Jongman sterf in mesaanval op Clifton-strand

Clifton Foto: wallpaperweb.org

’n Man is dood en sy vriend ernstig beseer nadat hulle Saterdagaand op Clifton se Derde Strand in Kaapstad met ’n mes aangeval is.

Lt. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 21:30 plaasgevind.

Volgens Traut het verdagtes die twee mans beroof waarna albei met ’n mes gesteek is.

Een van die mans, vermoedelik in sy 20’s, het in die voorval omgekom, terwyl die ander man vir mediese behandeling in ’n hospitaal opgeneem is.

Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

wilma ·

wili klippe gooi maar mense sal moet besef in afrika kan niemand donker opi strande wees nie. die tyd dat jongmense hul lewe kon geniet is verby want die govt is ni ernstig oor misdaad. hul praat net ma doen absoluut nix. ASB MENSE VERSTAAN TOG DIE GOVT SE BANKREK IS WAT VAN BELANG IS VIR HUL

Swart Skaap ·

As toeriste nie eens meer op die bekenste strand in SA veilig is nie ?
Daar is baie mense wat 22h00 nog sit met vriende op Clifton en Kampsbaai se strande.
So nou is dit ook verby ?
Ongelooflik

Hannetjie ·

Wilma so se ek ook….mens verstaan dit is ‘n vakansie.. en behoort veilig te wees….maar ons woon in Donker Afrika, en daarom glad nie veilig nie..nie eers in jou eie huis nie Medelye met oorledene se geliefdes

Michael P ·

Nerens veilig nie nie eers meer op n gesogte strand nie Ai Ai

Adriana ·

Is daar nie mense wat patrolleer nie?
Een v d dae is die toeriste daar en mense wat kom skaap slag.
So wie gaan patrolleer?

dmeyer ·

Janee hierdie is n baie logiese gevolgtrekking. Ons weet met wie en wat ons hier in Afrika te doene het.

KrokodilBotha ·

Kaap maak reg vir die vakansie seisoen. Moenie gaan swem of berg toe gaan nie. Jy sal geroof word.

Japsnoet ·

Moordenaars weet die regstelsel gaan hulle beskerm en van regsverteenwoordigers voorsien sodat hulle nie hul vryheid moet verloor nie. Dan kan hulle weer voortgaan totdat hulle dalk gevang word, dan help die regstelsel weer, en so gaan dit voort.

schaun ·

Die feite is so vaag ek weet nie regtig wat gebeur het nie.

Dis Nou ·

Uitstekende land om in te toer – nooi almal in die buiteland!!! Dink net hoe baie geld gaan dit vir toerisme inbring

Sven ·

Buitelanders kan hul oorlewegingsvermoë hier kom toets. Indien hulle oorleef is hulle gereed vir ‘n kernoorlog.

Swartwolf ·

Moord geborg deur cANCer. Gee SA nog 5 jr. Dan is als verby – Zim 2, net baie erger.

aj ·

Jammer aan die vriende en familie oor die sterfte.

Neem ten minste pepersproei saam … ORAL waar jy gaan.

Verdedig jou SELF … niemand anders gaan dit doen nie.

Neels ·

Moenie worry nie, binnekort is Kaapstad in die ANC se hande. Dan sal dit weer goed gaan in die Kaap.

Antionette Boshoff ·

Jy is net Mooi nêrens veilig nie. Ek Gaan nie Meer uit in dieaande nie , is te bang ek word aangeval. Die misdadigers regeer ñ mens se lewe

Koos de Meyer. ·

As jy nie ‘n vuurwapen by jou kan dra nie, dra dan maar pepersproei. Messtekery lyk my kom baie voor. Die beste is moet nie in die nag buite loop nie.

Erick ·

Ek is ‘n Kapenaar. Julle moet sien hoe het die demografie en daarmee saam die atmosfeer van die V&A Waterfront verander…dit is regtig hartseer. Die Kaap is besig om handomkeer te verander.

Cherokee ·

Jy’s ‘n Kapenaar? En erken dit openlik? Hoop jy stem nie nog boonop DA nie!

Kerneels ·

Cherokee, moet Erick dan vir die ANC stem? ‘n Stem vir die VF+ in die Kaap sal die ANC versterk.

Johanna Botha ·

Moord dood en verkragting wag om elke draai met komplimente gebring aan jou deur die vrot anc

Christa ·

Ja die vlag beteken Mos ” goeie landsburgers Moet in tronke Bly sodat wetteloses Kan buite tronke Bly” jy Kan nie eers bedags buite waag nie, wat nog te se na skemer.

Antjie ·

Wou so paar jaar terug vir my n plekkie in Clifton aanskaf. Bly ek het nie.

SA - 'n Tragiese Misdaadhel ·

My innige simpatie aan die geliefdes van die persoon wat in die aanval gesterf het en die persoon wat beseer is.

Dit is nie net Kaapstad wat ‘n tragiese misdaadhel geword het nie. Pretoria is ook ‘n misdaadhel. Mense word by erg verwaarloosde besienswaardighede en erg verwaarloosde plekke van vergete belang aangeval en beroof. Pretoria se mense word daagliks in hulle huise aangeval en aangerand en geterroriseer. Die wrede huisaanval op die kunstenares Helena Hugo in September in haar huis in Pretoria het nie eers die koerante of nuus gehaal nie. Sy het ernstige beserings tydens die aanval opgedoen. Haar kunswerke was al uitgestal by onder ander die “Jeunes Artistes d’Afrique du Sud”, Vivienne Art Galerie, Paris” in 2013.

Sterkte aan almal in Suid-Afrika wat nog lewe. Trouens sterkte aan al die dapper mense in Suid-Afrika wat nog probeer en maar voortgaan om daagliks hulle swere en wonde as gevolg van misdaad moet lek. Want almal word geraak daardeur op die een of ander manier.

Michael P ·

SEKER die selfde as n onder korperaal in die ou weermag niks meer nie Poot.

SA ‘n misdaadhel nog 'n boer aangeval ·

…en (nog) ‘n boer is aangeval by Bredasdorp, ‘n pragtige Kaapse dorpie … Die geboortedorp van Audrey Blignaut.

Misdadigers en moordenaars het die hart van Suid-Afrika geweldadig uitgeruk en verorber die kloppende bloederige hart van Suid-Afrika met geslypte tande en gulsige slukke. Misaad, moord en doodslag regeer Suid-Afrika. Die Hemel Help Ons.

Nasie ·

Hou tog op karring oor die anc. Dit gaan nie oor ‘n sekere party, maar wel oor ‘n sekere nasie. Daar was ‘n rede vir toegangs beperkings en 9:00 fluite.

Koos ·

Ai, die DA se diellise beleid van vreemdeling INLOKKING, begin nou realiseer.
Zille en De Lill moet maar ma staan vir die sukses van die propaganda veldtog, dat daar mooi gesorg moet word vir die nuwe werklose immigrante, en als is wel.

AH ·

Ek is ook ‘n trotse Kapenaar. Die DA is nie perfek nie, maar beslis beter as die ANC. Ek kuier gereeld in Bloemfontein. Hierdie eens pragtige Rosestad het bykans onherkenbaar verander en is verskriklik vuil en verwaarloos. Die strate is vol slaggate, die sypaadjies word nie skoongemaak en onderhou nie. Vulleshope word oral in oop stukke grond aangetref en so kan ek aangaan……

Die misdaad is oral buite beheer en nie net in Kaapstad nie. Ek sal dus aanhou om vir DA te stem, want tenminste word ons paaie en strate in stand gehou. Mens moet ook op hoogte wees van watter plekke om te vermy – enige tyd of na donker soos almal wat in hoë risiko stede woon. Ek sluit maar die veiligheidshekke, bring die honde in en hoop vir die beste…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.