Jongman sterf in vliegongeluk

Die skermsweeftuig se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Jongman is Saterdagmiddag in ʼn vliegongeluk naby die Dunnottar-lugmagbasis aan die Oos-Rand dood.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê ʼn 27-jarige skermsweeftuigleerling se gemotoriseerde valskerm het omstreeks 17:30 in Marievale in Nigel, agter die lugmagbasis, neergestort.

“Die leerling se instrukteur was op die grond en het van daar af aanwysings gegee. Die leerling het beheer oor die skermsweeftuig verloor en neergestort terwyl hy opgestyg het,” het Tshilate gesê.

Die man is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Die Dunnottar-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die man se naam kan nog nie bekend gemaak word nie aangesien al sy naasbestaandes nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.

‘n Polisiebeampte by die skermsweeftuig se wrak. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fritz mulder ·

Ai jinne, so jammer om dit te hoor. Dit is so n mooi sport. Sterkte aan die familie. Gelukkig het hy gedoen waarvan hy hou.

Absoluut ·

Stem saam mt Fritz. Ouers, belangrikste, jul seun het gesterf met iets waaroor hy mal was. Hoop die ondersoek help om ander in die toekoms se lewens te red.

Maya Roon Joubert ·

Het juis met vorige twee leerling vlieëniers se ongelukke bevraagteken of daar onvoldoende klas gegee word nou het derde vlieg leerling ongeluk ‘n lewe geëis! Ek hoop daar word deeglik opgevolg- My innige simpatie met ouers en familie!

Ek stem Maya ·

Ek stem maar dan word jy uitgeskel en sleggese omdat jy nie simpatie met die familie het nie. Natuurlik het ons simpatie met die familie, ons wil net nie he dit moet weer gebeur nie, na soveel ongelukke moet daar tog ‘n ondersoek geloods word dan nie?

Ou Vriend ·

My vriend. Dit was vir my n groot skok toe ek die oproep kry. Ek glo ons sal mekaar weer sien. Mag jy in vrede rus, en die kwale van die wereld jou nie meer pla nie

Kollega ·

Jy was nie net ‘n werks kollega nie maar ‘n goeie vriend duisend gewees. Die nuus is aaklig en n bittere seer pil om te sluk. Sterkte aan jou familie en vriende. Ons sal mekaar eendag weer sien. Rus in vrede my maat?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.