Jongman vas oor verkragting van Knysna-pensioenaris

boeie 5ʼn 24-jarige man verskyn Vrydag in die Knysna-landdroshof nadat hy glo vroeër die week ʼn 68-jarige vrou van dié kusdorpie beroof, ontvoer en verkrag het.

Kapt. Bernadine Steyn, ʼn polisiewoordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die vrou en haar 75-jarige man was by hul huis in Knysna Heights toe hulle Woensdag omstreeks 05:30 oorval is. Die verdagte het glo toegang deur ʼn oop venster tot die huis bekom.

“Die man het aangedring op die egpaar se kluissleutels en kontant,” het Steyn gesê. “Hy het ook ander waardevolle items, waaronder juwele, ʼn kamera, klere, sonbrille en twee selfone gesteel.”

Die man het die man se hande en voete met skoenveters vasgebind en die vrou na die motorhuis geneem en saam met haar in haar Toyota Corolla van die huis af weggery. “Die verdagte het die vrou na ʼn veld naby Concordia geneem waar hy haar glo verkrag het.”

Die polisie het vinnis op die voorval reageer en die slagoffer in haar motor op ʼn grondpad opgespoor. Die verdagte is kort daarna op ʼn erf in Concordia vasgetrek. Die egpaar se gesteelde goedere is teruggekry. “Die verdagte was ook in besit van ʼn fiets en ʼn sak wat tydens ʼn ander huisbraak in Ridgeweg gebuit is,” het Steyn bygevoeg.

Die man se 22-jarige medepligtige, wat glo tydens die voorval buite die huis in Ridgeweg gewag het, is Donderdag in hegtenis geneem. Die verdagte word van huisbraak aangekla en moet saam met die 24-jarige in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.