Altesame 1 868 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 690 291 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en bly die jongste positiwiteitskoers op 6,5%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (34%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (24%) en KwaZulu-Natal (16%). Die totale getal aktiewe gevalle is 18 852.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 681 nadat nog 25 sterftes aangemeld is, waarvan vyf in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.
Tot dusver het 3 571 758 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 96,8%.
Suid-Afrika het tot dusver 23 343 250 toetse vir Covid-19 gedoen, waarvan 28 728 sedert die vorige verslag gedoen is.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 45 hospitaalopnames. Altesaam 2 465 mense word tans in hospitale vir Covid-19 behandel.
Meer as 32,4 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 60 | 560 |
Vrystaat | 77 | 1 669 |
Gauteng | 635 | 5 531 |
KwaZulu-Natal | 307 | 5 850 |
Limpopo | 103 | 340 |
Mpumalanga | 93 | 673 |
Noordwes | 121 | 1 181 |
Noord-Kaap | 22 | 2 496 |
Wes-Kaap | 450 | 552 |
Totaal | 1 868 | 18 852 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 16 552 | 326 924 |
Vrystaat | 7 593 | 192 163 |
Gauteng | 20 595 | 1 172 550 |
KwaZulu-Natal | 16 017 | 633 047 |
Limpopo | 4 542 | 150 248 |
Mpumalanga | 4 705 | 186 763 |
Noordwes | 4 711 | 185 938 |
Noord-Kaap | 3 212 | 102 853 |
Wes-Kaap | 21 754 | 621 272 |
Totaal | 99 681 | 3 571 758 |
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Ek het ‘n voorstel. Die mense wat nog bang is vir COVID (en dus enige ander aansteeklike siekte), gaan isoleer en kyk dan wat gebeur met die res van ons wat weer ons lewens normaal lei. Sou ons dus (NIE) almal sterf (NIE), is julle dus (NIE) reg (NIE) en kan sodoende (NIE) vir die res besluit wat is reg en hulle voorskryf (NIE).
Die bedriegspul tel nou weer momentum op.
# Bring griep terug. Hou op toets!
Die statestieke neem nie die mense wat al 2 of 3 keer covid gehad het in ag nie – ek stem saam met Henri se kommentaar – die wat wil kan mos maar maskers dra en isoleer. Die res van ons wat nou al moeg is vir die opswepery kan ons kanse vat soos ons wil.