Jongste brandstofprys bied skrale verligting

Argieffoto (Foto: IADE-Michoko/Pixabay)

Verbruikers sal vandeesmaand skrale verligting kry met die petrolprys wat slegs met ʼn paar sent daal. Dieselgebruikers sal egter nog méér moet opdok, aangesien dié prys met byna R1 styg.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energiesake, het Dinsdag aangekondig dat 93-oktaan‑ en 95-oktaan-petrol van Woensdag teen middernag met 12c per liter daal.

Die prys van diesel sal egter met tussen 98c en 92c per liter styg, terwyl die prys van paraffien met 79,60c verhoog word.

“Die gemiddelde internasionale prys van petrol het gedaal, terwyl die prys van diesel en paraffien gedurende die oorsigtydperk gestyg het. Dit is omdat daar steeds ʼn tekort aan dieselvoorraad wêreldwyd is,” sê Mantashe.

Die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne het daartoe gelei dat Rusland, een van die grootste globale uitvoerders van ruolie, al hoe minder ruolie uitvoer.

Die daling in petrolpryse word egter toegeskryf aan die jongste Covid-19-beperkings wat in China ingestel is.

“Die beperkings in China, wat ʼn groot invoerder van ruolie is, het gelei tot ʼn verminderde vraag na ruolie. Verder het die VSA strategiese ruolie- aandele bekendgestel om verdere prysstygings te bekamp,” sê hy.

“Die impak van hierdie twee faktore is egter nie so beduidend nie, aangesien die gemiddelde prys van ruolie slegs effens gedaal het en steeds hoog is.”

Volgens Mantashe sal die tydelike opskorting in die algemene brandstofheffing steeds tot die einde van Mei van krag wees.

“Die korting van R1,50 per liter op die algehele brandstofheffing, wat deur die minister van finansies aangekondig is, sal tot Dinsdag, 31 Mei geld. Die totale brandstofheffing vir petrol sal R2,44 per liter gedurende hierdie tydperk bly en R2,30 per liter vir diesel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kokerboom ·

Ongelooflik! Besef die mense nie wat die effek op distribusie en voedselpryse gaan wees asook vele ander velde??!!!Dis nag!!!

Pierre ·

Hoekom sal hulle dit verlaag, die regering maak miljarde uit BTW en diverse belastings daarop

Josua ·

Dit het niks met die oorlog te doen nie maar dit is wat hulle mense wil laat glo.

mattk ·

Ja, Matashe en sy kaders in die regering gebruik enige verskoning brandstof pryse aan te pas soos dit hulle pas. Taxis gebruik nie diesel nie, maar alle ander tipes vervoer wat gebruik word vir vervoer van produkte en produsering van produkte waord deur diesel aan gedryf. Dus, wie ly aan die einde van die dag die meeste as gevolg van prysstygings, die eindgebruiker (90% van hulle stem ook nog vir die kaders).

Boer ·

12 sent op 90L tank so ek gaan R10 spaar. Dit is nie eers genoeg om n Brood te koop nie.

Lourens ·

Jy kan twee varsgebakte bruinbrode koop by Shoprite vir R10.

Josua ·

En so verwoes die einste ANC wat voor 1994 sy kiesers hart en mond belowe het dat hulle nooit die petrol prys teen hul kiesers sal gebruik om die verswakte ekonomie te herstel sou hulle vir hulle stem nie. Net meer mense word hierdeur geraak verder verarm en so word die ekonomie verder verkrag, meer mense gaan hul werk verloor en SA se laaste bietjie kans op oorlewing word deur die onbevoegde knie buig bakhand staan regering verwoes want meeste voedsel soorte word deur vragmotors afgelaai en raai wat RAMPIES EN KIE hulle almal gebruik DIESEL !!!!!

Pietertjie ·

Ek het dit dat beide diesel en petrol uit ru-olie vaardig word. Behalwe natuurlik die diesel wat in Secunda uit steenkool vervaardig word. Ek hoop nie ons subsidieer nou eskom se dieselverbruik met sy oopsiklus-turbines nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.