Jongmense kan nou ook hul stuiwer in die armbeurs kom gooi

downloadJongmense se stem word te min gehoor oor sake wat hulle raak. Indien jy nog op hoërskool is of jonger is as 25, is dit nou die tyd dat jy jóú stem dik maak. Die besluite wat ons vandag neem, is immers dit wat die omgewing skep waarbinne jongmense oor ‘n klompie jaar van nou af moet floreer.

Wat dink jy oor die sing van Die Stem – was jy daar en het jy saamgesing? Of het jy uitgestap? Hoe voel jy oor Afrikaans op universiteite? Of verkies jy om eerder in Engels of oorsee te studeer? Het jy ‘n sterk mening oor die rol wat Afrikaners in die ekonomie speel, of oor plaasmoorde?

Maroela Media en die FAK bied nou aan jou ‘n platform om jou sê te sê: skryf vir ons oor enigiets wat jou na aan die hart lê of waaroor jy ‘n sterk mening het; verkieslik ‘n aktuele aangeleentheid.

Die beste bydrae van die week word op ‘n Vrydag gepubliseer op Maroela Media se meningsplatform, Die Groot Debat. Elke week se beste bydrae ontvang ‘n geskenkpak ter waarde van R400 van Maroela Media, en boonop sal een van Die Groot Debat se gereelde skrywers, almal prominente Afrikaanse meningsvormers, jóú bydrae lees en persoonlik daarop reageer.

Die beste skrywer van elke maand ontvang ook ‘n kontantprys van R500.

Bydraes van ongeveer 800 tot 1 000 woorde kan gestuur word aan [email protected], met “My standpunt” in die onderwerpveld. Trek los en skryf!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bets ·

Ek dink die stem beteken baie want dit kom van my kinder dae en ek het my kinders daarmee groot maak. Ek dink my kinder sal baie leer uit die stem en ek sal graag die geskiedenis van die boere vir hulle leer. Wat die plaasmoorde aan betref dink ek mense moet op hou om die plase aan te val en gaan dink waar elke aand se kos van daan kom. As al die wit boere uit gemoor word gaan ons land in oorlog beland. Ek vra uit my hart dat mooi gaan dink en die wat moord pleeg moet die dood straf kry

Marieta ·

Maroela, wat ‘n uitmuntende idee! Ek het ‘n absolute passie vir die jeug en ek glo van harte ook dat die jeug meer se moet he, maar dat dit op ‘n ordelike manier moet en kan gedoen word. Baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.