Jongste brandstofpryse aangekondig

Argieffoto

Motoriste kan ʼn effense verligting te wagte wees wanneer die jongste brandstofpryse volgende week in werking tree.

Die departement van energie het Saterdag aangekondig dat die prys van 93- en 95-oktaan-petrol met 25c per liter sal verminder, terwyl alle grade van diesel met 23c per liter sal verminder.

Die prys van paraffien sal met 22c per liter daal, terwyl die gas 77c per kilogram minder sal kos.

Volgens die departement kan die daling in brandstofpryse toegeskryf word aan die rand wat teen die Amerikaanse dollar versterk het met ʼn gemiddeld van R13,25 teenoor die dollar vir die oorsigtydperk. Die gemiddelde internasionale prys van petrol, diesel en paraffien het ook in die oorsigtydperk gedaal in vergelyking met die vorige tydperk.

Die nuwe pryse sal Woensdag 7 Junie in werking tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Thinus ·

Ja nee af met 25c die maand en dan op met 50c volgende maand. Ek mors glad nie meer my tyd met die gemanipileerde brandstof prys nie. Brandstof is glad nie duur nie, die balsting op dit kos meer as dit wat jy koop.

Paul ·

Nie waar nie, Thinus.

Die belasting is tans R3.1933 per liter petrol, en dan is daar die ekstra R1.63 per liter wat na die Padongelukkefonds gaan wat tegnies nie belasting is nie, maar eintlik is dit maar ook belasting.
So dis altesaam R4.8233 per liter, en die totale prys is R13.32 in Gauteng. So die belasting is tans 36.2% van die prys wat jy betaal.

Dis ‘n hoë persentasie, ja, maar dis nie waar dat, soos jy sê, “die balsting op dit kos meer as dit wat jy koop” nie.

Cherokee ·

Moet asseblief nie julle laat beïnvloed deur Thinus en ander pessimiste nie. Hy kla oor balsting op kos terwyl ek nog nooit so iets op my kontantstrokie gesien het nie. Asseblief, ondersteun ons land. Ry jul tenks leeg en hervul voor Woensdag want ons land nodig die geld. Nkandla alleen kos klomp geld om te onderhou en julle wil tog nie hê dat die man wat enkel en alleen die ANC ten gronde laat gaan, in ‘n kaia woon nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek weet nie eens meer waarom ons in kennis gestel word van die brandstofprys nie want ons moet ry en ongeag die prys het ons geen keuse nie.
Ek is effens oorgekwalifiseer as die Standerd drie standaard maar ek wil tog ook so graag die leier wees van ‘n finansieel doodgewurgde land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.