Jongman van Pretoria word vermis

Juan Kruger van Pretoria wat vermis word

Juan Kruger van Pretoria wat vermis word

JONGSTE: Vermiste PTA’ner veilig ná angsnag in kattebak

Juan Kruger (29) van Pretoria word sedert gister vermis.

Hy het sy ouerhuis in Faerie Glen gisteroggend omstreeks 08:00 met ʼn goudkleurige Nissan Amera (registrasienommer PCM337GP) verlaat op pad na ʼn onderhoud in Sinoville, Pretoria. Hy het egter nie huis toe gekom nie, en sy ouers het nog nie weer kontak gehad met hom nie.

ʼn Soektog het ook nog nie vrug gelewer nie.

Juan het ʼn swart langbroek en blou en wit strepieshemp aangehad toe hy verdwyn het. Hy het bruin hare en bruin oë.

Enigiemand met inligting waar Juan homself bevind word versoek om sy pa, Frik Kruger, te skakel by
076 080 0951

Juan Kruger

Juan Kruger

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nicolene Hayhurst ·

Juan is gevind in die midde stad van Pretoria hulle het hom gehijack en in die boot gegooi. Hy is darm nou veilig en by sy familie. Baie dankie aan almal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.