Jongste Covid-19-statistiek vir SA bekendgemaak

Foto: (Chinatopix Via AP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Dinsdagaand die jongste statistiek van die koronavirus (Covid-19)-pandemie in Suid-Afrika bekend gemaak.

Minstens 1 353 persone het reeds positief getoets vir Covid-19 en vyf persone het gesterf.

Die uiteensetting per provinsie is soos volg:

Gauteng – 633
Wes-Kaap – 325
KwaZulu-Natal – 179
Vrystaat – 74
Limpopo – 14
Mpumalanga – 12
Oos-Kaap – 12
Noordwes – 8
Noord-Kaap – 6
Provinsie onbekend – 90

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

koos10 ·

Ek dink dis die gevalle waar mense oor provinsies heen beweeg het en daar kan nie met sekerheid gesê word waar die persoon besmet is nie.

Michael 1 ·

Ok as julle so sê, ek moet julle woord hiervoor vat,maar ook geleer uit die verlede dat julle woord niks beteken nie.

Anli` ·

Mense die totaal lyk verdag. Ons sit in die Midde Ooste, en die totaal klop nie met die beloop van die virus nie. As jy na die lande in Europa kyk, USA en China moet daar baie meer gevalle op die stadium weesw. As dit die korrekte getalle is, is ek baie dankbaar. Wees veilig.

Gawie ·

Hoekom moet inligting deur die regering verskaf altyd in twyfel getrek word? As jy bewys het dat die syfers verkeerd is, bring dit en laat die betrokke owerhede daarna kyk.
Die hele land se Christene het vorige Sondag saam gebid vir beskerming vir Suid-Afrika deur hierdie tyd. Kan ons nie maar die Here die eer gee vir die huidige lae syfers nie?

Pieter ·

Gawie,
Die allerhoogste kry alle eer. Die regering beslis nie.

Gawie ·

Pieter, jy weet natuurlik dat die Here die regering gebruik in hierdie situasie. So kom ons gee eer aan die Here, en erkenning aan die regering vir hulle vinnige en besliste optrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.