Jongste Covid-19-statistieke bekend

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Altesame 1 868 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 690 291 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en bly die jongste positiwiteitskoers op 6,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (34%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (24%) en KwaZulu-Natal (16%). Die totale getal aktiewe gevalle is 18 852.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 681 nadat nog 25 sterftes aangemeld is, waarvan vyf in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 571 758 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 96,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 343 250 toetse vir Covid-19 gedoen, waarvan 28 728 sedert die vorige verslag gedoen is.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 45 hospitaalopnames. Altesaam 2 465 mense word tans in hospitale vir Covid-19 behandel.

Meer as 32,4 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap60560
Vrystaat771 669
Gauteng6355 531
KwaZulu-Natal3075 850
Limpopo103340
Mpumalanga93673
Noordwes1211 181
Noord-Kaap222 496
Wes-Kaap450552
Totaal1 86818 852

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 552326 924
Vrystaat7 593192 163
Gauteng20 5951 172 550
KwaZulu-Natal16 017633 047
Limpopo4 542150 248
Mpumalanga4 705186 763
Noordwes4 711185 938
Noord-Kaap3 212102 853
Wes-Kaap21 754621 272
Totaal99 6813 571 758

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Henri ·

Ek het ‘n voorstel. Die mense wat nog bang is vir COVID (en dus enige ander aansteeklike siekte), gaan isoleer en kyk dan wat gebeur met die res van ons wat weer ons lewens normaal lei. Sou ons dus (NIE) almal sterf (NIE), is julle dus (NIE) reg (NIE) en kan sodoende (NIE) vir die res besluit wat is reg en hulle voorskryf (NIE).

krodedil ·

Henri dis die beste brief vir 2022. Tyd dat die wereld se oe oopgaan. Phizer het erken dat daar 1291 moontlike newe effekte is.

VaalDonkie ·

Ons huis het die afgelope twee weke covid gehad. Ouma en Oupa het hom rof gehad, maar die res van ons was grieperig vir ‘n paar dae. Ek het net twee dae af gevoel. Ons het die FLCCC protokol gevolg en dit het heel moontlik gehelp. Net jammer Kalonji smaak soos gebrande ghries, maar toemaar. Dit help selfs vir bloeddruk so ons vat hom maar met heuning.

Yolandie ·

Ek stem 100% saam met jou Henri. Dis nou tyd vir die bang mense om aan te hou om maskers te dra en weg te kruip in hulle huise, en vir die wat wil aangaan met hulle lewens om hulle werk te kan doen, die maskers weg te smyt en te leer om oor die kunsmatige krises te kom.

Marisa W ·

Die statestieke neem nie die mense wat al 2 of 3 keer covid gehad het in ag nie – ek stem saam met Henri se kommentaar – die wat wil kan mos maar maskers dra en isoleer. Die res van ons wat nou al moeg is vir die opswepery kan ons kanse vat soos ons wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.