het nie n aanval beplan nie. Die mense lewe so in vrees op hul eie plase en die boer moes verseker geweet het dat sy eie werkers nie daardie tyd daar moes wees nie. Ek se ook sterkte aan daardie man en vrou, want dit nou maklik om te se poging tot moord, maar as n boer vermoor word, kry die moordenaars 2 dae gratis kos en verblyf in die tronk en dan hul weer op straat, maar laat n wit man nou terugskiet. Dan word als uit verband geruk. Ek kan jul nou n brief gee dat geen boer gaan wag tot die teiken by hom gaan kom voor hy gaan skiet nie en hy gaan ook nie half 9 in die aand vir skiet oefeninge nie. Daardie werker het nie daar hehoort nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.