Jongste Covid-19-statistiek vir SA bekendgemaak

(Foto: Brian Inganga/AP)

Altesaam 2 173 persone het teen Sondag (12 April 2020) positief getoets vir Covid-19 in Suid-Afrika. Dit is 145 gevalle meer as die vorige verslag.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê altesaam 80 085 toetse is reeds gedoen. “Ons sien ook ʼn toename in die getal toetse wat by staatslaboratoriums gedoen word,” het hy gesê. “Van die 5 032 toetse wat die afgelope dag gedoen is, is 3 192 in staatslaboratoriums gedoen.”

Só lyk die provinsiale statistiek:
Gauteng – 865
Wes-Kaap – 587
KwaZulu-Natal – 443
Vrystaat – 96
Oos-Kaap – 88
Limpopo – 23
Mpumalanaga – 21
Noordwes – 19
Noord-Kaap – 16
Provinsie onbekend – 15

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

DieKriek ·

Statistiek kan misleidend wees. Ons wil graag weet watter persentasie toetse van die totaal gedoen is vir elke provinsie. Dit mag wees dat baie meer toetse gedoen is in Gauteng as in Noord Kaap. Die nommertjies daarbo kan enige iets beteken.

Die Wolf ·

Die % wat sover in die algehele populasie getoets is is nie beduidend van wat nog kom nie. Hierdie stats is maar slegs n aanduiding van wat alreeds getoets is.

Boervrou ·

Ekself het vir 35 jaar statistieke gedoen, en dit was vir my mees innoverend gewees om data bymekaar te kry, om sodoende by die statistiek te kom. Die meeste Data invorderaars doen nie die ekstra moeite met data insameling, en daarom kan die suffers wat deurgegee is, heeltemal misleidend wees.
Ek stem saam met DieKriek, ons wil graag weet wat is die hoeveelheid toetse, die hoeveelheid Positief en die hoeveelheid sterftes per Provinsie.

antieke antie ·

ek stem saam met jou Johan ….kriminele se regte moet weggevat word as hulle tronk toe gaan….en ja hulle kry vry losies en slaapplek en is veiliger as die meeste mense in hulle eie huise… nie almal is gemors wat daar beland nie nie en baie suurstofdiewe daar moes eintlik nie eers meer die reg op lewe te he nie… maar hulle het regte en menseregte ….

DieKriek ·

Die regering het sy mensies geleer ‘freedom’ is om te maak nes jy wil, waar en wanneer jy wil. Nou doen hulle dit so. Lockdown is vir sissies.

Die Wolf ·

Rob, Huidiglik is die hoeveelheid getoets en gevalle, versus die populasie, n druppel in die emmer. Volgens my is dit te gou om te praat of daar daadwerklik beheer is.

Erick ·

Wat is die jongste sterfgevalle. Dit is op die oomblik nog steeds 25 soos dit op Saterdag gestaan het. Is daar geen sterftes op Sondag nie? Ek glo nie ons kry die werklike syfers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.