Jongste Covid-19-statistiek vir SA bekendgemaak

‘n Vrou wag vir ‘n kospakkie in die middestad van Johannesburg (13 April 2020) (Foto: AP Photo/Jerome Delay)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Dinsdag die jongste statistiek vir Covid-19 in Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 3 465 gevalle is tot dusver in die land bevestig en 126 937 toetse is tot dusver gedoen. Altesaam 5 427 toetse is die afgelope 24 uur gedoen.

“Ons het vandag die Oos-Kaap besoek waar ons ʼn skielike toename in die getal bevestigde gevalle opgemerk het,” het Mkhize bygevoeg. “Die grootste risiko vir die verspreiding is geïdentifiseer as die kulturele praktyke wat tydens begrafnisse plaasvind. Ons het in gesprek getree met premier Oscar Mabuyane en Sindiswa Gomba, LUR vir gesondheid.”

Mkhize het gesê die besluit is geneem om dringend nog mediese kenners, insluitend senior epidemioloë, analiste en konsultante te ontplooi om die provinsiale span, onder leiding van dr. Kerrigan McCarthy van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), by te staan. “Ons is dankbaar dat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) ons ook bystaan met nog dokters en kenners.”

Senior beamptes van die nasionale departement van gesondheid is ook ontplooi om ʼn behoorlike oudit te doen van die beskikbare persoonlike beskermingstoerusting en ander vereistes. “Dit is om die veiligheid en behoorlike beskerming van ons gesondheidswerkers te verseker wat op die voorste linies werk. Ons benadruk dat geen gesondheidswerker aan die risiko vir infeksie blootgestel moet word nie. Hulle moet almal behoorlik opgelei wees oor infeksievoorkoming en beheer en te alle tye beskerm wees.”

Die provinsiale uiteensetting is as volg:
Gauteng – 1 199
Wes-Kaap – 1 010
KwaZulu-Natal – 671
Oos-Kaap – 345
Vrystaat – 106
Limpopo – 27
Noordwes – 24
Mpumalanga – 24
Noord-Kaap – 16
Provinsie onbekend – 43

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

My waarneming: 1) Die verspeiding van die virus gaan volstoom aan en daar is geen verbetering in die afgelope 4 weke nie. 2) Dit is net ‘n kwessie van tyd dan gaan die virus eksponentieel onder die massas versprei.3) Die regering is nie opgewasse om die virus te stop;verminder of om ‘n grootskaalse uitbreek te hanteer nie.

Tinus ·

Vergeet die totale, hulle moet dit per ras deurgegee sodat die swartes kan sien dat hulle dit ook kan kry.
Te veel glo dat net witmense daardeur geraak word, daarom voel hulle vere vir die lockdown.

Ian ·

So, ons het tans 58 COVID sterftes. Kom ons sê dit was in ‘n maand. Kom ons sê dit was oor 2 maande.

Ons het 58 moorde ‘n dag in SA (nie my stats nie – die een met die Hoed se stats). Of dan, Crime Intelligence (sic).

Hierdie pandemie is belangrik. Maar kom ons hoop die spulletjie prioritiseer misdaad net so hierna. En nie of jy vleispasteie by Woolies verkoop nie. Aan die ander kant is die polisiëring van handelaars baie makliker as geweldsmisdaad, aangesien dit ‘n sagte/statiese teiken is…

Martie Smartie ·

Hierdie statistiek beteken nie veel nie behalwe om die regering te vermaak. Die tempo waarteen toetse gedoen word, het eksponensieel toegeneem en dus is dit logies dat positiewe uitslae sal toeneem, selfs al was die epidemie onder beheer. Die regering moet ‘n statistikus kry wat weet wat hy/sy doen en die verband tussen die toename in tempo van toetsing en toename in positiewe gevalle deur kwantitatiewe analise bepaal. So ook die tempo van herstel en asimptomatiese positiewe gevalle. En dit dan vir hulle mooi stadig verduidelik met prentjies. Die getalle soos dit in die media elke dag gegee word, is sinloos. Eintlik moet hulle vir Jacob Zuma kry om alles aan die volk te verduidelik. He he. Hy is mos ‘n man vir syfers …

johanf ·

Dit bly tragies, maar ek hou van jou humor…… Goed gesê…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.