Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Suid-Afrika het nou meer as 726 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 371 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 726 823 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 19 411 nadat nog 135 sterftes aangemeld is: 22 in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, 107 in Gauteng en vier in die Wes-Kaap.

“Van die 135 sterftes aangemeld het agt in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind: een in die Oos-Kaap, een in die Vrystaat, drie in Gauteng en drie in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 655 330 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 824 516 toetse vir Covid-19 gedoen, 19 543 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap97 02113,3%
Vrystaat57 0587,9%
Gauteng228 94831,5%
KwaZulu-Natal123 25717%
Limpopo17 6242,4%
Mpumalanga29 8654,1%
Noordwes33 4514,6%
Noord-Kaap22 0073%
Wes-Kaap117 59216,2%
Totaal726 823100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 70389 8153 503
Vrystaat1 50942 87812 671
Gauteng4 828208 38515 735
KwaZulu-Natal3 225112 9207 112
Limpopo45816 588578
Mpumalanga60528 559701
Noordwes45229 3833 616
Noord-Kaap26618 0873 654
Wes-Kaap4 365108 7154 512
Totaal19 411655 33052 082

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trotse Boervrou

Ek hoop van harte dat die Regering na Flip Buys, Solidariteit, se waarskuwing sal luister. Indien hierdie onsinnige en belaglike inperking gaan voortduur gaan die ekonomie finaal ineenstort en gaan daar totale anargie wees. Niemand gaan hul langer steur aan die Regering indien hul voortgaan met hul sirkus nie. Dit sal voortaan oor oorlewing gaan. Vanaf 2020 haal griepsterftes, wat al vir so lank elke jaar voorkom, se sterftesyfer, skielik die media. Almal is bewus daarvan dat daar jaarliks so ‘n erge griep voorkom wat duisende mense met ‘n swak immuniteit laat sterf. Hoekom is daar nog nooit ‘n bohaai… Lees meer »

Dirk Mostert

24 Oktober:
712,412 gevalle van 4,657,116 toetse = 15.29%; 1,897 nuwe gevalle van 23,445 toetse = 8.09%
29 Oktober:
719,714 gevalle van 4,752,596 toetse = 15.14%; 1,863 nuwe gevalle van 25,721 toetse = 7.24%
1 November:
726,823 gevalle van 4,824,516 toetse = 15.07%; 1,371 nuwe gevalle van 19,643 toetse = 7.02%
Op kort termyn is die % infeksies minder as die helfte i.v.m. die volle tydperk en daal vir beide termyne.

Jacobus

Wil daar tog asseblief nie ‘n regte statistikus opstaan en sê die mengelmoes van syfers kan jy nié statistiek noem nie. Dis ‘n mengsel van uitgesoekte syfers wat saamgeflans word om ‘n politieke punt te bewys. Mors van druk spasie.

Strandloper

Age neeeeeee…..eeder bloed samples aab!

Elsa

Steftesyfer0 0. 032% van die bevolking.

As daar n pandemije was, sou duisende elke dag gesterf het.