Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

(Argieffoto ter illustrasie: Ted S. Warren/AP)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Maandagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 752 269 gevalle is tot dusver bevestig met 1 245 nuwe gevalle sedert die vorige verslag. Nog 73 sterftes (32 in die Oos-Kaap, 23 in die Vrystaat, 7 in Gauteng en 11 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 20 314. Vyftien van die sterftes is die afgelope 48 uur aangemeld (7 in die Oos-Kaap, 2 in Gauteng en 6 in die Wes-Kaap).

Altesaam 5 142 947 toetse is reeds gedoen, waarvan 12 755 nuwe toetse sedert die vorige verslag afgehandel is.

Minstens 695 496 (92,5%) van persone het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap10899314.5
Vrystaat584537.8
Gauteng23173330.8
KwaZulu-Natal12495816.6
Limpopo182352.4
Mpumalanga307054.1
Noordwes343344.6
Noord-Kaap227513.0
Wes-Kaap12210716.2
Totaal752269100

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Gauteng48892248402004
KwaZulu-Natal32871164975174
Wes-Kaap44641117595884
Oos-Kaap4086963008607
Vrystaat1686482278540
Noordwes510321001724
Mpumalanga61129665429
Limpopo48017369386
Noord-Kaap301187393711
Totaal2031469549636459

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

john ·

Ons almal weet hoe hier die statestieke gemanupuleer is. My oud proffesor het gese sommer met die intrap slag statistieke 101 .. met statistiek kan n mens eenig iets bewys selfs dat die lug groen is dit hang maar ag hoe you steekproef geneem is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.