Jongman storm by huis in, sterf in kamer

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Jongman van die Oos-Kaap is Dinsdagaand in sy kamer dood, minute nadat hy by sy huis ingehardloop het.

Kapt. Gerda Nel, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 18:50 in Kwanobuhle buite Uitenhage plaasgevind.

“ʼn Onbekende verdagte of verdagtes het Kwanele David (27), met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek. Hy het daarna na sy huis in Vubastraat gehardloop en is minute later in sy kamer dood. Sy familielede het hom daar gevind,” het Nel gesê.

Die Kwanobuhle-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Bel die polisie by 041 978 8600.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bokram ·

Om moord te pleeg in die land is soos om brood te gaan koop,,dis net te maklik.

Christa ·

Hulle kry mos die ANC se toestemming! Die ANC verkondig dit dan openlik in die Parlement!!!

Pierre ·

Ja ek wil net se dat Mr Zuma en Malema hulle pioriteite agtermekaar moet kry , sy eie mense is besig om mekaar uit te moor. Ek glo Mr Zuma is nie bevoeg in sy Pos nie , Al waarin hy belangstel is om op faceboek sy Miljoene te wys en sy mense Krupeer , Stanbeelkde van 6 Miljoen, n Jet van ek weet nie hoeveel nie n Salaris van 1.7 miljoen en medies van Miljoene en ons en sy mense kan geen Mediese behandeling kry nie want die Hospitale verval elke dag. God Slaap nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.