Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Uit 3 378 029 toetse wat reeds gedoen is, waarvan 26 918 sedert die laaste verslag, is minstens 583 653 gevalle bevestig. Nog 121 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld (34 in KwaZulu-Natal, 26 in die Wes-Kaap, 21 in Gauteng, 18 in Limpopo, 17 in die Vrystaat en vyf in die Oos-Kaap). Dit bring die dodetal op 11 677 te staan.
Minstens 466 941 persone het reeds herstel, wat ʼn herstelkoers van 80% verteenwoordig.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 83671 | 14,3 |
Vrystaat | 31465 | 5,4 |
Gauteng | 198671 | 34,0 |
KwaZulu-Natal | 104619 | 17,9 |
Limpopo | 11445 | 2,0 |
Mpumalanga | 20915 | 3,6 |
Noordwes | 23093 | 4,0 |
Noord-Kaap | 7735 | 1,3 |
Wes-Kaap | 101989 | 17,5 |
Totaal | 583653 | 100 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 2447 | 78862 |
Vrystaat | 513 | 15819 |
Gauteng | 2888 | 158705 |
KwaZulu-Natal | 1651 | 77838 |
Limpopo | 159 | 10039 |
Mpumalanga | 189 | 17969 |
Noordwes | 176 | 13073 |
Noord-Kaap | 94 | 3984 |
Wes-Kaap | 3560 | 90652 |
Totaal | 11677 | 466941 |
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.



O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Is die ekonomiese herstelkoers ook 80%? Kort na inperking begin het, het ramaphosa hard gepraat oor hoe kwaai ongelykheid in SA is en dat wit mense se sterk rol in die ekonomie moet stop. So wit besighede wat weens inperking bankrot speel en wit werkers wat hulle werk verloor, is seker te verwagte en seker wat die ANC wil hê. MAAR, wat van swart besighede? Hulle eienaars en werkers se velkleur en BEE is dan klaar reg. Waarom word hulle dan ook “gestraf” as hulle nie skuldig is aan die “misdaad” van apartheid nie. Weet die ANC ook dat, terwyl… Lees meer »
Dit gaan nie oor swart en wit nie, die werklike agenda is mag en geld. Die maghebbers probeer enige bron van konflik benut om hul doel te bereik – om die middelklas te verarm, mense te ontmens en te beheer en verslaaf. Hoeveel van hul eie mense in die proses benadeel word is nie ter sprake nie.