Jongste Covid-19-statistiek bekend gemaak

‘n Vrou staan buite ʼn toetsingskliniek in Khayelitsha, Kaapstad (2 April 2020) (Foto: AP Photo/Nardus Engelbrecht)

Altesaam 1 686 persone in Suid-Afrika het teen Maandag positief getoets vir Covid-19. Dit is ʼn styging van 31 gevalle van die vorige dag.

Nog ʼn persoon is dood weens die nuwe koronavirus. “Die persoon is ʼn 57-jarige man van die Wes-Kaap wat op 5 April 2020 in die hospitaal opgeneem is. Hy het ook diabetes en ʼn hartsiekte onder lede gehad,” het dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, in ʼn verklaring gesê. Dit bring die getal sterftes op 12 te staan.

“Ons innige meegevoel aan die familie van die oorledene. Ons dink ook aan die gesondheidswerkers wat hom behandel het en waardeer hulle diens.”

Die departement het tot dusver 58 098 toetse gedoen.

Getal Covid-19-gevalle volgens provinsie:
Gauteng – 713
Wes-Kaap – 462
KwaZulu-Natal – 257
Vrystaat – 89
Oos-Kaap – 32
Limpopo – 19
Mpumalanga – 18
Noordwes – 11
Noord-Kaap – 8
Provinsie onbekend – 77

Uiteensetting van sterftes:

  1. 48-jarige vrou van die Wes-Kaap
  2. 85-jarige man van die Vrystaat
  3. 79-jarige man van Gauteng
  4. 46-jarige vrou van KwaZulu-Natal
  5. 74-jarige man van KwaZulu-Natal
  6. 63-jarige vrou van KwaZulu-Natal
  7. 81-jarige vrou van KwaZulu-Natal
  8. 80-jarige vrou van KwaZulu-Natal
  9. 80-jarige man van KwaZulu-Natal
  10. 82-jarige vrou van die Wes-Kaap
  11. 86-jarige man van KwaZulu-Natal
  12. 57-jarige man van die Wes-Kaap

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cecil

Op die stadium kan ons baie dankbaar wees vir net 12 sterftes. Volgens alle nuusberigte en terugvoering het ek heelwat meer sterftes verwag.

Evert

Dit is onrusbarend dat die aantal gevalle statisties verband hou met die aantal toetse. Hoe meer toetse, hoe meer gevalle. Eintlik is dié grafiek dan nie veel werd nie.